Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 079 (The Continuation of Paul’s List of the Saints)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
BYLAAG TOT DEEL 3 - SPESIALE VERSLAE OOR PAULUS SE KARAKTER AAN DIE LEIERS VAN DIE KERK IN ROME (Romeine 15:14 – 16:27)

5. Die voortgang van Paulus se lys van name van die heiliges wat aan hom bekend was in die kerk van Rome (Romeine 16:10-16)


ROMEINE 16:10-16
10 Groet Apélles, die beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van Aristobúlus is. 11 Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is. 12 Groet Triféna en Trifósa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het. 13 Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne. 14 Groet Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is. 15 Groet Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en al die heiliges wat saam met hulle is. 16 Groet mekaar met 'n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle.

Paulus het die kerk in Rome ingelig oor die name van haar lede wat aan hom bekend was, wat sy lering en ervarings geken het. Hy het deur hierdie lys aan die kerkleiers bevestig dat hy nie ‘n vreemdeling in Rome was nie, maar dat sy werkende boodskappers in die kerk van Rome bekend en aanvaarbaar was.

Apelles het die naam van ‘n bekende Griekse skildenaar gedra. Hy was ‘n ervare lid in die kerk van Rome wat getrou aan Christus gebly het ten spyte van lyding en stryd. Die broers in die huishouding van Aristobulus was waarskynlik vrygelate slawe, nie persoonlik aan Paulus bekend nie, maar hy het hulle broers genoem weens hul geloof in Christus, die Seun van God, en omdat die almagtige hulle aangeneem en hernuwe het.

Herodion was ‘n Christen wat die Wet van Moses probeer onderhou het en terselfdertyd vir Christus gevolg het. Hy was ‘n familielid van Paulus volgens sy stam.

Paulus het nie die name van die huishouding van Narcissus geken nie, maar hulle het getroue Christene geword, eiendom van die Here Jesus en hulle het hulle geestelike ervaring bely. Triféna en Trifósa was twee susters wat as ywerige dienaars van die Here bekend was. Persis was die derde dienaar van die Here wat Paulus die geliefde vrou genoem het volgens die geestelike gebruik, want sy het nie net geglo nie, maar sy het uitgeleef waarin sy geglo het en vir Jesus gewerk.

Paulus het aan Rufus die unieke titel gegee: “die uitverkorene in die Here”. Dit het aangedui dat hy die seun van Simon van Cirene was wat die kruis van Jesus gedra het (Markus 15:21). Die vrou van Simon, die moeder van Rufus, het Paulus waarskynlik in die Midde-Ooste gedien, want Paulus getuig dat hierdie goeie vrou vir hom soos ‘n moeder was in haar sorg en troos.

Paulus het groete gestuur aan twee groepe gelowiges en het elkeen by name genoem, want hy was besorg dat sy kennis van hulle in die kerk bekend moes wees. Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broers wat by hulle was, was die eerste groep wat hy broers in die Here Jesus noem. Die ander groep was Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en al die heiliges wat saam met hulle was. Hulle het onder die leiding van die Heilige Gees geleef en die vrug van die Heilige Gees het in hulle verskyn sodat hy hulle heiliges genoem het. Hulle het die Gekruisigde Een ervaar wat uit die dood opgewek is as hul Here en Verlosser en het die gawe van die Heilige Gees en sy ewige krag ontvang.

Paulus sluit sy lys van die heiliges in Rome af en vra hulle om mekaar te groet met ‘n heilige soen, as ‘n simbool van hul heilige, geestelike, broederlike verhouding in Christus. Paulus groet verder al die gelowiges en kerke in Rome in die naam van al die kerke in die Midde-Ooste, in sy kapasiteit as hul verteenwoordiger.

Hierdie lys van 25 name dui daarop dat die kerke in daardie tyd nie groot kerke van klip was nie, maar gemeentes van gelowiges wat saamgekom het in hul huise en wat Paulus almal saam as die tempel van die Heilige Gees in Rome beskou het. Hulle het van verskillende plekke na die hoofstad gekom en ‘n internasionale kerk in verskillende tale en gebruike gevorm. Hulle het egter almal in een stem getuig oor die naam van Christus en sy bloed en van die geregtigheid wat aan hulle gegee is. Miskien was daar martelare in die lys van name wat gedurende die groot vervolging deur die Romeinse tiran Nero doodgemaak is. Hy het die Christene gearresteer, hulle gehang en vlambare materiaal oor hul liggame gegooi om van hulle menslike fakkels te maak en ander se liggame op yster tralies oor vure gebraai.

GEBED: O hemelse Vader, ons aanbid u want u het die kerk van Jesus Christus in Rome bymekaar gebring, onder leiding van die Heilige Gees, in verskillende tale. Hierdie kerke het ‘n simbool geword van die nuwe skepping, want die ewige lewe woon in hulle. Gee ons ook die krag om nie lui te wees nie, maar om almal op te soek en te aanvaar wat die een God liefhet, die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

VRAAG:

  1. Wat kan ons leer van die name van die heiliges wat in die lys genoem word?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 01:14 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)