Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 014 (The Wrath of God against the Nations)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)

1. Die toorn van God is teen die nasies geopenbaar (Romeine 1:18-32)


ROMEINE 1:29-32
29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; 30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; 31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, 32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Paulus plaas ‘n lys van sondes voor ons neer as ‘n verduideliking van die Tien Gebooie. Dit is nie dat ons oor die terme op ‘n positiewe manier sal filosofeer of onsself aan ander sal meet en hulle sodoende veroordeel nie, maar dat ons onsself sal herken en al die moontlikhede van sonde in ons kan sien. Hy wat sonder die Skepper leef is vol verkeerde dade en onregverdigheid, want die gees van die bose een produseer verskeie vrugte in diegene wat leeg is aan die Heilige Gees. Die mens leef of in Christus of in die bose een; daar is geen neutrale sone nie.

Die Here Jesus en sy apostel Paulus klassifiseer egbreek as die eerste sonde. Egbreek ontbind die band van liefde, vernietig vertroue in die getrouheid van die ander persoon en maak die deur wawyd oop na ateïsme en ongeloof. Sondige begeerte oorheers almal wat hulleself nie in die krag van God verloën nie; die meeste mense is egbrekers in woord, daad of gedagte. Hulle is onrein en korrup. Ken jy jouself? Jou gewete praat duidelik met jou. So, moenie jou verlede ontken nie, maar bely wat jy gedoen het!

Het jy geweet dat die mens, sonder God, nie geregtig is nie, maar boos? Waarom praat opvoeders van mensheid, opvoeding en sosiale diens as mensheid opsigself boos en korrup is? Ons het nie reformasie of kultivering nodig nie, maar ‘n nuwe skepping en ‘n hernuwing van harte en gedagtes.

Hy wat God nie ken nie, het geld lief en bou sy lewe op hierdie verganklike god. Sy liefde vir geld groei soos sy rykdom groei. Dit lei hom weg van die hoop van die Christen, na trots en vertoon, na die oorheersing van die bose en wrokkige passies.

Almal wat deur verdorwe gedagtes beheer word, is gevul met kwaadwilligheid, kullery, wraak, skynheiligheid, leuens, bedrog en onderduimsheid. ‘n Kwaadwillige mens beplan boosheid teen sy vyande en sy naaste. Hy gee voor om vir hulle om te gee, maar sy hart is slangnes.

Gewoonlik is die motiewe van ‘n kwaadwillige mens jaloesie en afguns op ander. Hy verbly hom nie in die seën van ander nie, want hy wil meer voorspoedig en suksesvol as hulle wees. Hy wil ryker, mooier, slimmer en meer respek verdien as ander. Suinigheid en afguns is die oorsprong van die meeste bose dade. Advertensies speel na die afguns en begeerlike neigings van mense om produkte te bemark.

Sulke destruktiewe passies lei die gedagtes nie net weg van wat goed is nie, maar dit maak ook die deur oop na moord, haat en laster. Hou in gedagte dat Jesus ons geleer het dat om selfs net daaraan te dink om ander te verwerp, te verag of te haat, is net soveel ‘n sonde as wat moord is, want ons intensie is om ander te vernietig. Ons is moordenaars in die oë van God.

Hierdie vernietigende gees verskyn vinnig in ons woorde en dade wanneer ons verdelings maak en partye stig in ons samelewing en families, terwyl die Heilige Gees ons aanmoedig tot vrede en bemiddeling tussen partye in twis, sodat ons vredemakers sal wees. Is jy ‘n rede vir wanorde en verdeling onder ongehoorsame mense? Stook jy die vure? Of bring jy vergifnis en versoening, en verkies jy om ‘n einde te bring aan vyandskap, selfs tot koste aan jouself?

Misleiding is ‘n eienskap van die duiwel en iets wat ons nie by die Here kry nie. Wie sy planne met lis uitvoer en eenvoudige mense met vriendelike woorde verlok, is ‘n kind van die bose een. Die vrug van die Heilige Gees is waarheid, eerlikheid en opregtheid. Leuens en ander misleiding is boos.

Ander vrug uit die hel is om ons naaste te beskinder en te belaster om onsself in ‘n beter lig te stel. Ons tonge is vol gif en ons voete is vinnig om ander in die verderf te lei. Ons is bereid om ons naaste familie te ontken om onsself te red en onsself op ‘n troon te plaas.

Almal wat hierdie sondes pleeg, doelbewus of in nalatigheid, haat God, want wie die Here lief het, het mense ook lief. As ons egter onbeleefd is teenoor mense, hulle verag en veroordeel, dan haat ons God. God is liefde en wie in liefde bly, bly in God. Dan vergewe en seën ons ander en het ook die ongeliefdes lief, in harmonie met die bron van liefde.

