Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 082 (Paul’s Doxology)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
BYLAAG TOT DEEL 3 - SPESIALE VERSLAE OOR PAULUS SE KARAKTER AAN DIE LEIERS VAN DIE KERK IN ROME (Romeine 15:14 – 16:27)

8. Paulus se doksologie as slotgedeelte van sy brief (Romeine 16:25-27)


ROMEINE 16:25-27
25 Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is, 26 maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof 27 aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.

Paulus het sy brief aan die kerk in Rome plegtig afgesluit deur God, die Vader van ons Here Jesus Christus, te aanbid. Paulus erken hom as die oorsprong van alle opbouende magte en die enigste een wat by magte is om die ewige krag te gee wat die kerke vestig en dit bewaar in die Gees.

Paulus het sy brief afgesluit met sy aanduiding in die begin (Romeine 1.16). Om lewe te gee aan diegene wat dood was in sonde is gerealiseer in die evangelie van Paulus. Daar is nie net vier evangelies naamlik Matteus, Markus, Lukas en Johannes nie, maar elke goeie nuus en verklaring van die verlossing van Jesus in die prediking van Paulus is ‘n ware evangelie. Die apostel na die Heidene het erken dat die verskyning van die Here Jesus aan hom naby Damaskus, sy sien van die lewende Gekruisigde Een en sy erkenning dat hy die ware en beloofde Christus was, die hoofmotivering was vir die skryf van sy briewe. In sy evangelie openbaar Paulus die misterie aan almal wat wil hoor en wat geheim gehou is tot daardie tyd, maar wat geopenbaar was deur die skrifte van die profete in die Ou Testament as komende van die ewige heilige God.

Die inhoud van hierdie misterie is dat God wil hê dat die onrein mense en nasies gehoorsaamheid van geloof, volgens die Nuwe Testament, sou leer. Daarom bied die Here sy vergifnis van sonde aan alle mense as genade, ter wille van die versoenende offer van Jesus. Wie hierdie oproep dus hoor en die gawe van God aanvaar, is gered. Hy wat egter ongehoorsaam is veroordeel homself.

Paulus het God aanbid, hy wat alleen wys is. Hy het dankbaar en nederig getuig dat God al die glorie en eer het en dat hierdie menslike aanbidding moontlik geword het deur die werk, dood en opstanding van Jesus wat met sy Vader, in eenheid met die Heilige Gees, vir ewig regeer. Die laaste woord “Amen” waarmee Paulus hierdie brief aan die Romeine afsluit, dui daarop dat dit die waarheid is wat verseker bewerkstellig sal word.

GEBED: Ons dank u Vader, in u Seun Jesus, want u het Paulus gekies en hom geroep om u verlossing na die kerke onder die Heidene te bring; ook dat hy sou ly en sterf vir sy diens. Help ons om nie selfsugtig in gees te wees nie, maar om onder leiding van die Heilige Gees die volle verlossing aan almal te bring wat begeer na die waarheid. Amen.

VRAAG:

  1. Wat is die misterie wat God aan Paulus geopenbaar het?

VRAE - 4

Geagte leser,
Nadat jy ons kommentaar op die Brief van Paulus aan die Romeine gelees het, kan jy nou die volgende vrae antwoord. As jy 90% van die vrae hieronder beantwoord, dan sal ons jou die volgende deel van hierdie reeks stuur vir jou geestelike opbou. Moenie vergeet om jou volle naam en adres duidelik by die antwoorde in te sluit nie.

  1. Het jy jouself heeltemal aan Jesus jou Redder toegewy, of is jy steeds selfsugtig en leef jy vir jouself?
  2. Wat is die stappe om ‘n heilige lewe te leef as volgelinge van Jesus?
  3. Watter een van die bogenoemde vorme van diens beskou jy as die belangrikste vandag?
  4. Wat se soort implementering van die liefde van God beskou jy as die belangrikste en nodigste in jou gemeenskap met ander gelowiges?
  5. Hoe vergewe ons ons vyande en hoe doen ons dit sonder haat of wrewel?
  6. Wat is die grense van gesag van elke regering en hoekom moet ons God gehoorsaam eerder as mense?
  7. Hoe het Paulus hierdie gebod prakties verduidelik: “Wees lief vir jou naaste soos jouself”?
  8. Wat is die deugde waartoe die kennis van die naderende koms van Christus ons lei?
  9. Wat behoort ons te sê as ‘n volgeling van Christus ‘n ander opinie het as ons oor sekondêre onderwerpe van die lewe?
  10. Wat is die betekenis van die verse: “die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees” (Romeine 14:17)?
  11. Wat beteken Romeine 15:5-6?
  12. Hoe het Paulus verwag om die belangrike verskille in die kerk van Rome te oorkom?
  13. Wat het Paulus in sy brief geskryf wat hy slegs as ‘n deel beskou het?
  14. Wat is die geheim van die bediening van die apostel Paulus?
  15. Hoekom wou Paulus, voor sy reis na Spanje, na Jerusalem gaan ten spyte van sy kennis van die moeilikheid en baie gevare wat hom daar ingewag het?
  16. Wat kan ons leer van die name van die kerklidmate in Rome?
  17. Wat kan ons leer van die name van die heiliges wat in die lys genoem word?
  18. Wat is die fokus van die versoekings van die duiwel?
  19. Wie is die persoon aan wie Paulus sy brief vir die Romeine gedikteer het?
  20. Wat is die misterie wat God aan Paulus geopenbaar het?

As jy al die studies in hierdie reeks oor Romeine voltooi en vir ons jou antwoorde op die vrae aan die einde van elke studie stuur, dan sal ons vir jou ‘n

Sertifikaat van Gevorderde Studies
in die verstaan van die Brief van Paulus aan die Romeine

stuur as aanmoediging vir jou verdere diens vir Christus.

Ons moedig jou aan om die ondersoek na die Brief van Paulus aan die Romeine voort te sit sodat jy ewige skatte mag ontvang. Ons wag op jou antwoorde en bid vir jou. Ons adres is:

Waters of Life
P.O.Box 600 513
70305 Stuttgart
Germany

Internet: www.waters-of-life.net
Internet: www.waters-of-life.org
e-mail: info@waters-of-life.net

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 01:19 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)