Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 031 (The Resurrected Christ Fulfills his Righteousness)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
C - REGVERDIGMAKING BETEKEN ‘N NUWE VERHOUDING MET GOD EN MENS (Romeine 5:1-21)

2. Die opgestane Christus vervul sy geregtigheid in ons (Romeine 5:6-11)


ROMEINE 5:6-8
6 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. 7 Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe 8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Na die openbaring van God se toorn en geregtige oordeel, lei Paulus ons na opregte berou en gebrokenheid sodat ons voorbereid sal wees om regverdigmaking deur geloof te ontvang, beslag te lê op die groot hoop en in die getroue liefde van God te volhard. Hoewel ons hierdie verlossing betree het, moet ons ook ons verlede onthou sodat ons nie trots sal word nie.

Alle geestelike gawes, vrede, genade, liefde, reiniging, geloof, hoop en geduld word nie deur onsself voortgebring nie, ook nie deur ons menslike kragte nie. Dit is die gevolg van die dood van Jesus wat sy lewe gegee het, nie net vir sy geliefde broers nie, maar vir die goddeloses soos God ons sien. Die mens is soos ‘n bom van boosheid. Ons lei tot ons eie verderf en ook die van ander. Daarom het Christus ons liefgehad en vir ons gesterf.

Vanuit hierdie nederigheid sien ons die wonderlike liefde van God. Dis selde dat ons iemand vind wat bereid is om sy eie gemak, tyd, rykdom of sy lewe op te offer om die welsyn van sy siek medemens te bevorder. Miskien sal iemand sy lewe gee vir sy tuisland of sy kinders, of ‘n moeder sal opofferings maak vir haar kinders, maar niemand sal bereid wees om sy lewe vir misdadigers en vyande te gee nie, behalwe God.

Hierdie beginsel is die klimaks van ons geloof. Terwyl ons ongehoorsame vyande van God was, het die Heilige Een ons liefgehad. Hy het in sy Seun met sondaars geassosieer en as versoening vir die sonde van moordenaars gesterf. Groter liefde het niemand as dit nie, om jou lewe af te lê vir jou vriende. Hieruit sien ons dat Christus sy vyande, “sy vriende” noem, want hy het almal lief, selfs tot die dood.

Die liefde van God vir ons is so groot dat hy ons sonde aan die kruis vergewe het nog voor ons gesondig het, self voor ons gebore was. Daarom hoef ons geen pogings aan te wend om onsself te regverdig nie, maar hoef ons slegs God se genade te aanvaar en te glo dat ons geregverdig gemaak is en dan sal die krag van Jesus se verlossing in ons gestalte kry.

ROMEINE 5:9-11
9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. 10 Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is. 11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.

Juig nou met blydskap! Ons is regverdig gemaak voor God weens ons geloofsverbintenis met Christus. Die duiwel het geen reg om aanklagtes teen ons te bring nie. Die bloed van Christus reinig ons in liggaam en siel. Hierdie nuwe toestand sal vir ewig duur, want die voorspraak van Jesus sal ons red van die toorn van God op die oordeelsdag.

Paulus verdiep ons in die waarheid van verlossing met die volgende betekenisse:

Eerste: Ons was met God versoen op ‘n tyd toe ons in vyandskap met hom geleef het. Hierdie versoening was sonder ons instemming en sonder die betaling van die kostes. Ons was nie in staat en ook nie waardig om hierdie versoening te begin nie, dit was bloot ‘n gawe van genade. Hierdie versoening was slegs moontlik gemaak deur die Seun van God wat mens geword het en vir ons gesterf het.

Tweede: As die dood van Jesus sulke veranderende gevolge veroorsaak het, hoeveel te meer sal die lewe van Christus ons redding bewerkstellig. Noudat ons doelbewus en beslis met God versoen is, wil ons sy wil doen met ons hele hart sodat sy krag in ons mag werk. Die ewige lewe wat niks anders is as die lewe van Christus nie, het dus tot ons gekom deur ons geloof in die Lam van God, die Heilige Gees en die essensie van God se liefde. Hierdie verse bewerkstellig vrede, vreugde, kalmte en lof in ons harte. Die Here se Gees is die waarborg van ons heerlike toekoms, want almal wat in sy liefde bly, bly in God en God in hom.

Derde: Paulus het dus die moed gehad om tot sulke hoogtes van glorie te klim, asof om te sê, “Ons verbly ons in God”, wat beteken dat die Heilige Een self in ons woon en ons bly in hom, want ons is nie net met hom versoen nie, maar die Heilige Gees, God self, het ons liggame as tempels vir hom gemaak. Is jy verheug oor die teenwoordigheid van God in jou? Word ‘n gebroke mens, beskou jouself as niks, aanbid jou Here en sien die wonderlike hoogtes waartoe die dood van Christus jou verhef het.

GEBED: Ons kniel voor die krag van liefde wat in die gekruisigde Jesus verkondig word en ons gee ons liggame en verdorwe gedagte oor aan die motiewe van Goddelike liefde. Ons wil nie aan onsself dink nie, maar in die see van Goddelike liefde wegsink.

VRAAG:

  1. Hoe het die liefde van God verskyn?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:37 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)