Soos die duiwel se trots in die diepste van sy wese lê, so is ook al die goddeloses. In hulle harte ken hulle al hulle sondes, kwaadwilligheid en gebreke, en omdat hulle dit weet, probeer hulle hul verdorwe siele wegsteek. Hulle word arrogant en oordrewe, hulle pronk en spog soos ‘n pou en dink dat hulle hulself verheerlik, maar inderwaarheid is hulle bloot belaglik. Hulle is wreed teenoor die armes en buit mense uit wat op hul genade aangewese is. Hulle dien hul eie begeertes en is gevul met kwaadwilligheid en lis. Hulle lyk goed, begaafd en belangrik, maar wanneer hulle alleen is, dan hoor hulle God se veroordeling met een woord: “verworpeling”.

In hul misbruik van ander se swakhede en die gebruik van geveinsde vriendelikheid, vermeerder hulle skuld en hul bose gees verskyn in hul gesinne in die vorm van ongehoorsaamheid. Hulle beskou nie hul ouers as hul bewaarders volgens die wet van God nie, maar maak aanspraak op geld, onafhanklikheid en regte, sonder om bereid te wees vir diens, opoffering, liefde en werk. Sodoende trap hulle op die liefde wat aan hulle gegee is en verag hulle die onkunde van hul ongeskoolde ouers. Hulle weet nie dat sonde die hoogste dwaasheid is nie en dat ontsag vir God die hoogste wysheid is. Almal wat nie aan die Gees van God onderdanig is nie, verstaan niks behoorlik nie, maar sien dinge verkeerd. Hulle is sonder standaard vir hulself en vir die ganse samelewing.

In hierdie kondisie is daar geen vermoë om getrou te wees in hulself nie en hulle word dus onbetroubaar. Almal wat nie toegewy is aan God nie, kan ook nie met mense saamwerk nie. Die getrouheid van God maak ‘n mens getrou, maar iemand wat sonder die Here leef is verlore, dwalend en arm.

Ons God is liefde, genadig en het medelye. Wee aan hulle wat die bron van alle goed verlaat, want hul harte word hard soos klip. Hulle het hulself lief en haat ander. Kyk na jouself! Het jy jou vyande lief? Het jy medelye met die armes? Jesus was besorg oor sy verstrooide mense en het vir hul sonde gely. Veroordeel jy jou mense of het jy hulle lief? Het jy genade en liefde, het die Gees van God jou vernuwe sodat jy voor hom mag staan as ‘n priester om die sondaars te verteenwoordig?

Ons sonde is meer as die sand op die strande. Ken God en ken dan jouself. Wie hom van die eienskappe van sy Goddelike bron distansieer, verdien die dood en veroordeling. Alle mense is sondig sedert hul kinderdae. Jy moet elke dag aan jou sonde en oortredings sterf. Die heiligheid van God vereis jou vernietiging; jy het geen reg om te bly leef nie. Die regte van die mens is ‘n leuen. Ons het slegs die reg om aan ons sonde te sterf. Jy is soos iemand wat ter dood veroordeel is, nie deur mense nie, maar deur God. Wanneer gaan jy dus van gedagte verander en heeltemal en opreg berou toon?

As jy nie heeltemal berou het nie, dan sal jou sonde ‘n punt bereik waar jy ook ‘n bevrediging gaan begin ervaar in die sondige dade van ander. Jy sondig dan nie net met graagte nie, maar vind ook vreugde in ander wat sonde pleeg; jy moedig hulle daarin aan en verlei hulle weg van onskuld, besmet deur hul eie sonde. Dit dui op die gevaarlike verergering van oortredings. Is dit nie genoeg dat jyself boos is nie? Is dit nodig dat jy jou samelewing ook verderf? Kyk na jouself! Is jy tevrede met jou sonde? Is jy tevrede met die hardvogtigheid van ander? Stort jy nie trane in opregte berou vir jouself en jou mense nie? Het die Gees van God jou na ware berou gebring of is jy steeds hoogmoedig?

GEBED: God wees my ‘n sondaar genadig. U weet dat elke deeltjie van my sondig is en dat ek ‘n bron van bose gedagtes is. Ek is verganklik onder u toorn en u oordeel is geregtig. Wees geduldig met my en moet my nie vernietig volgens u regverdigheid nie. Verander my saam met al my vriende en kennisse dat ons die hel ontsien mag word. Gee ons die kennis van sonde en die verandering van hart wat u in ons begin het as nuwe skepsels. Wees my genadig, O God, volgens u liefde en neem u Heilige Gees nie van my af weg nie.

VRAAG:

  1. Wat is die vyf sondes in die lys van sondes wat jy beskou as die mees algemene sondes van ons wêreld vandag?

Die Toorn van God
word geopenbaar vanuit die hemel
teen alle ongoddelikheid en ongeregtigheid van die mens.

(Romeine 1:18)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 12:05 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)