Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 001 (Introduction)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Hebrew -- Hindi -- Indonesian -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Spanish -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish

Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine

INLEIDING


Inleiding tot die Brief aan die Romeine

Een van Christus die Here, wat uit die dood opgestaan het, se grootste gawes aan die kerk is die belangrike brief wat hy Paulus, sy ambassadeur, geïnspireer het om te skryf aan die Romeine in die Romeinse hoofstad.

Die oorsprong en doel van die brief

In daardie tyd, gedurende sy drie sendingreise, het die apostel na die heidene, sy prediking in Klein Asië en die Griekse gebiede voltooi. Gedurende hierdie sendingreise het hy lewende kerke gevestig in al die belangrike stede; hy het gelowiges in die diens van liefde bevestig en ouderlinge, priesters en biskoppe oor kerklidmate aangestel. Sy diens in die oostelike deel van die Mediterreense vallei was daarmee voltooi. Daarna het hy weswaarts gegaan om die Koninkryk van Christus in Frankryk en Spanje te vestig (Romeine 15:22-24).

In akkoord met hierdie planne het hy sy bekende brief aan die kerk in Rome geskryf om hulle te bemoedig in hul vertroue in hom. Sodoende wou hy dit duidelik maak dat hy ‘n apostel van Christus was aan al die Heidene en dit deur die aandagtige en gereelde bestudering van die Evangelie wat aan hom toevertrou is. Hy het probeer om hul harte aan te raak sodat hulle sou deelneem aan sy sendingreis na die weste soos die kerk van Antiochië in Sirië hom in sy reise, prediking en ontberings ondersteun het met getroue gebede. Daarom bevat die brief aan die Romeine ‘n voorlopige studie wat bedoel was om die kerk te oortuig om in ware geloof gevestig te raak en voor te berei vir prediking na die wêreld deur deelname aan die werk.

Wie het die kerk in Rome gevestig?

Nie Paulus of Petrus, of enige ander bekende ouderling het die Romeinse kerk geplant nie. Dit was gevestig deur Romeinse pelgrims wat in die Heilige Land verskyn het tydens Pinkster waar Christus die Heilige Gees oor berouvolle bidders uitgestort het. Hulle woorde was gevul met die groot dinge van die Magtige Een en soos hulle dit nagevolg het, het hulle teruggekeer na die Romeinse metropolis en daar in hul byeenkomste as getuies gedien van die Almagtige wat gekruisig was. Hulle het met hul Joodse en Heidense vriende gepraat oor sy verlossing en kleingroepe in hul huise gevorm om die Ou Testamentiese profesieë rakende Christus te bestudeer.

Gedurende sy reise in Asië en Griekeland het die Apostel Paulus herhaaldelik gelowiges van Rome ontmoet, juis toe die Jode van Rome verban is gedurende die regering van Claudius Caesar, voor 54 A.D. (Handelinge 18:2). Paulus wou persoonlik met die kerk van Rome bekend wees en die gawes van die Heilige Gees gee wat in hom gewerk het. Hy het nie gedink dat ‘n lang verblyf in die hoofstad van die wêreld nodig was nie, want hy het ‘n lewende en onafhanklike kerk daar gevestig. Hy wou eerder op sy weg wees, in die gemeenskap met daardie broers in die Here, om die evangelie van verlossing in geslote gebiede te verkondig.

Wie het die brief geskryf? Wanneer en waar?

Die Apostel Paulus het sy brief in 58 A.D., gedurende sy verblyf aan Gaius se huis, in Korinte geskryf. Dit was ‘n opsomming van sy geestelike ervarings en van apostoliese lering. Niemand anders kon soos Paulus skryf nie, want die lewende Christus het persoonlik in sy pad gestaan toe hy, in sy ywer vir die Wet, daarop uit was om die Christene in Damaskus te vervolg. Toe die verblindende lig op hom geval het, het hy besef dat die groot waarheid naamlik Jesus van Nasaret, wat hy verag het, werklik leef en dat hy die Here van heerlikheid is wat nie in die graf vergaan het ná sy kruisiging nie. Jesus het die dood oorkom, het waarlik opgestaan, homself as die Almagtige bewys wat beheer oor alles het. Dit is toe dat Paulus verstaan het dat die Seun van God nie sy vervolger veroordeel of vernietig nie, maar genade vir hom het en hom geroep het vir sendingwerk, nie volgens sy eie goedheid nie, maar volgens genade alleen. Daarom was die vrome en ywerige Paulus gebroke en beangs. Hy het geglo in die genade van God en die kern van die nuwe geregtigheid. Hy het nie langer op sy menslike dade volgens die Wet staat gemaak nie. Hy het toe uitgegaan deur die hele wêreld as ‘n dienaar van die Goddelike liefde van Christus om diegene wat mislei en bedorwe was te roep om versoening met God te aanvaar.

Wat is die onderskeibare styl in hierdie brief?

