Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 006 (Paul’s Desire to Visit Rome)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Hebrew -- Hindi -- Indonesian -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Spanish -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
Die aanhef: Groet, dank aan God, en beklemtoning van “God se geregtigheid” as die leuse van sy brief (Romeine 1:1-17)

b) Paulus se langdurige begeerte om Rome te besoek (Romeine 1:8-15)


ROMEINE 1:8-12
8 In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld. 9 Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink 10 en altyd in my gebede smeek of ek tog nou eindelik 'n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom; 11 want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; 12 dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.

Paulus het baie van die kerk in Rome gehoor en van die lede tydens sy sendingsreise ontmoet en gevind dat hul geloof eg, lewend en volwasse was. Hy het God heelhartig gedank vir hierdie wonderwerk, want elke Christen is ‘n wonderwerk van die versoening in Christus wie se natuur ons dankbaarheid vereis. Waar ‘n groep mense God en die Seun in die Heilige Gees dien, daar moet ons die Vader dag en nag aanbid, hom loof en in hom juig.

Paulus het God “my God” genoem, asof hy sy eie was. Hy het geweet dat sy siel aan hom verbind was in ‘n nuwe verbond en het hom opreg liefgehad. Ten spyte van hierdie hegte verhouding het hy egter nie tot die verhewe God, in sy eie naam gebid nie, maar slegs in die naam van Christus. Hy het geweet dat alle aanroeping, selfs ons dankbetuiging, nie verdien om aan die glorie van God voorgelê te word nie. Alles wat uit ons harte vloei het reiniging nodig deur die krag van die bloed van Jesus Christus. Slegs deur sy reiniging kan ons tot God bid wat ons sy Gees gee sodat ons sy vaderlike naam mag heilig en hom met blydskap kan aanbid. Al sy dienaars is geheilig en behoort aan hom as diensknegte van sy liefde.

Die inhoud van hul diens is die Evangelie. Ons merk op dat Paulus, in die eerste vers van sy brief, die evangelie as “die evangelie van God” noem, terwyl ons in vers 9 lees “die evangelie van sy Seun”. Met hierdie term bedoel hy dat die Goddelike en goeie nuus van redding afhanklik is van die natuur van die Seun van God. Al Paulus se ambisie draai om die seunskap van Christus en die vaderskap van God. Wie die evangelie aktiewelik ontken en dit doelbewus weier, is vervloek.

Paulus het in nabye gemeenskap met die Vader, die Seun en die Heilige Gees geleef. Hy het hom op die eenheid van die Drie-eenheid beroep om te getuig dat hy altyd aan die kerk van Rome gedink het en vir haar gebid het. Die apostel van die nasies het nie die kerke vergeet nie, ten spyte van verskeie verpligtinge, en hy het ook getrou vir individue gebid. Daar is geen getroue herder of priester wat met die krag van die Heilige Gees toegerus is, sonder volhardende gebed nie. Waar iemand krag openbaar sal die rede daarvoor in liefde, gebed en ‘n begeerte vir God en mense gevind word.

Paulus het sy plan om Rome te besoek vir jare gekoester, spesifiek in die periode wat hy “nou” noem, d.i. tydens sy diens in Anatoli, Masedonië en Griekeland. Hy het gesien dat dit tyd was om die Italiaanse stewel te dra.

Hy het egter nie besluit om sy reis volgens sy eie begeertes en planne te onderneem nie. Hy het voortdurende sorg getref om hom aan die wil van God te onderwerp, daarvan bewus dat om nie so te doen nie, tot mislukking, ellende en moeilikheid kan lei. Paulus was nie gevange aan sy eie begeertes nie, maar het alles gereël onder die volkome leiding van sy hemelse Vader.

Hierdie onderdanigheid het egter nie gestop by sy opregte begeerte om die kerk in Rome te besoek waar hy nog nooit was nie. Hy was bewus dat hy met die Heilige Gees vervul was. Hy was soos ‘n vulkaan wat met die krag in alle rigtings uitgebars het. Daarom wou hy die Romeinse kerk ‘n vennoot maak in die gesag wat aan hom deur Christus gegee is, sodat die kerk opgewek mag word, voorbereid vir diens en in liefde, geloof en ware hoop gevestig. Dit is die plan van die bediening en die hoofdoel van die Handelinge van die Apostels: dat die gelowiges gevestig en versterk mag word.

Paulus wou Rome nie betree as die groot donateur nie, maar hy het homself verneder en geskryf dat hy nie net gekom het om te gee nie, maar ook om te neem deur wat hy hoor en sien. Sodoende het hy ervaar wat God sonder hom direk vir die gelowiges van die hoofstad gedoen het, sodat hulle getroos sou wees saam met al die apostels deur die getuienis van die Goddelike Trooster in die heiliges van Rome.

Paulus was ook vooraf getuie dat hy nie met ‘n nuwe geloof gekom het nie, maar dat dieselfde geloof, kennis en krag in alle ware Christene werk wat lede van die geestelike liggaam van Christus is. Almal wat aanvoer dat daar meer as een kerk is, is ‘n leuenaar, want die Heilige Gees is een, Christus is een en die Vader is een. Waar getroue gelowiges ook al ontmoet, hulle is kinders van een Vader, selfs al het hulle mekaar nie voorheen geken nie. Hulle blydskap is groot en hulle ontmoet in ooreenstemming, gebore uit dieselfde Gees, behorende aan dieselfde familie en verenig in dieselfde beginsels en belangstellings.

GEBED: Ons aanbid u, O Vader, omdat u u kerk van oor die hele wêreld bymekaar bring en dit vestig en vul met u eienskappe. Leer ons om te bid vir medegelowiges oral. Dankie vir al u getroue kinders, want elkeen wat uit die Heilige Gees gebore is, is ‘n wonderwerk. Maak oop ons oë sodat ons mag lief hê en mekaar verstaan met blydskap in u teenwoordigheid. Gee ons wysheid en vergifnis sodat ons gemeenskap mag groei en ons in u waarheid sal bly, dat ons nie sal weggaan van gemeenskap met u en met die Seun en die Heilige Gees nie.

VRAAG:

  1. Hoekom het Paulus God ten alle tye gedank?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 05, 2013, at 08:26 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.2.109)