Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 062 (The Apostle’s Worship)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
5. Die hoop van die kinders van Jakob (Romeine 11:1-36)

e) Die apostel se aanbidding (Romeine 11:33-36)


ROMEINE 11:33-36
33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? 36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Paulus was angstig vir die situasie van die Jode, maar terselfdertyd gevul met dankbaarheid en lof vir die vroeë gelowiges van die Jode in Jerusalem. Hy het die Heilige Een verheerlik vir die toenemende getal gelowiges van ander nasies en sy gevoelens van angstigheid het bedaar weens die oorvloedige liefde van God. Hy het sy genade bely, maar nie sy straf ontken nie. Paulus het die liefde van die Almagtige erken, sy weë wat misverstaan is, geglo en uiteindelik getuig: “God is ver bo ons verstand. Ons vertrou hom en plaas ons gedagtes onder sy wil en openbaring” (Jesaja 40:13; 45:15; 55:8-9; Romeine 11:33).

Geseënd is hy wat die Here getrou aanbid, hom loof en dank omdat hy die Heilige Een in sy liefde herken. Die Gees van die waarheid lei hom tot die dieptes van Goddelikheid en na die besef van die rykdom van sy gees in sy praktiese gawes. In die tweede deel van sy brief bereik Paulus die doel en uiteinde van sy onderwerp. Hy bely die verharding van die mense van Jakob en erken die rede daaragter was hul ongeloof en hulle weerstand teen die wil van God; Paulus ontken nie hierdie waarheid nie.

Terselfdertyd bemoedig hy die gelowiges van Joodse oorsprong en sommiges in Rome, dat God hulle weer sal aanvaar weens sy onbeperkte genade. Die Here het egter die Jode deur die nuwe gelowiges van die Heidene jaloers gemaak, hulle sy liefde gewys, nederigheid, reinheid en hul diens in Anatoli, en hulle na praktiese diens gelei met samewerking en getrouheid.

Die historiese feite het egter in opposisie ontwikkel tot wat Paulus voor gehoop het. Paulus self was die eerste slagoffer van die nyd van die Jode. Hy is in Rome onthoof as die resultaat van hulle valse aansprake.

Paulus het hierdie verharding teen homself en die evangelie ervaar en die geestelike waarheid teenoor die Jode herhaal, soos die profeet Jesaja dit gestel het. Hy het geskryf: "Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister. En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan.” (Handelinge 28:26-29).

Paulus het vir baie jare in die Romeinse tronke gebly weens die oordeel van die Joodse raad teen hom (Handelinge 23:1 -28:16). Weens hul hardkoppigheid en nydigheid moes hy na Rome reis waar die Caesar hom persoonlik gevonnis het (Handelinge 27:1 - 28:16). Sy gevangeneskap was egter nie moeilik nie, want die Romeine het hom toegelaat om die evangelie aan almal wat na hom wou luister te verkondig.

‘n Paar van die Jode in Rome het geglo, die meerderheid van die ouderlinge en rabbi’s het egter nie sy leer aanvaar nie, maar die Christendom as ‘n Joodse sekte beskou (Handelinge 28:22). Hulle het ‘n groot invloed op die regters gehad, selfs nadat Paulus onthoof is.

Die nydigheid van die Jode teen die apostel van die Heidene het ‘n einde bereik, maar die briewe van Paulus het sonder teenstand versprei. Selfs vandag kom groot getalle Jode en Heidene daardeur tot geloof in Christus. Dis duidelik dat Paulus wat in Christus leef, tot aan die einde van die wêreld, triomfantlik in Christus wandel.

GEBED: O hemelse Vader, ons aanbid u saam met Paulus. Ons verheerlik u vir u liefde en toorn, loof u vir u genade en oordeel; en juig in u wyse weë en getroue genade. Ons dank u spesifiek omdat u ons in Christus gebring het sodat ons u geliefde kinders kan wees.

VRAE:

  1. Wat word bedoel met die rykdom en wysheid en kennis van God?
  2. Hoe bly God geregtig as hy sy gekose mense verhard en op die einde die heilige oorblyfsel aanvaar en hulle almal as die kinders van Jakob beskou?

