Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 023 (The Revelation of the Righteousness of God)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
B - DIE NUWE GEREGTIGHEID DEUR GELOOF WORD AAN ALLE MENSE GEBIED (Romeine 3:21 - 4:22)

1. Die openbaring van die geregtigheid van God in die versoenende dood van Christus (Romeine 3:21-26)


ROMEINE 3:21-24
21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, 22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; 23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Is jy sondig? Hierdie vraag is slegs bedoel vir sondaars wat weens die sonde van hul verlede gely het, want hulle het besef dat hulle dade boos en gewoontes slegs was.

Kom en luister na die Evangelie wat met jou praat te midde van God se oordeel van die wêreld.

Paulus het gewys dat almal sondaars is met verdorwe verstande: die wat vroom en sondig is, verkose of verlore, gekultiveerd en eenvoudig, oud en jonk, in die naam van natuurlike wette en Goddelike wette.

Geseënd is jy wat weet dat jy onvolmaak is voor die glorie van God, soos alle mense is. Ons het die beeld van God verloor wat aan ons gegee is by die skepping. Huil ons daarom weens ons korrupsie?

Wat is God se antwoord op die aanklag van sy heilige wet teen ons? Wat is die Goddelike oordeel teen menige boosdoeners? Wat is sy geregtige oordeel op jou en my?

Magtige woorde het vanuit die hemel op aarde geval te midde van die stilte en eerbied van die wêreld van die lewendes en die dooies: Almal is geregverdig! Ons verstande roep uit: “Dis onmoontlik!” en die duiwel roep uit: “Nee!” Maar die Gees van God vertroos jou en wys na die geslagte Lam van God wat die sondes van die wêreld weggeneem het. God het sy Seun gestraf eerder as sondaars. Die heilige God het sy heilige Seun vernietig om sondaars te heilig. Christus het ons geestelike skuld vereffen deur sy fisiese lyding sodat jy vryelik na God kan kom. Jy is vry, verlos en bevry. Geen sonde of Satan of die dood het enige mag oor jou nie. Jy is onskuldig en word deur God aanvaar.

Glo jy dit en aanvaar jy die evangelie van verlossing in vertroue? As jy in die spieël kyk, dan sal jy jouself soos tevore sien, maar jy sal ook iets nuuts opmerk. Jy sal tekens van dankbaarheid en vreugde in jou oë sien skitter, want God het jou lief, hy het jou regverdig gemaak, uit jou sondes bevry deur die dood van sy enigste Seun. Jy aanvaar hierdie waarheid of jy verwerp dit. Die regverdiging van die hele wêreld is voltooi en daar is geen rede vir Christus om weer aan die kruis te sterf nie. Hy wat glo, is gered en hy wat aan sy verlossing vashou, sal nie veroordeel word nie. Jou geloof het jou gered.

Almal was boos en ter dood veroordeel om vernietig te word, maar God het almal regverdig gemaak en hulle die geleentheid gegee om vir sy ewige diens te lewe. Hierdie universele genade is nie te vinde in alle godsdienste van die wêreld nie. Dit word slegs in die Evangelie gevind. Die liefde van God het die mensdom gered; regsgeleerdes en verlorenes, belangrike mense en ongelowiges, filosowe en eenvoudiges, bejaardes en kinders. God het hulle almal regverdig gemaak. Hoe lank sal jy swyg voor sy genade? Kom, roep jou vriende en vertel hulle dat hul tronkdeur wawyd oopstaan en dat hulle die reg het om vry te wees soos dit deur die Evangelie bepaal is. Maak vinnig en wys hulle die nuwe vryheid van God.

Het jy Christus en sy verlossing al persoonlik aanvaar? Ken jy hom as jou genadige Redder? Laat ek jou dan gelukwens en voorstel dat jy Jesus dank vir sy lyding en dood, want hy alleen het jou gered, gereinig en geregverdig. Eer hom dus met jou geloof en dank hom voortdurend. Laat jou lewe altyd vol dankbaarheid wees vir sy wonderlike genade.

GEBED: O geliefde Here Jesus Christus, ons dank u en het u lief omdat u vir ons aan die kruis gesterf het. O genadige Vader, ons aanbid u want u vergewe ons al ons sondes deur Jesus se soendood. O Heilige Gees, ons dank u want u gee ons die genade van kennis, vestig ons in volkome regverdigmaking en bevestig aan ons vergifnis. Ons verheerlik u, o Heilige Drie-eenheid, want u het betekenis aan ons lewens gegee. Leer ons om u vir altyd te dank en heilig ons lewens dat ons optrede u mag dank vir u groot genade.

VRAAG:

  1. Wat is die hoofgedagtes in ons regverdigmaking deur geloof?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:09 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)