Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 077 (Paul’s Expectations in his Journeys)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Hebrew -- Hindi -- Indonesian -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Spanish? -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
BYLAAG TOT DEEL 3 - SPESIALE VERSLAE OOR PAULUS SE KARAKTER AAN DIE LEIERS VAN DIE KERK IN ROME (Romeine 15:14 – 16:27)

3. Paulus se verwagtinge in sy reise (Romeine 15:22-33)


ROMEINE 15:22-33
22 Daarom is ek ook elke keer verhinder om na julle te kom. 23 Maar nou dat ek geen plek meer het in hierdie streke nie en al baie jare die begeerte het om na julle te kom, 24 sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers 'n tyd lank van julle geniet het. 25 Maar nou reis ek na Jerusalem in diens van die heiliges. 26 Want Macedónië en Acháje het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem. 27 Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien. 28 As ek dit volbring het en vir hulle hierdie vrug veilig oorgebring het, sal ek by julle langs na Spanje afreis. 29 En ek weet dat as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom. 30 Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God, 31 dat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Judéa en dat my diensbetoning aan Jerusalem aanneemlik mag wees vir die heiliges, 32 sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik. 33 En die God van vrede sy met julle almal! Amen.

Die mens dink en God lei. Paulus het sy gedagtes oor sy reise in sy hart gebêre, hy het sy verlange gewys en daaroor gebid. Hy het in die lande Oos en Noord van die Mediterreense areas gepreek waar hy verskeie kerke gevestig het ten spyte van geweldadige vervolgings. Hy wou egter ook in die Weste van die Romeinse staat preek en in die koue Noorde van Europa sodat die hele wêreld aan die voete van die Seun van God onderwerp sou word.

Paulus het bely dat hy verskeie kere gepoog het om die kerk in Rome te besoek om hul geloof, liefde en hoop te versterk, maar dat die probleme en moontlikhede in Klein-Asië en Griekeland sy hoop gefrustreer het asook sy planne om te reis.

Jare tevore wou hy Rome besoek om bekend te raak met die kerk wat tot stand gekom het sonder hom en om dit te versterk. Gedurende sy reis na Spanje wou hy daar vir ‘n tyd lank stop om al die verskillende kerke te besoek. Hy het verwag dat die kerk in Rome sy nuwe bedienings in Spanje moes ondersteun en om hom te vergesel met gebede, bydraes en praktiese diens sodat sy prediking in die toekoms nie sy eie voorreg sou wees nie, maar by die gelowiges in Rome sou ontstaan. Paulus het gedwonge gevoel om eerste na Jerusalem te reis om bydraes in te samel van die kerke van Griekeland vir die armes in die oorspronklike kerk wat hul eiendomme verkoop het weens hul geloof in die wederkoms van Christus en wat daarom honger gely het. Hy het die gelowiges in die nuwe kerke in Anatolië en Griekeland weens hierdie pynlike ervaring, gevra om te bid met geloof en ywer, en om daarin te volhard. Hy het hulle geleer om ook in hul besighede te volhard, sodat hul wag op Christus nie ‘n rede sou word vir onttrekking of verkleining van hul lewensonderhoud nie. Paulus het aan die kerk in Tessalonika geskryf dat as iemand nie werk nie, dan moet hy ook nie eet nie (2 Tessalonisense 3:10). Die power toestande van die gelowiges in die kerk van Jerusalem het egter finansiële hulp vereis wat vir Paulus bewys was van die geloof van die Christene vanuit die Heidene wat gereed was vir praktiese opoffering.

Die apostel het gesê dat dit nodig was vir die nuwe kerke van die Heidene om saam te werk om die gelowiges van Joodse oorsprong te help aangesien hulle ook deel gehad het aan die geestelike rykdom wat aan die gelowiges in die oorspronklike kerk in Jerusalem gegee is. Aan almal is die geestelike gawes en kennis versprei wat aan hulle geopenbaar is. Daarom het Paulus geskryf dat diegene wat weergebore is in die nuwe kerke van die Heidene, verplig was en moreel gebind was om die armes en die heiliges in Jerusalem in hul behoeftes te help. Uit die woorde van Paulus kom ons tot die gevolgtrekking dat om die behoeftiges te help, ‘n helige plig is wat oral en altyd van toepassing is.

Toe hy die finansiële hulp na Jerusalem geneem het, wou Paulus na Spanje via Rome reis om die volheid van die geestelike seën van Christus aan die gelowiges daar te bring. Hy het egter gevoel dat sy reis na Jerusalem ‘n ernstige probleem was, want hy het daar in die plaaslike kerke geleef wat die Wet van Moses onderhou het en wat gekla het dat Christus gelowiges van die Heidene maak. Die gelowiges uit die Jode wou hierdie bydraes verwerp omdat dit deur nie-Jode gestuur is. Die Skrifgeleerdes en Fariseërs het boonop openlik vyandigheid teenoor Paulus geopenbaar en wou hom doodmaak. Paulus het die gelowiges in Rome daarom gevra om aanhoudend te bid, in die naam van Christus, vir sy beskerming en om hom te ondersteun in sy geestelike stryd vir die waarheid, dat die mens regverdig gemaak word deur genade en nie deur die wet nie. Hy het die Jode wat ver van Jesus was en hom veroordeel het en hom wou doodmaak, ongelowiges genoem. Ten spyte van sy kennis van die moeilikheid wat vir hom in Jerusalem gewag het, het hy sy reis na hierdie stad voortgesit, net soos Jesus voor hom gedoen het. Dit was daar dat Jesus vir ons gesterf het en opgestaan het vir ons regverdigmaking; die swakheid van Christus wat sy oorwinning geword het.

Paulus het al sy planne en verwagtinge opgesom en gesê dat as dit God se wil is, dan sal hy na die gelowiges in Rome gaan met vreugde. Hy het sy brief afgesluit deur te bid dat die God van vrede met hulle almal sou wees, selfs al het hulle verskil oor kos, besnydenis en ander sekondêre sake.

GEBED: O hemelse Vader, dit het ons voorreg geword deur u Seun Jesus om u te dank, want die apostel Paulus was vasbeslote om die Evangelie aan alle mense te bring; hy wou die Heidene na u bring, maar was as ‘n gevangene na Rome gebring, in verleentheid en veragting. Ons dank u vir sy briewe, gebede en hoop. Help ons om nie weg te draai waar ons liefde ons na u lei nie.

VRAAG:

  1. Hoekom wou Paulus, voor sy reis na Spanje, na Jerusalem gaan ten spyte van sy kennis van die moeilikheid en baie gevare wat hom daar ingewag het?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 01:15 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.2.109)