Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 022 (All Men are Corrupt)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)

3. Alle mense is korrup en blaamwaardig (Romeine 3:9-20)


ROMEINE 3:9-10
9 Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is, 10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.

Paulus het sy klagte teen beide die Jode en Heidene in die naam van God opgesom. Hy het aan hulle bewys dat niemand enige voordeel oor ander het nie. Almal het gesondig en hul sonde is tasbaar. Hulle het die regte pad van God verloor en slawe van sonde geword, gebind deur hul begeertes en selfmisleiding. Paulus het homself by sy eie klagte ingesluit en bely saam met ons dat hy sondig was.

Het jy al ooit iets so weersinwekkend gesien dat jy naar geword het? Jou sonde is so weersinwekkend dat dit jou gees en siel naar maak. Vergelyk jouself met Paulus se klagte en jy sal jouself daarin herken.

ROMEINE 3:11-12
11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. 12 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.

Ons is onrein voor die glansende heiligheid van God. Daar is niemand wat geregtig is voor God nie behalwe Christus. Ons gedagtes is omring met ‘n digte mis en ons kan God nie sien vir die standaard wat hy is nie. Ons besef nie die aakligheid van ons sonde nie. As mense maar net die heerlikheid van God sou soek dat hulle slim mag word! Elkeen is egter op sy eie pad, hou aan sy eie eer vas, is deur sy eie begeertes gebind en op soek na gemak. Alle mense het die pad van die Here verloor, niemand loop op die regte pad nie. Almal het van God weggedraai. Ons is almal boos van nature en ons gewete kla ons aan.

ROMEINE 3:13
13 Hulle keel is 'n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.

Die korrupsie van die mens verskyn in hul woorde. Ons is almal moordenaars, want ons is die oorsaak vir die ondergang van die reputasie, geluk en vrede van ander deur ons skerp woorde; ons vergiftig die atmosfeer met leuens, aanklagtes, beledigings en skaamtelose grappe. Ons kla oor God se leiding. Ons teenstand is soos bittere laster in ons monde. Ons is ongehoorsaam aan God se dissipline en weet nie dat ons net swaar straf en noodsaaklike oordeel verdien nie.

ROMEINE 3:14-17
14 Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. 15 Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. 16 Verwoesting en ellende is in hulle paaie, 17 en die weg van vrede ken hulle nie.

Ons haat verander nie vinnig nie, want ons hou nie van ons vyande nie; ons wil graag van moeilike mense ontslae raak. Mense wat hul vyande haat vergiet strome bloed, want die driftige mens verander in ‘n dier. Daar is geen vrede in ons nie, ten spyte van al ons praatjies oor vrede. Alle mense is moordenaars en hul harte is gevul met minagting, nyd en hoogmoedigheid, want hulle weet nie dat God liefde, waarheid en reinheid is nie. Hulle het die sin vir waarheid verloor en het nie ‘n standaard of rus nie, maar bevind hulself in ‘n ernstige situasie.

ROMEINE 3:18
18 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.

Almal wat God nie ken nie, is dwase; en almal wat hom nie vrees nie is leeg van wysheid, want die vrees van die Here is die begin van alles wysheid en kennis van die Heilige Een is begrip. Ongeloof groei en mense tree op asof daar geen god is nie. Geen wonder dat sonde so oorvloedig is nie, dit verskyn oral onbeskaamd in die strate, in tydskrifte en in ons harte!

ROMEINE 3:19-20
19 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

Die vromes van die Ou Testament is slegs sondaars, want die Wet het hulle grootgemaak om sonde te ken. Dit is waar dat die Wet die belofte maak van al die seën van die hemele as ons die gebooie onderhou, maar niemand kan hierdie vereiste volvoer nie. Wanneer ons probeer om uit ons eie krag te leeef, dan word ons bose aktiwiteite sigbaar. Ons verdien almal God se straf en al ons naasteliefde is besoedel met selfsug, ons vind geen guns by God nie. Stem jy saam met hierdie beginsels van Paulus? Lees weer eens wat Paulus geskryf het sodat jy wys en gebroke mag word.

