Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 020 (Circumcision is Spiritually Unprofitable)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)
2. Die toorn van God word geopenbaar teen die Jode (Romeine 2:1 - 3:20)

d) Besnydenis is geestelik onvoordelig (Romeine 2:25-29)


ROMEINE 2:25-29
25 Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy 'n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword. 26 As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie? 27 En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis 'n oortreder van die wet is nie? 28 Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; 29 maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

Toe hy die trots van die gelowiges van Joodse oorsprong as die mense van die Wet en onderwysers van die mense, gebreek het, het Paulus in sy gees iemand hoor sê: Ja! Ons is verkeerd, want niemand is perfek nie behalwe God. Maar ons het die belofte van besnydenis, want die Allerhoogste was betrokke by ons vader Abraham en al sy nageslag deur hierdie simbool van die Wet. Daarom behoort ons aan God, nie omdat ons geregtig is nie, maar omdat hy ons gekies het”.

Paulus wat ‘n ekspert was in godsdienstige onderrig van die Mosaïese Wet, het hierdie valse indruk beantwoord. Hy het verduidelik dat die verbond met Abraham nie die Wet ongedaan maak nie, want die verbond is aangewese op die Wet, net soos die Wet afhanklik is van die verbond. Soos die Here reguit aan Abraham gesê het: "Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.” (Genesis 17:1) Hierdie vers was die kondisie vir die bevestiging van die verbond toe Abraham nie die eerste belofte geglo het nie en hy sonder God se leiding tot die geboorte van Ismael, sy eersgeborene by ‘n Egiptiese slaaf, bygedra het.

(Vers 25) So het Paulus aan die Christene van Joodse oorsprong in Rome bewys dat daar geen verbond sonder die Wet is nie en dat besnydenis van geen waarde is sonder nakoming van die gebooie nie. In beginsel het hy in die besnydenis ‘n goeie simbool gesien dat God die sondaar van sy oorsprong reinig, sodat die gelowige en sy nageslag God sal gehoorsaam.

Hierdie beginsel is egter slegs van toepassing solank as wat die verbondsdienaar die wil van God doen. Wanneer die gelowige die gebooie breek en teen God oortree, dan sal hy as onbesnede beskou word ten spyte van sy besnydenis, ver van God en ‘n vreemdeling van hom.

(Vers 26) As ‘n Heiden die Wet geleer en nagekom het in die krag van die Heilige Gees, dan word hy wat fisies onbesnede was, deur God beskou as besny, ingesluit in die Wet en van ewigheid gekies, want die verbond en verkiesing is om die uitverkose te hernu. Wie die morele doel in sy optrede bereik, sonder die mure van die ou verbond, word beskou as ingesluit by die verbond.

(Vers 27) Vir ‘n Jood om die wet te oortree is om, in God se oë, onbesnede te word. Nie alleen is ‘n Heiden ‘n ware Jood wat die vereistes van die Wet nakom nie, maar hy wat fisies onbesnede is sal in oordeel sit oor die Jood wat die fisiese kwalifikasies het, maar niks by wyse van gehoorsaamheid nie. Die simbool van besnydenis red niemand nie, maar ‘n mens se heilige werk en gedrag bewys dat hy met God verbind is en dat God se krag in sy swakheid werk.

(Vers 28) Ná bogenoemde wat op die Joodse tradisie gerig is, het Paulus ‘n beskrywing gegee van die naam “Jood” wat vandag belangrik is om te onthou. Die Jood is nie iemand wat uit Joodse nageslag gebore is of Hebreeus praat of ‘n krom neus het nie. ‘n Jood is ook nie iemand wat in die Wet glo, besny word of op Saterdae bid nie. Die Jood wat vir God aanvaarbaar is, is hy wat sy verhouding met God bewys deur liefde, nederigheid, heiligheid en perfeksie. Na aanleiding van hierdie geestelike beskrywing is Jesus die enigste perfekte Jood. Hy was strydig met die hardkoppige Jode en daarvoor het hulle hom in hul skynheiligheid gekruisig. Weens sy sagmoedige gees vervolg die mense van Abraham die mense van Jesus tot vandag toe. Die beskrywing van die betekenis van “Jood” soos Paulus dit geskryf het, benodig ons verandering in denke.

(Vers 29) Besnydenis is nie ‘n bewys dat God aan ‘n sekere nasie of gelowige behoort nie, selfs al is dit honderd maal in die Heilige Boek geskryf, want God wil nie lui vennote in sy verbond hê nie, maar mense met nuwe harte gevul met sy Heilige Gees. Slegs die weergeborenes word in God se oë beskou as ‘n vennoot in die verbond en hy seën almal wat die vrug van die Gees dra. Diegene wat hulself Jode of Christene noem, maar egter die Gees van Christus se liefde teenstaan, word nie deur God aanvaar nie, ten spyte van hul suiwer geloofsoortuigings, maar word as sy vyande beskou en hy hul Regter.

GEBED: O heilige God, ons dank u dat u in die verlede betrokke was by u intieme vriend Abraham en sy kinders deur die simbool van die besnydenis. Ons dank u ook omdat u ons aanvaar het in u nuwe verbond. Vergewe ons as ons nie volkome in u heiligheid gewandel het nie of opgetree het asof ons harte nie besny en vernuwe is nie. Reinig ons van onbekende geeste en gee ons die nederigheid en liefde van Christus sodat ons u mag volg ten alle tye.

VRAAG:

  1. Wat is die betekenis van die besnydenis in beide die Ou en Nuwe Testamente?

Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart
vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn
en die openbaring van die regverdige oordeel van God
wat elkeen sal vergeld na sy werke

(Romeine 2:5-6)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 12:16 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)