VRAE - 3

Geagte leser,
Nadat jy ons kommentaar op die Brief van Paulus aan die Romeine gelees het, kan jy nou die volgende vrae antwoord. As jy 90% van die vrae hieronder beantwoord, dan sal ons jou die volgende deel van hierdie reeks stuur vir jou geestelike opbou. Moenie vergeet om jou volle naam en adres duidelik by die antwoorde in te sluit nie.

  1. Wat was die rede vir Paulus se groot droefheid?
  2. Wat was Paulus bereid om op te offer vir die verlossing van sy mense?
  3. Hoeveel voorregte het Paulus vir die mense van die ou verbond genoem? Watter een lyk vir jou die belangrikste?
  4. Hoekom was die genade van God nie by magte om die meeste van die verkose mense wat van een veroordeling na die volgende geval het, te red nie?
  5. Wat is die betekenis van verkiesing van Isak se nageslag en van Jakob se kinders?
  6. Wat is die geheim van God se verkiesing?
  7. Hoekom is geen mens waardig om deur God gekies te word nie? Wat is die rede vir ons verkiesing?
  8. Hoekom het God vir Farao verhard? Hoe verskyn die verharding van individue of groepe mense?
  9. Wie is die voorwerpe van God se toorn en wat is die rede vir hul ongehoorsaamheid?
  10. Wat is die doel van die voorwerpe van God se genade en wat is hul beginpunt?
  11. Hoekom het miljoene gelowiges vanuit verskillende mensegroepe die geregtigheid van God verkry en daarin gevestig geraak?
  12. Hoekom probeer godsdienstige mense van ander gelowe om hul wette te gehoorsaam om sodoende die geregtigheid van God te bekom?
  13. Wat is die betekenis van Paulus se leuse: Christus is die einde van die wet?
  14. Waarom sien Jode uit na die koms van hul Messias?
  15. Wat is die verhouding tussen geloof en getuienis?
  16. Hoe maak geloof en getuienis geleidelike en praktiese vordering volgens die apostel Paulus?
  17. Hoe kan elke mens vandag, as hy wil, die evangelie hoor, verstaan en aanvaar?
  18. Hoekom het God hernude individue uit al die nasie sy gekose mense gemaak?
  19. Wat is die betekenis van die woorde van God aan Elia wat sewe duisend in Israel bewaar het, almal wat nie voor Baal neergebuig het nie?
  20. Wat is die betekenis van die woorde van Paulus dat hy en alle volgelinge van Christus uit die Jode, aan die heilige oorblyfsel van die gekose mense van God behoort?
  21. Wat beteken die verharding van die Jode vir die onrein Heidene?
  22. Hoe kan Christene ongelowiges tot die regte geloof aanmoedig?
  23. Wat beteken dit om by die geestelike liggaam van Christus ingeënt te word?
  24. Wie sal in gevaar wees as hierdie inenting beskadig sou word?
  25. Waarom misluk die beloftes van God nooit, maar duur vir ewig?
  26. Wie is almal die geestelike Israel?
  27. Wat word bedoel met die rykdom en wysheid en kennis van God?
  28. Hoe bly God geregtig as hy sy gekose mense verhard en op die einde die heilige oorblyfsel aanvaar en hulle almal as die kinders van Jakob beskou?

As jy al die studies in hierdie reeks oor Romeine voltooi en vir ons jou antwoorde op die vrae aan die einde van elke studie stuur, dan sal ons vir jou 'n

Sertifikaat van Gevorderde Studies
in die verstaan van die Brief van Paulus aan die Romeine

stuur as aanmoediging vir jou verdere diens vir Christus.

Ons moedig jou aan om die ondersoek na die Brief van Paulus aan die Romeine voort te sit sodat jy ewige skatte mag ontvang. Ons wag op jou antwoorde en bid vir jou. Ons adres is:

Waters of Life
P.O.Box 600 513
70305 Stuttgart
Germany

Internet: www.waters-of-life.net
Internet: www.waters-of-life.org
e-mail: info@waters-of-life.net

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:46 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)