Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 009 (The Righteousness of God)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
Die aanhef: Groet, dank aan God, en beklemtoning van “God se geregtigheid” as die leuse van sy brief (Romeine 1:1-17)

c) Die geregtigheid van God is gevestig en gerealiseer in ons deur voortdurende geloof (Romeine 1:16-17)


ROMEINE 1:17
17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Daar is ‘n groot dilemma in teologie oor die geregtigheid van God. As ons godsdiens oppervlakkig was, dan sou so ‘n dilemma nie bestaan het nie. As ons egter leer dat die heiligheid van God vereis dat elke sondaar die dood verdien en dat niemand voor God geregtig is nie, dan word ons hartseer, want die hele mensdom verdien onmiddellik die dood. Tog is God nie net heilig en ‘n regverdige Regter nie, maar is ook ‘n genadige Vader, gevul met liefde, goedheid en lankmoedigheid. Hy wil nie die sondaar vernietig nie, maar wil hom eerder red.

Weens sy heiligheid kon God nie maar vergewe wie en wanneer hy wil nie, hoewel hy almal vergewe, want die majesteit van God definieer wie hy is.

As ‘n oplossing vir hierdie probleem het hy die reg van plaasvervanging in die offer gebring wat as substituut vir die sondaar sterf. Omdat daar geen dier of mense-offer was wat aan die vereistes van God se heiligheid voldoen het nie, het hy gekies om sy Seun as mens in ons plek te laat sterf om ons te versoen met God en ons sodoende te regverdig. Die onderwerp van die Brief aan die Romeine is egter nie ons eie regverdigmaking nie, maar die geregtigheid van God: Hoe bly die Heilige Een geregtig ten spyte daarvan dat hy ons wat sondig is regverdig maak? Christus is die enigste antwoord op hierdie vraag.

Die mense van die Wet het teen die kruis gelaster en gesê: “As almal deur geloof in Christus geregverdig kan word, laat ons dan meer sonde doen solank die genade van die Gekruisigde Een ons outomaties regverdig maak.” Paulus het hulle veroordeel en getuig dat die Christelike geloof nie net ‘n geloof is nie, maar dat dit saam met Christus lewe waar sy krag in ons swakheid werk en hy sy vrug in ons skep. Om Jesus te volg verteenwoordig ‘n ketting waar die opeenvolgende skakels die maatstaf van geloof is, gevul met dankbaarheid en liefde vir Christus wat ons regverdig, heilig en volkome maak. Ons is nie die redders van onsself nie, maar ons maak ons harte oop vir God se genade. Hulle wat geregverdig is lewe deur geloof alleen. Hulle kom van geloof tot geloof en beskou hulself nie geregtig in hulself nie. Christus het hulle geregverdig en hy heilig hulle dag na dag deur die werk van sy Gees. Daarom dat God geregtig bly, omdat hy ons elke dag vergewe en ons voortdurend heilig maak. Ons is syne en is heilig vir hom.

Nog ‘n vraag wat gevra is, was oor die mense van die ou verbond en hiermee is God se geregtigheid bevraagteken. Die saak ter sprake was oor die Jode se verwerping van God se genade. Die Jode het die Seun van God gekruisig en het sodoende die geskiedenis van hul verlossing gemis. Hulle het ook die stem van die Heilige Gees teengestaan wat hulle tot bekering en geloof wou bring. Weens hierdie onmiskenbare waarheid het Paulus en die ander apostels gewonder: “Hoe kan God geregtig bly as hy die familie van Abraham gekies het en homself aan hulle verbind het in ‘n ewige verbond? Nou sien ons egter dat God hulle verhard en verwerp omdat hulle nie vir sy Heilige Gees oop is nie. Het God daarom misluk?” “Nee,” antwoord Paulus in sy brief waar hy antwoord (Romeine 9 - 11), nie om die Jode te regverdig nie, maar slegs om die geregtigheid van God te beklemtoon. Die Apostel van die Nasies was dus ywerig om die Goddelikheid, heiligheid en geregtigheid van die Vader van ons Here Jesus Christus te verdedig.

Wie die waarheid ontvang en hom aan die leiding van die Heilige Gees oorgee, word in sy denke vernuwe en kan in heiligheid saam met alle geregverdigdes in die Nuwe Testament leef. Christelike etiek stop nie by die opvoeding van die mens of by menslike kragte nie, maar reik na gehoorsaamheid deur staat te maak op die liefde van God en die krag van sy redding in almal wat in die Seun glo. Die gedrag van Christene heilig die naam van die Vader. Die demonstrasie van sy geregtigheid is die onderwerp van die Brief aan die Romeine.

GEBED: O Drie-enige God, ons loof u omdat u ons tot die ware geloof toegelaat het, ons geregverdig het en dat u ons elke dag heilig en lei. U is die Geregtige Een en u bly geregtig, hoewel ons nie die baie bewegings van mense in die geskiedenis van die wêreld verstaan nie. Heilig ons volkome en neem die oorblywende sonde van ons karakters weg sodat ons ‘n loflied en ‘n soet reuk tussen mense sal word.

VRAAG:

  1. Hoe hou die geregtigheid van God verband met ons geloof?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 05, 2013, at 08:26 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)