Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 012 (The Wrath of God against the Nations)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
A - DIE HELE WÊRELD IS ONDER DIE INVLOED VAN DIE BOSE EEN EN GOD SAL ALMAL IN GEREGTIGHEID OORDEEL (Romeine 1:18 - 3:20)

1. Die toorn van God is teen die nasies geopenbaar (Romeine 1:18-32)


ROMEINE 1:24-25
24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer 25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

Vers 24 wys ons die eerste vlak van die openbaring van God se toorn. Die heilige Regter verlaat almal wat hom ken, maar hom nie eer nie, sodat hulle aan die begeertes van hul harte oorgegee word. Hulle word geestelik blind weens hul ongehoorsaamheid. Hulle sien nie meer vir God as die middelpunt van die heelal nie, maar alles draai om hulleself; egoïsme begin in almal wat God nie liefhet nie. Sodoende verander die rigting van hul lewens en word beheers deur die gees van die self, eerder as God. Hulle leef slegs vir sinlike plesier en luste, verloën verantwoordelikheid teenoor God en ontken sy bestaan.

Waar die wil van die mens deur sy begeertes gevange geneem is, daar verskyn sonde nie net in teorie nie, maar ook in praktyk. Amper alle sonde word buite die liggaam gepleeg nadat dit besoedel is. Jou gewete rebelleer egter teen alle vorme van onreinheid, want deur sonde te doen word die beeld van God in ons verontreinig. Jou liggaam is gemaak as tempel van die Heilige Gees en enige sonde teen jou liggaam is ‘n skending van die tempel van die Heilige Gees.

Daar is stappe na onreinheid. Wanneer die mens wegdraai van God, dan val hy van normaliteit na abnormaliteit en beskou wat verkeerd is as reg, want om die waarheid van God te verdraai is die inleiding tot gewetenlose sonde. ‘n Afwykende persoon is ongeërg, lei ander in die verderf en is ‘n slaaf van sy eie begeertes. Hoe diep is die see van versoeking, van die verderf van liggaam en siel, en van die vervloeking wat kom uit ‘n lewe sonder die Gees van God! Sonde vertoon soet en aangenaam aan die begin, maar wanneer ons dit beoefen, dan voel ons afsku daarteen en word ons beskaamd oor onsself. Op dieselfde manier sal baie mense van verleentheid en skaamte bloos wanneer hul oortredings op die dag van oordeel bekend gemaak word.

Die essensie van sonde is nie perversie nie, maar verkeerde aanbidding. Om weg te draai van God bederf die innerlike houding van die mens, want sodra hy wegdraai van God leef hy sonder rigting. Wie God nie erken nie word gedwing om afgode vir homself te maak, want hy kan nie sonder rigting leef nie. Alle afgode is egter vals, verganklik en mensgemaak. As die mens maar net kon onderskei tussen lewe en ewigheid! Dan sou hy nie verslaaf gewees het aan geld, geeste, boeke en mense nie.

Daar is Een wat ons waardering en eerbied verdien. Hy is die Almagtige sonder wie niks gebeur nie; die Alwetende en Wyse wat genade bewys aan sy skepsels. Laat sy lof altyd op ons lippe wees, want hy is verhewe en onfeilbaar en daar is geen ongeregtigheid in hom nie. Sy liefde is nuut elke more. Sy getrouheid is groot. Hy sterf of verander nooit, maar bewaar ons deur sy onoorkombare geduld. As die mens maar net na hul Skepper sal terugkeer, dan sal hulle ‘n fondasie vir hul lewens vind, ‘n maatstaf vir hul waarde en ‘n doel vir hulle hoop!

Paulus het sy stelling dat die Skepper vir ewig geseënd is beseël met die woord “Amen,” asof sy toespraak ‘n gebed en getuienis was. Die woord “Amen” beteken “Laat dit so wees”. God is werklik onvergelykbaar. Mag die Here sy Goddelikheid die hoofdoel in ons gedagtes, planne en optrede maak, sodat ons lewe en denke gesond mag wees. Die wêreld sonder God is ‘n voorlopige hel, want hulle wat aan die begeertes van hul harte oorgegee is, verderf hulself met hul skandelike onreinheid.

GEBED: Ons aanbid u, O heilige God, want u is ewig, rein en regverdig. Ons het u lief en vra dat u ons harte na u sal bring sodat ons vir u mag leef, u sal eer en u ten alle tye sal dank. Vergewe ons dat ons van u wegdraai en reinig ons van ons onreinheid. Bevry ons van ons eie afgode sodat ons niks anders in hierdie wêreld mag liefhê as u nie.

VRAAG:

  1. Wat is de gevolge van onvanpaste aanbidding van God?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 04, 2013, at 11:59 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)