Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 024 (The Revelation of the Righteousness of God)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
B - DIE NUWE GEREGTIGHEID DEUR GELOOF WORD AAN ALLE MENSE GEBIED (Romeine 3:21 - 4:22)

1. Die openbaring van die geregtigheid van God in die versoenende dood van Christus (Romeine 3:21-26)


ROMEINE 3:25-26
25 Hom het God voorgestel in sy bloed as 'n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God 26 om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.

God het ons bose wêreld so liefgehad dat hy sy enigste Seun vir sondaars gegee het, wetend dat die mensdom hom sou doodmaak. In sy hemelse kennis het hy dit egter so bedoel dat die dood van sy Heilige Een as offer en versoening vir alle sondaars van alle tye sou dien. Die bloed van Christus reinig ons van alle sonde. Daar is geen versoening behalwe in die bloed van die onskuldige Seun van God nie.

In ons tyd van fenomenale en tegnologiese prestasies het ons die kennis verloor dat die toorn en oordeel van God aktiewe kragte in die geskiedenis van die wêreld is en dat dit belangriker is as vliegtuie, duikbote, tenks en waterstofbomme. Al ons sondes vereis straf en versoening, want ons is in beginsel ter dood veroordeel en die plaasvervangende offer van Christus is ons enigste manier na verlossing. Vir hierdie rede het die Seun van God mens geword om op die altaar van die kruis, in die vlamme van God se woede, geoffer te word. Diegene wat na hom kom in dankbaarheid, word geregverdig. Miljoene mense het ervaar dat al die magte van God in Christus se bloed wat gestort is, werk. Daarom moet jy nie langer wegbly van hom wat gekruisig is nie. Plaas eerder jou huis, jou werk, jou verlede, jou toekoms, jou kerk en jouself volkome onder die bloed van die Lam van God, sodat jy geheilig en bewaar sal wees in die waarheid van God. Daar is geen beskerming teen die aanklagtes van die duiwel en die gevolge van God se woede, behalwe in die bloed van Christus nie.

Memoriseer verse 21 tot 28. Lees dit woord vir woord en laat die betekenis daarvan jou hart aanraak. Dan sal jy besef dat die belangrikste ding in hierdie les nie die regverdiging van die sondaar is nie, maar die demonstrasie van die geregtigheid van God wat drie keer in hierdie gedeelte genoem word.

Ons liefdevolle God het nie die sondaars van die verlede vernietig soos deur die wet vereis is nie. Die Genadige Een het alle sonde vergewe volgens sy liefde en geduld tot en met die tyd waarop alle kreature gewag het sou kom – die oomblik van versoening van die wêreld met God in die dood van Christus aan die kruis. Al die engele het toe gejuig, want in die opstanding van die Gekruisigde Een is alle sondaars regverdig gemaak.

Wie sê dat God self enigiemand ter enige tyd soos wat hy wil kan vergewe, is onkundig en is uitgelewer aan menslike, oppervlakkige logika. God is nie absoluut vry nie, maar het homself beperk omdat hy heilig is sodat elke sondaar moet sterf. Hy het geopenbaar dat daar sonder die vloei van bloed nie vergifnis van sonde kan wees nie. As Christus nie geoffer was nie, dan sou God skuldig gewees het as hy vergewe het sonder dat die vereistes van sy geregtigheid nagekom is.

Twee dinge was gedoen in die kruisiging van Christus: God het sy geregtigheid gedemonstreer en ons terselfdertyd volkome geregverdig. Die Heilige Een is nie onregverdig deur ons te vergewe nie, want Jesus het al die vereistes vir geregtigheid nagekom. Die Nasarener het sonder sonde geleef, hy was heilig en nederig. Hy was die enigste een van alle kreature wat die sonde van die wêreld kon dra weens sy almagtige liefde. Laat ons Jesus aanbid en liefhê en die Vader verheerlik, hy wat eerder sou sterf as dat sy geliefde Seun moes, maar wat weens die voortbestaan van die heelal en die noodsaaklikheid van oordeel oor die Gekruisigde Een, nie in sy plek kon sterf nie.

In sy priesterlike gebed (Johannes 17) het Jesus God aangespreek as “O Heilige Vader”. In hierdie woorde kom ons diep onder die indruk van die geregtigheid van God. Die skepper is gevul met liefde en waarheid. Hy het geen onregverdige liefde nie, maar sy liefde is op geregtigheid gebou. In die dood van Christus is al die vereistes van God se eienskappe verenig. Hierdie onbeperkte liefde wat op geregtigheid gebou is, is wat ons “genade” noem, want dit word aan ons as regverdiging aangebied soos wat God aanhou om geregtig te wees terwyl hy ons liefhet en vergewe.

GEBED: O Heilige Drie-eenheid; die Vader, die Seun en die Heilige Gees, ons aanbid u want u liefde is bo ons verstand en u heiligheid is dieper as die see. U verlos ons van alle sonde, van die dood en van die gesag van die duiwel, nie met silwer en goud nie, maar deur die bittere lyding van Christus en sy dood aan die vervloekte kruis. Sy kosbare bloed het ons van al ons sondes gereinig en ons het geregtig en heilig geword deur genade. Ons eer die opoffering van Jesus en wy onsself aan u toe, met dankbaarheid vir u verlossing wat ons regverdig gemaak het.

VRAAG:

  1. Wat is die betekenis van die frase: “om [God se] geregtigheid te bewys”?

Want almal het gesondig
en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
en hulle word deur sy genade
sonder verdienste geregverdig
deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

(Romeine 3:23-24)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:11 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)