Waters of LifeBiblical Studies in Multiple Languages |
|
Home Bible Treasures Afrikaans |
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba
Previous Lesson -- Next Lesson ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)
3. Alle mense is korrup en blaamwaardig (Romeine 3:9-20)ROMEINE 3:9-10 Paulus het sy klagte teen beide die Jode en Heidene in die naam van God opgesom. Hy het aan hulle bewys dat niemand enige voordeel oor ander het nie. Almal het gesondig en hul sonde is tasbaar. Hulle het die regte pad van God verloor en slawe van sonde geword, gebind deur hul begeertes en selfmisleiding. Paulus het homself by sy eie klagte ingesluit en bely saam met ons dat hy sondig was. Het jy al ooit iets so weersinwekkend gesien dat jy naar geword het? Jou sonde is so weersinwekkend dat dit jou gees en siel naar maak. Vergelyk jouself met Paulus se klagte en jy sal jouself daarin herken. ROMEINE 3:11-12 Ons is onrein voor die glansende heiligheid van God. Daar is niemand wat geregtig is voor God nie behalwe Christus. Ons gedagtes is omring met ‘n digte mis en ons kan God nie sien vir die standaard wat hy is nie. Ons besef nie die aakligheid van ons sonde nie. As mense maar net die heerlikheid van God sou soek dat hulle slim mag word! Elkeen is egter op sy eie pad, hou aan sy eie eer vas, is deur sy eie begeertes gebind en op soek na gemak. Alle mense het die pad van die Here verloor, niemand loop op die regte pad nie. Almal het van God weggedraai. Ons is almal boos van nature en ons gewete kla ons aan. ROMEINE 3:13 Die korrupsie van die mens verskyn in hul woorde. Ons is almal moordenaars, want ons is die oorsaak vir die ondergang van die reputasie, geluk en vrede van ander deur ons skerp woorde; ons vergiftig die atmosfeer met leuens, aanklagtes, beledigings en skaamtelose grappe. Ons kla oor God se leiding. Ons teenstand is soos bittere laster in ons monde. Ons is ongehoorsaam aan God se dissipline en weet nie dat ons net swaar straf en noodsaaklike oordeel verdien nie. ROMEINE 3:14-17 Ons haat verander nie vinnig nie, want ons hou nie van ons vyande nie; ons wil graag van moeilike mense ontslae raak. Mense wat hul vyande haat vergiet strome bloed, want die driftige mens verander in ‘n dier. Daar is geen vrede in ons nie, ten spyte van al ons praatjies oor vrede. Alle mense is moordenaars en hul harte is gevul met minagting, nyd en hoogmoedigheid, want hulle weet nie dat God liefde, waarheid en reinheid is nie. Hulle het die sin vir waarheid verloor en het nie ‘n standaard of rus nie, maar bevind hulself in ‘n ernstige situasie. ROMEINE 3:18 Almal wat God nie ken nie, is dwase; en almal wat hom nie vrees nie is leeg van wysheid, want die vrees van die Here is die begin van alles wysheid en kennis van die Heilige Een is begrip. Ongeloof groei en mense tree op asof daar geen god is nie. Geen wonder dat sonde so oorvloedig is nie, dit verskyn oral onbeskaamd in die strate, in tydskrifte en in ons harte! ROMEINE 3:19-20 Die vromes van die Ou Testament is slegs sondaars, want die Wet het hulle grootgemaak om sonde te ken. Dit is waar dat die Wet die belofte maak van al die seën van die hemele as ons die gebooie onderhou, maar niemand kan hierdie vereiste volvoer nie. Wanneer ons probeer om uit ons eie krag te leeef, dan word ons bose aktiwiteite sigbaar. Ons verdien almal God se straf en al ons naasteliefde is besoedel met selfsug, ons vind geen guns by God nie. Stem jy saam met hierdie beginsels van Paulus? Lees weer eens wat Paulus geskryf het sodat jy wys en gebroke mag word. GEBED: O hemelse Vader, ons dank u want u gee ons hoop in Christus sodat ons nie desperaat of pessimisties word nie. Ons is boos in ons harte, met ons lippe, met ons hande en voete en met ons oë; ons harte is gevul met misleiding, haat, verkeerde begeertes en leuens. Wat ‘n sondige mens is ek nie! Vergewe my sonde en bring u heiligheid voor my oë dat die trots in my gebreek mag word en ek u alleen mag aanbid. O Here, bevry my heeltemal van my sonde. VRAAG:
VRAE - 1Geagte leser,
As jy al die studies in hierdie reeks oor Romeine voltooi en vir ons jou antwoorde op die vrae aan die einde van elke studie stuur, dan sal ons vir jou 'n Sertifikaat van Gevorderde Studies stuur as aanmoediging vir jou verdere diens vir Christus. Ons moedig jou aan om die ondersoek na die Brief van Paulus aan die Romeine voort te sit sodat jy ewige skatte mag ontvang. Ons wag op jou antwoorde en bid vir jou. Ons adres is: Waters of Life Internet: www.waters-of-life.net |