GEBED: O hemelse Vader, ons dank u want u gee ons hoop in Christus sodat ons nie desperaat of pessimisties word nie. Ons is boos in ons harte, met ons lippe, met ons hande en voete en met ons oë; ons harte is gevul met misleiding, haat, verkeerde begeertes en leuens. Wat ‘n sondige mens is ek nie! Vergewe my sonde en bring u heiligheid voor my oë dat die trots in my gebreek mag word en ek u alleen mag aanbid. O Here, bevry my heeltemal van my sonde.

VRAAG:

  1. Hoe het die apostel ons sonde beskryf om ook die volledige korrupsie van die mensdom te beskryf?

VRAE - 1

Geagte leser,
Nadat jy ons kommentaar op die Brief van Paulus aan die Romeine gelees het, kan jy nou die volgende vrae antwoord. As jy 90% van die vrae hieronder beantwoord, dan sal ons jou die volgende deel van hierdie reeks stuur vir jou geestelike opbou. Moenie vergeet om jou volle naam en adres duidelik by die antwoorde in te sluit nie.

  1. Wat is die doel van die brief aan die Romeine?
  2. Wie het die kerk in Rome gevestig?
  3. Wie het hierdie brief geskryf? Waar? En wanneer?
  4. Wat se style het Paulus in sy brief gebruik?
  5. Wat is die hoofpunte van hierdie brief?
  6. Wat is die titels wat Paulus vir homself geneem het in die eerste sin van sy brief?
  7. Wat is die betekenis van die stelling dat Christus die Seun van God is?
  8. Wat is genade, en wat is die mens se antwoord daarop?
  9. Watter stelling in die apostoliese seënwense beskou jy as die belangrikste en met die grooste effek in jou lewe?
  10. Hoekom het Paulus God ten alle tye gedank?
  11. Hoe, en hoe gereeld, het God vir Paulus verhinder om sy planne uit te voer?
  12. Watter stelling in vers 16 beskou jy as die belangrikste? Waarom?
  13. Hoe hou die geregtigheid van God verband met ons geloof?
  14. Hoekom is die toorn van God geopenbaar?
  15. Hoekom maak ‘n mens wat sonder God leef vir homself ‘n aardse god?
  16. Wat is de gevolge van onvanpaste aanbidding van God?
  17. Hoe het Paulus die verskyning van die toorn van God uitgebeeld?
  18. Wat is die vyf sondes in die lys van sondes wat jy beskou as die mees algemene sondes van ons wêreld vandag?
  19. Hoe veroordeel die mens homself in wat hy in ander mense veroordeel?
  20. Wat is die geheime wat Paulus openbaar oor die oordeel van God?
  21. Wat is die Goddelike beginsels by die laaste oordeel?
  22. Hoe sal God met die Heidene werk op die Oordeelsdag?
  23. Wat is die voorregte van die Wet, asook die laste daarvan, vir die Jode?
  24. Wat is die betekenis van die besnydenis in beide die Ou en Nuwe Testamente?
  25. Wat is die oorspronklike teenstrydige vrae in die brief aan die Romeine en wat is die antwoorde daarop?
  26. Hoe het die apostel ons sonde beskryf om ook die volledige korrupsie van die mensdom te beskryf?

As jy al die studies in hierdie reeks oor Romeine voltooi en vir ons jou antwoorde op die vrae aan die einde van elke studie stuur, dan sal ons vir jou 'n

Sertifikaat van Gevorderde Studies
in die verstaan van die Brief van Paulus aan die Romeine

stuur as aanmoediging vir jou verdere diens vir Christus.

Ons moedig jou aan om die ondersoek na die Brief van Paulus aan die Romeine voort te sit sodat jy ewige skatte mag ontvang. Ons wag op jou antwoorde en bid vir jou. Ons adres is:

Waters of Life
P.O.Box 600 513
70305 Stuttgart
Germany

Internet: www.waters-of-life.net
Internet: www.waters-of-life.org
e-mail: info@waters-of-life.net

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 12:19 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)