Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 058 (The Holy Remnant Exists)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Hebrew -- Hindi -- Indonesian -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Spanish? -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
5. Die hoop van die kinders van Jakob (Romeine 11:1-36)

a) Die heilige oorblyfsel bestaan (Romeine 11:1-10)


ROMEINE 11:1-10
1 Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. 2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê: 3 Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe! 4 Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. 5 Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd 'n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade. 6 En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie. 7 Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard. 8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee 'n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe. 9 En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees 'n vangnet en 'n strik en 'n struikelblok en 'n vergelding. 10 Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.

Die apostel Paulus berei die argument voor oor die redding en vernietiging van die kinders van Abraham. Hy uiter ‘n vreeslike vraag: Het die Here van die verbond sy verharde volke heeltemal weggedryf? (Psalm 94:14)

Paulus antwoord die vraag en sê, Nee. Dit is onmoontlik, want hy wat Paulus is, is die bewys van die reddende genade van die Here. Paulus sê: “Hy het my gered, ‘n sondige misdadiger. Volgens die vlees is ek van die stam van Benjamin en die nageslag van Abraham. Die Here het my geroep en my vergewe en my lewe gegee. Ek is ‘n bewys vir die kinders van Jakob van die reddende genade van die Here.”

Soos Paulus in Christus gelewe het, het die Here telkemale individue van alle stamme van die kinders van Jakob geroep. Hy het hulle gered, geseën en gestuur. Die Here het vanuit hulle die aanvanklike Christene gevorm. Sonder die Christelike Jode wat in Christus weergebore is, sou ons nie enige skrywe oor die evangelie van Christus gesien het nie. Hulle was die kern van die koninkryk van God en hulle het die saad van God tussen die nasies gesaai. Die oes het outomaties vermenigvuldig en die koninkryk van die Here kom en groei voortdurend.

God het ‘n gekose volk en hy het ook sy eie maniere vir sy geestelike koninkryk. Hy het nie sy geliefdes verwerp nie, alhoewel die meerderheid van die kinders van Jakob vandag vir Christus verwerp en haat en terselfdertyd ook sy volgelinge omdat hulle ander gode volg. Maar wat was die situasie in die tyd van die profeet Elia? Die dapper profeet het ‘n sug geslaak weens die bloedige vervolging van die gelowiges wat in die Noordelike koninkryk begin het en die koningin se voortydige verklaring van sy dood (1 Konings 19:10-14).

Die Here het hom toe met vertroostende woorde geantwoord: “Maar Ek sal sewe duisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nie voor Baäl gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie.” (1 Konings 19:18). Niemand weet wie daardie getroue gelowiges was nie. Hulle was die heilige oorblyfsel en was waarskynlik uitgedryf en in slawerny ingelei gedurende die vernietiging van Samaria waar hulle hul geloof regoor die wêreld verkondig het. God beskerm sy gelowiges en niemand kan hulle uit sy hand ruk nie. Hy het hulle nie ‘n lewe van luuksheid belowe nie, maar gee sy getuies ‘n ewigdurende geestelike versekering (Johannes 10:29-30).

In hierdie bespreking sê Paulus: “Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd 'n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.” (Romeine 11:5).

Hierdie stelling is geldig sedert die geboorte van Christus. Die embleem van die getroue Christene is nie mag, rykdom of eer nie, maar om Jesus te volg, selfs in swaarkry. Daarom sê Jesus vir ‘n klein aantal van sy volgelinge: “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee” (Lukas 12:32; 22:28-29).

Die gesag van die Vader, die Seun en die Heilige Gees skep altyd ‘n geseënde keuse van sy gekose heiliges. Paulus en Barnabas het gedurende hulle eerste sendingreis aan diegene gesê wat geroep is: "Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan" (Handelinge 14:22).

Die apostel Paulus verdiep hierdie kennis en getuig dat die oorblyfsel van die kinders van Jakob sal aanhou en nie sal vergaan nie, slegs weens genade (Romeine 11:6). Die Here bewaar hulle teen Satan se versoekings in die laaste dae en lei hulle na die Goeie Herder. Hierdie oorblyfsel is nie geregtig, vroom of gekose weens hul eie werke nie, maar die goed wat hulle is, is die produk van genade. Daarom moet ons in die universele en buitengewone mag van die genade van Christus glo wat die heilige oorblyfsel van die mense van Israel bewaar. Ons moet die Here daarvoor dank, want die voortgang daarvan is die misterie van ons Christelike ervaring.

In Romeine 11:7, vra Paulus: Wat was die geestelike situasie van die kinders van Jakob dan en wat is dit vandag? Wat het hulle bedoel met die onderhouding van die wet? Wat was die doel van hulle vroomheid wat hulle nie bereik het nie? Hulle het hulle doel gemis, hulle Koning gekruisig en verhard geword teen die inwoning van die Heilige Gees. Hulle het doelbewus van die eenheid van die Heilige Drie-eenheid wegbeweeg en ander konings en leiers in ander lande gedien wat hulle uitgebuit het. Hierdie pynlike waarheid sluit nie al die kinders van Jakob in nie, want ‘n klein deel van die kinders van Abraham is deur die Heilige Gees weergebore. Hulle het hulle sondes geken en dit openlik bely. Hulle het in die Lam van God geglo en van hom vergifnis ontvang en is met die beloofte Gees gesalf. Hulle het in die lewe van Christus geleef en aktiewe lede van sy geestelike liggaam geword.

Die meerderheid van hulle volk was egter verhard (Deuteronomium 29:4; Jesaja 29:10). Hulle het ‘n gees ontvang wat nie tussen goed en boos kon onderskei nie. Hulle het daarom geen sin vir goed en boos gehad nie, maar het gedoen wat hulle wou, onbesorg oor God en die oordeelsdag, want hulle was siende blind en horende doof, al het Koning Dawid gebid dat die Here die meerderheid sal straf en hulle planne vir hulle ‘n valstrik sou maak (Psalm 69:23-24).

Tog het Jesus die harde woorde van Dawid verander en sy volgelinge beveel: “Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is” (Matteus 5:44-45).

Die heilige oorblyfsel van die gekose volk en die Christendom regoor die wêreld, bewys die belangrikheid van hulle teenwoordigheid deur die opdragte van Christus uit te voer te midde van vervolging, druk en valse aanklagtes.

GEBED: O hemelse Vader, ons aanbid u weens die toenemende getal kinders van Abraham wat hul harte oopmaak na u Heilige Gees, hulleself reinig met die bloed van Jesus en die ewige lewe ontvang. Versterk asseblief die nuwe gelowiges en bewaar hulle dat hulle u teenwoordigheid mag ervaar te midde van vervolging, dat hulle hulp sal vind by medegelowiges en nie in verdeeldheid sal verval nie.

VRAE:

  1. Wat is die betekenis van die woorde van God aan Elia wat sewe duisend in Israel bewaar het, almal wat nie voor Baal neergebuig het nie?
  2. Wat is die betekenis van die woorde van Paulus dat hy en alle volgelinge van Christus uit die Jode, aan die heilige oorblyfsel van die gekose mense van God behoort?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:46 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.2.109)