Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 030 (Peace, Hope, and Love Dwell in the Believer)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
C - REGVERDIGMAKING BETEKEN ‘N NUWE VERHOUDING MET GOD EN MENS (Romeine 5:1-21)

1. Vrede, hoop en liefde woon in die gelowige (Romeine 5:1-5)


ROMEINE 5:1-2
1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; 2 deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.

Die natuurlike mens lewe in twis met God. Alle mense oortree teen die Heilige Een omdat ons sonde as oortreding beskou word. Daarom word die oordeel van God teen al die goddeloosheid en ongeregtigheid van mense geopenbaar.

Nou dat Christus aan die kruis gesterf het en mense tot hul Here versoen het, het ons die tyd van vrede betree omdat die Seun die sonde weggeneem het wat ons van God skei en sy reddende genade het aan alle mense verskyn. Hoe wonderlik is die seëninge, verligting en vrede in diegene wat in God glo deur Christus die Redder! Daar is geen vrede vir hulle wat boosheid doen nie en geen rus vir die siel nie, behalwe deur geloof in die Gekruisigde Een.

Christus het ons gereinig en geheilig sodat elke gelowige in die nuwe verbond die groot voorreg kon aanvaar wat in die ou verbond slegs aan die hoë priester toegestaan is. Hy het die allerheiligste een keer ‘n jaar binnegegaan om boetedoening te doen vir die kinders van Israel vir hulle sonde. Op die oomblik van Christus se dood is die sluier voor die allerheiligste egter in twee geskeur en daarom het ons die reg om in die teenwoordigheid van die Heilige Een te staan. Hy nooi almal om in vertroue na hom te kom en te sien dat hy nie vreeswekkend is nie, ook nie ‘n vernietiger is nie, nie ver van ons is, maar dat hy die Vader en Redder is wat vol liefde en genade is. Hy verwag ons gebede, antwoord ons versoeke en gebruik ons om die evangelie van sy Seun te verkondig sodat die seën van die offer van die kruis na almal gebring mag word wat rus vir hul siele soek.

Nadat Christus uit die dood opgestaan het, het hy sy dissipels baie keer gegroet en gesê, “Vrede vir julle,” wat twee dinge beteken:

  1. God het al jou sondes vergewe ter wille van die lyding van Jesus.
  2. Staan op en gaan uit om die evangelie te verkondig want Jesus beveel jou: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle ook”. Hy wat in Jesus glo is met vrede toebedeel, nie net vir sy eie onthalwe nie, maar ook om vredemakers te wees wat deur Christus salig gemaak is en kinders van God genoem word.

Bykomend tot die vrede in die gemoed wat deur regverdigmaking kom, ons toegang voor die troon van die Heilige Een en ons opdrag om die genade te verkondig, het Paulus ook aan ons bevestig dat ons ‘n hoop het wat alle verstand te bowe gaan: God het ons na sy beeld geskape, maar weens sonde het ons die heerlikheid verloor wat aan ons gegee is. Noudat hoop in ons harte woon deur die Heilige Gees, het God dieselfde heerlikheid aan ons terugbesorg wat van sy Seun af kom. Is jy trots op die heerlikheid van God? Maak jy die hoop van God jou eie? Ons toekoms is nie maar net ‘n gedagte, veronderstelling, of ‘n wens nie, maar dis gerealiseer deur die krag van die Heilige Gees in ons wat die waarborg is van die heerlikheid wat in ons geopenbaar sal word.

ROMEINE 5:3-5
3 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, 4 en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; 5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Ons lewe nie in die hemel nie, maar op aarde. Soos Jesus allerlei lyding en vervolging verduur het, so sal ons ook met groeiende geloof en geestelike vrug, allerlei aanvalle van mense, siektes en duiwelse aanklagtes beleef. Paulus het egter nie oor hierdie waarhede geskryf met trane en gekerm nie, maar het gesê: ons verheug ons in beproewings, want dit is aanduidings dat ons Christus volg. Soos ons hom in beproewing volg, sal ons hom ook in heerlikheid volg. Doen daarom alles sonder murmurering, want die Here leef en niks kan sonder sy toestemming gebeur nie.

Om aardse laste te dra lei ons tot die verloëning van ons selfsug, die afsterwe van ons sensitiwiteit, die reiniging van ons motiewe en die onderskikking van ons wil aan die leiding van Jesus. Geduld groei in ons en ons reik in hoop uit na Jesus en sy inwerking. In die skool van lyding leer ons hoe om weg te draai van ons onvermoë en maak ons seker, soos Abraham, dat God oorwinning behaal ten spyte van ons mislukkings.

In hierdie geestelike stryd het ons die voorreg om uit Abraham se ervarings voordeel te trek, want in die tyd van genade is die liefde van God in die middel van ons lewens uitgestort, in ons harte deur die Heilige Gees, die ware God wat aan ons gegee is. Vers 5 van hoofstuk 5 is so wonderlik en mooi dat ons dit beswaarlik kan uitspreek. Memoriseer hierdie vers, ‘n skat in die Bybel. Geen menslike liefde of genade is in ons harte uitgestort nie, maar die ewige, onbesoedelde en magtige liefde van God, die God wat liefde is. Dit was nie in ons harte te vinde nie, maar is daarin uitgestort, nie weens iets goeds in ons nie, maar omdat die bloed van Christus ons gereinig het. Dit is waarom die Heilige Gees in ons kon woon en ons sterflike liggame in ‘n tempel van God kon verander. Hierdie hemelse element is die essensie en heilige krag van God wat Christus aan almal gee wat in hom glo. Almal wat die gees van God se liefde ontvang, ervaar die tweede geboorte, herskepping en ‘n besef van die ewige lewe in hulle. Hierdie inwoning van die God se Gees gebeur nie net om ons eie vrede te bewerkstellig nie, maar ook om ons geduld te versterk sodat ons diegene wat moeilik is om tevrede te stel, blymoedig kan verdra, dat ons ons vyande kan liefhê en dat ons nie sal misluk om oplossings vir die probleme van die lewe te vind nie. Christus het ons nie as weeskinders gelaat nie, maar ons sy krag gegee, sy liefde en die waarborg van die heerlikheid wat alles op een slag geopenbaar sal word.

GEBED: Ons aanbid u, o Vader, Seun en Heilige Gees, want u het ons nie verwerp nie, ons as nietige en armsalige kreature, maar u het u heilige liefde in ons nietige liggame uitgestort sodat ons u mag liefhê in die krag van u Gees, mag glo sodat ons lewens ‘n voorbeeld mag word van u groot genade. Ons dank u, loof u en juig oor u teenwoordigheid in ons harte. Help ons om op te tree volgens u liefde.

VRAAG:

  1. Hoe word die vrede van God in ons lewens bewerkstellig?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:35 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)