Waters of LifeBiblical Studies in Multiple Languages |
|
Home Bible Treasures Afrikaans |
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba
ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
BYLAAG TOT DEEL 3 - SPESIALE VERSLAE OOR PAULUS SE KARAKTER AAN DIE LEIERS VAN DIE KERK IN ROME (Romeine 15:14 – 16:27)
8. Paulus se doksologie as slotgedeelte van sy brief (Romeine 16:25-27)ROMEINE 16:25-27 Paulus het sy brief aan die kerk in Rome plegtig afgesluit deur God, die Vader van ons Here Jesus Christus, te aanbid. Paulus erken hom as die oorsprong van alle opbouende magte en die enigste een wat by magte is om die ewige krag te gee wat die kerke vestig en dit bewaar in die Gees. Paulus het sy brief afgesluit met sy aanduiding in die begin (Romeine 1.16). Om lewe te gee aan diegene wat dood was in sonde is gerealiseer in die evangelie van Paulus. Daar is nie net vier evangelies naamlik Matteus, Markus, Lukas en Johannes nie, maar elke goeie nuus en verklaring van die verlossing van Jesus in die prediking van Paulus is ‘n ware evangelie. Die apostel na die Heidene het erken dat die verskyning van die Here Jesus aan hom naby Damaskus, sy sien van die lewende Gekruisigde Een en sy erkenning dat hy die ware en beloofde Christus was, die hoofmotivering was vir die skryf van sy briewe. In sy evangelie openbaar Paulus die misterie aan almal wat wil hoor en wat geheim gehou is tot daardie tyd, maar wat geopenbaar was deur die skrifte van die profete in die Ou Testament as komende van die ewige heilige God. Die inhoud van hierdie misterie is dat God wil hê dat die onrein mense en nasies gehoorsaamheid van geloof, volgens die Nuwe Testament, sou leer. Daarom bied die Here sy vergifnis van sonde aan alle mense as genade, ter wille van die versoenende offer van Jesus. Wie hierdie oproep dus hoor en die gawe van God aanvaar, is gered. Hy wat egter ongehoorsaam is veroordeel homself. Paulus het God aanbid, hy wat alleen wys is. Hy het dankbaar en nederig getuig dat God al die glorie en eer het en dat hierdie menslike aanbidding moontlik geword het deur die werk, dood en opstanding van Jesus wat met sy Vader, in eenheid met die Heilige Gees, vir ewig regeer. Die laaste woord “Amen” waarmee Paulus hierdie brief aan die Romeine afsluit, dui daarop dat dit die waarheid is wat verseker bewerkstellig sal word. GEBED: Ons dank u Vader, in u Seun Jesus, want u het Paulus gekies en hom geroep om u verlossing na die kerke onder die Heidene te bring; ook dat hy sou ly en sterf vir sy diens. Help ons om nie selfsugtig in gees te wees nie, maar om onder leiding van die Heilige Gees die volle verlossing aan almal te bring wat begeer na die waarheid. Amen. VRAAG:
VRAE - 4Geagte leser,
As jy al die studies in hierdie reeks oor Romeine voltooi en vir ons jou antwoorde op die vrae aan die einde van elke studie stuur, dan sal ons vir jou ‘n Sertifikaat van Gevorderde Studies stuur as aanmoediging vir jou verdere diens vir Christus. Ons moedig jou aan om die ondersoek na die Brief van Paulus aan die Romeine voort te sit sodat jy ewige skatte mag ontvang. Ons wag op jou antwoorde en bid vir jou. Ons adres is: Waters of Life Internet: www.waters-of-life.net |