Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 052 (God Selects whom He has Mercy on)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
3. God bly geregtig selfs al was die meerderheid van Israel teen hom (Romeine 9:6-29)

b) God kies volgens sy genade, en verhard wie hy wil (Romeine 9:14-18)


ROMEINE 9:14-18
14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

In die openbaring van die Here aan Moses in Genesis 33:19 vind ons dat God die gesag het om genadig te wees tot ‘n sekere persoon en daarmee voort te gaan en dit hang nie af van of hierdie persoon gesondig het of nie. Die keuse van God is daarom nie afhanklik van die werke van die mens nie, maar slegs van die genade van die Almagtige. Die verlossing van die mens beteken regverdigmaking sonder meriete weens die onbeperkte genade van God.

Ons lees ook in Eksodus 9:16 dat die Here vir die Farao, die bemiddelaar wat met geeste van Egipte gevul was, gesê het: “maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.” Hierdie Goddelike verklaring het Paulus geïnspireer om te skryf: “So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.” (Romeine 9:18).

Dit is reg weens die heiligheid van God. God is egter nie ‘n diktator nie, maar begeer dat alle mense gered sal word en tot kennis van die waarheid sal kom (Romeine 11:32; 1 Timoteus 2:4; 2 Petrus 3:9). As iemand sy hart oopgemaak het vir die geeste wat God weerstaan, of vanuit ‘n familie of groep mense kom en gevul is met gedagtes in stryd met Jesus, dan laat God toe dat ‘n skadelike leier sy opdragte teenstaan, maar God kan ook sy ewige mag bewys teenoor so ‘n persoon.

In antwoord op eersgenoemde vers in Paulus se brief sal sommige sê dat Islam die idee oorgeneem het dat God diegene mislei wie hy wil en lei wie hy wil, want God het volgens sy heiligheid die reg om mense te mislei aangesien niemand geregtig is nie. God tree egter nie op hierdie manier op soos ander godsdienste aanvoer nie, want hy is genadig tot almal en wie ook al vir Christus aanvaar, doen so uit eie keuse, want Christus is die enigste een wat nooit gesondig het nie.

Maar hy wat homself aan die duiwel, die vader van leuens, bind en geld meer liefhet as vir God, moenie verbaas wees as die Heilige Een hom toelaat om heeltemal te val nie. So ‘n persoon sal nie die woord van God verstaan nie, soos Jesus in die evangelie volgens Johannes (8:43-45) gesê het. God is ongebonde om hierdie besluit te neem, maar die mens het deel aan die verantwoordelikheid, afhangend of hy opreg bekeer het of nie.

Om hierdie punt aan die leser duidelik te maak: Paulus het sy brief aan die Jode van Rome gestuur om hul verharde harte te oorkom, nie aan die Heidene nie. Hy het aan hulle verduidelik dat God hulle sal mislei, al het hy hulle gekies, as hulle nie hul harte oopmaak vir sy leiding in die evangelie van Christus nie. Hierdie brief van Paulus bied nie ‘n filosofie vir almal aan nie, maar dit wys ons hoe hy die hardvogtigheid van die Jode hanteer.

GEBED: O hemelse Vader, ons aanbid u omdat u ons as sondaars gekies het in die verkiesing van Jesus Christus en u gee ons die reg om u kinders te word, hoewel ons nie u verkiesing werd is nie. Ons loof en verheerlik u vir u genade en dank u met ons hele hart, want u het ons nie verhard of verwerp, selfs ten spyte van ons sondes nie, maar ons na u gebring deur u heilige liefde.

VRAE:

  1. Hoekom is geen mens waardig om deur God gekies te word nie? Wat is die rede vir ons verkiesing?
  2. Hoekom het God vir Farao verhard? Hoe verskyn die verharding van individue of groepe mense?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:47 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)