Paulus wou hierdie godsdienstige verandering duidelik maak aan elke lid van die kerk van Rome. Vir hierdie doel het hy egter nie ‘n boek in pragtige, suiwer taal of ‘n lang vergelykende bespreking geskryf nie. Hy het eerder ‘n brief geskryf, met duidelikheid en vloei, en die vrae beantwoord wat hy verwag het om deur die Jode en die Romeine gevra te word. Paulus het sy brief aan Tertius, sy broer in die Here, gedikteer en in sy gedagtes diegene voorgehou aan wie hy geskryf het. Op een plek het hy vir die pasbekeerde gelowiges geskryf; hy het hul oppervlakkigheid met die reine heiligheid van God aangespreek. Hy het ook die gebrokenes aangespreek, hulle tot lewende geloof wat gevestig was in die volkome geregverdigheid in Christus aangemoedig en wat die mens se enigste hoop is. Op ander plekke het hy die hovaardige wetsgeleerdes aangespreek en hul selfgeregtigheid uitgedaag, hul korrupsie en mislukking uitgewys en hoe hulle eerder toegewy moes wees in nederige geloof in diens van God se liefde deur gehoorsaamheid aan die Heilige Gees. Paulus het ook kragtige prediking met gewone, bedeesde lering verbind. Hy het nie ‘n spesifieke samelewing aangespreek nie, maar alle tipe hoorders; die Heidene en die Jode, jonk en oud, die geleerdes en ongeleerdes, gebind en vry, beide mans en vrouens. Die brief aan die Romeine is tot vandag toe een van die belangrikste bronne van lering in die Christelike geloof. Soos dr. Martin Luther verklaar het: “Hierdie boek is die hoofgedeelte van die Nuwe Testament en die suiwerste evangelie wat verdien word om deur elke Christen gememoriseer te word en elke dag as ‘n geestelike skat vir die siel aangeneem te word, omdat ons in hierdie brief oorvloedig vind wat elke gelowige moet weet: Die Wet en die Evangelie, sonde en veroordeling, genade en geloof, geregtigheid en waarheid, Christus en God, goeie dade en liefde, hoop en die kruis. Ons weet hoe om teenoor elke mens op te tree, maak nie saak hoe vroom of sondig, sterk of swak, vriendelik of onvriendelik hulle mag wees nie; en ook hoe om onsself te hanteer. Daarom stel ek voor dat alle Christene hulleself daarin onderrig.”

As jy ‘n deeglike studie en geloofsversterking begeer, dink dan na oor die brief aan die Romeine en bestudeer dit sorgvuldig. Dit is soos ‘n universiteit van God wat gevul is met kennis, krag en gees. Dan sal Christus jou verlos van jou hoogmoedigheid en selfvergenoegdheid, en jou in volkome geregtigheid vestig sodat jy ‘n magtige dienaar sal word in die uitoefening van Goddelike liefde en elke dag sal groei in geloof.

‘n Ontleding van die brief aan die Romeine

Romeine 1:1-17 – Die identiteit van die skrywer aan die kerk van Rome geopenbaar. Die apostoliese seën. Die aanbieding van God se geregtigheid as die simbool van sy brief.

DEEL 1 – GOD SE GEREGTIGHEID MAAK ONS REGVERDIG

Romeine 1:18 - 3:23 – Ons is sondig en God veroordeel ons volgens die Wet wat ons trots breek.
Romeine 3:24 - 4:25 -- God sal die mens regverdig maak deur die verlossende werk van Christus as ons in hom glo.
Romeine 5:1 - 8:39 – Die Gees van die Here woon in gelowiges en gee hulle hoop en oorwinning oor sonde; hulle wandel in die krag van die Gees, vry van die Wet.

Deel 2 – God se GEREGTIGHEID in die geskiedenis

Romeine 9:1 - 11:36 -- God bly geregtig ten spyte van die mense van die ou verbond wat sy genade verwerp het.

Deel 3 – God se GEREGTIGHEID in praktyk

Romeine 12:1 - 16:27 – Ware geloof verander ons gedrag en lewe na werke van liefde en wedersyds onderdanigheid.

Hierdie is nie ‘n maklike brief om te bestudeer nie. Dit vereis van jou om deeglike ondersoek te doen, met gebed en bedagsame refleksie sodat jy die seën daarvan sal geniet, opreg tot inkeer sal kom, vernuwe sal word in jou denke en ‘n nuwe lewe in Christus sal sien. Hierdie brief het nie geestelike luiheid by die Romeine aangemoedig nie, maar hulle eerder voorberei vir die werk van prediking in hul omgewing en in ander lande. Christus nooi jou dus uit om met sy genade gevul te wees sodat hy jou saam met getroue medegelowiges na mense mag stuur wat nie liefde en hoop ken nie. Luister, bid en gaan.

VRAE:

  1. Wat is die doel van die brief aan die Romeine?
  2. Wie het die kerk in Rome gevestig?
  3. Wie het hierdie brief geskryf? Waar? En wanneer?
  4. Wat se style het Paulus in sy brief gebruik?
  5. Wat is die hoofpunte van hierdie brief?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 11:12 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.2.109)