Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 021 (The Privilege of the Jews does not Save them)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)
2. Die toorn van God word geopenbaar teen die Jode (Romeine 2:1 - 3:20)

e) Die voorreg van die Jode red hulle nie van toorn nie (Romeine 3:1-8)


ROMEINE 3:1-5
1 Wat is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis? 2 Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is. 3 Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig? 4 Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou. 5 Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys.

Paulus het sy brief aan die kerk in Rome geskryf en daar was verskeie vrae onder haar lede. Die gelowiges van Heidense oorsprong het nie die Jode beskou as besonder bevoorreg of geëerd nie. Daarom was hulle tevrede dat Paulus in sy brief bevestig het dat die Wet en besnydenis die mense van die ou verbond sal veroordeel.

Aan die anderkant, die Christene van Joodse oorsprong wat die Wet onderhou het, het die onderwerp van geregtigheid deur geloof in twyfel gebring. Hulle was ontevrede met Paulus se verduidelikings, want hy het hulle voorregte van die Wet en verbond gebreek.

Paulus het, vanweë sy sendingreise, geweet van hierdie verskillende houdings en hy het hul vrae vroegtydig in sy brief aan die Romeine geantwoord. Hy het aangeneem dat iemand sou sê: “Jy is reg, Paulus, die Jode is nie groter as ons nie.” Dan antwoord Paulus hom met ‘n glimlag: “Jy is verkeerd, want die Jode het steeds ‘n groot voorreg.” Dit is nie hul ras, intelligensie of rasionaliteit wat belangrik is nie. Hul enigste voorreg is die woord van God wat in hul hande gegee is. Hierdie openbaring sal vir altyd hul trots en verantwoordelikheid bly.

Paulus voorspel dan nog ‘n beswaar: “Maar die Jode was nie getroue onderhouers van die Wet van die verbond nie.” Paulus antwoord op hierdie ernstige aanklag soos volg: “Dink jy dat die mens se fout die beloftes en getrouheid van die Here nietig maak?” God is nie huiwerig nie en ook nie ‘n leuenaar nie. Sy woord is die ewige waarheid en die fondasie van die heelal. Die genade van die Here is getrou voor die ontrouheid van die mens, en duur vir ewig. As God die ou verbond ongeldig gemaak het weens die sonde van sy mense, dan sou daar geen voortsetting gewees het van die nuwe verbond nie. Die feit is dat ons in die nuwe verbond, méér sondig as hulle in die oue, in vergelyking met die baie gawes wat aan ons gegee is. Daarom bou ons nie ons hoop op ons verbeelde mislukking of sukses nie, maar alleenlik op die genade van God. Ons erken dat ons leuenaars en vals is en ons getuig dat God alleen die getroue en ware een is. Sy getrouheid en beloftes misluk nooit.

ROMEINE 3:6-8
6 Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel? 7 Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel? 8 En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.

Soos wat Paulus ons hoop beklemtoon het, wat slegs op die getrouheid van God gebou is, so het hy in sy gees bose stemme gehoor wat ergerlik uitroep: “Hoe kan God geregtig wees as sy getrouheid en genade deur ons sonde gemanifesteer word? Is dit nie onregverdig vir God om ons sonde en ongeloof te straf as die universele skuld en korrupsie van die mensdom, die rede was vir waarom sy groot getrouheid gemanifesteer het nie? Laat ons daarom sonde doen sodat hy verheerlik kan word!”

Paulus het nie stilgebly voor hierdie ernstige klag nie, maar hy het dit verduidelik en dit verdiep deur ander besware, en verduidelik dat hy nie so doen as ‘n apostel nie, maar as ‘n natuurlike mens. Hy het verduidelik dat dit wel so is dat as die getrouheid van God deur ons ongeregtigheid gemanifesteer word, dan sal dit onregverdig wees vir God om die Regter van die wêreld te wees; en as ons leuens die waarheid ondersteun, dan sal hy geen reg hê om die wêreld te veroordeel nie. Dan sal dit beslis goed wees vir ons om sonde te doen om die goeie te verheerlik.

Paulus het nie in hierdie negatiewe gesprekke ‘n antwoord gegee op die oorspronklike vraag nie, maar het beklemtoon, verduidelik en die bose gees in die vraestellers uit te wys deur al die argumente van sy teenstanders voortydig aan te spreek. Toe het hy sy antwoord opgesom in twee woorde: Eerstens, “Nee, stellig nie!” wat in die Griekse teks beteken, “Ek sou dat hierdie gedagte nie in my tot stand gekom het nie”. Hy sê dus, “Ek stem glad nie daarmee saam nie en God is my getuie dat ek nie sulke lastering in my hart koester nie.” Tweedens het hy gesê dat die oordeel van God op al daardie lastering sal val en dat hulle nie sy woede kan ontsnap nie, want hy sal hulle dadelik vernietig. In die apostel se styl hier vind ons dat ons soms met die vyande van Christus op ‘n plek arriveer waar ons alle argumente en vrae moet stop sodat ons nie in laster verval nie. Ons moet dan die moed hê om die gesprek te beëindig en mense heeltemal voor God en sy glorieryke regverdigheid bring.

GEBED: O heilige God, vergewe ons al ons ongehoorsame vrae. Dankie vir u geduld, want u vernietig ons nie vir ons oortredings en onkunde nie, maar roep ons na rede sodat ons u woord mag hoor en sal reageer op die werking van u Heilige Gees. Neem van ons af weg alle vrae wat teen u plan van liefde staan en hou ons in harmonie met u wil. O Here, ons wil nie kinders van ongehoorsaamheid wees nie. Leer ons daarom die nederigheid van u Seun en vul ons met die wysheid van u apostels dat ons nie met menslike logika mag praat in ons gesprekke met ander nie, maar eerder u leiding sal soek in al ons diens.

VRAAG:

  1. Wat is die oorspronklike teenstrydige vrae in die brief aan die Romeine en wat is die antwoorde daarop?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 12:17 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)