Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 059 (Would that the Salvation in the Believers of the Gentiles incite Jealousy in the Children of Jacob)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
5. Die hoop van die kinders van Jakob (Romeine 11:1-36)

b) Die redding van die gelowiges uit die Heidene bring jaloesie onder die kinders van Jakob (Romeine 11:11-15)


ROMEINE 11:11-15
11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak. 12 En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie! 13 Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek 'n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening 14 as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red! 15 Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?

Paul het sy volk liefgehad soos hy sy familie liefgehad het. Hy het nie gedink dat hulle gestraf sou word slegs op grond van ongehoorsaamheid en verwerping van Jesus nie, maar hy het besef dat die verwerping van die gekose volk van die ou verbond terselfdertyd ‘n nuwe verkiesing vanuit onrein nasies skep. Die val van die Jode het die ongelowiges van die Heidene ‘n unieke geleentheid gebied om verlossing te verstaan wat vooraf reggemaak is en om hierdie verlossing deur geloof in Christus te verkry.

Die verspreiding van verlossing onder die Heidene het die kinders van Jakob jaloers gemaak. Paulus het ‘n positiewe faktor gesien te midde van hierdie jaloesie in die harte van die Jode; dat hulle hul onrein lewens in die teenwoordigheid van Christus mag besef, versoening met God sal ontvang, vervul word met die vreugde van die Heilige Gees en hul vyande liefhê. Dan kan die vroom kinders van Abraham verstaan dat die armes en die verworpenes iets geërf het, nie van hulle kultuur nie, maar direk van God. Paulus het gehoop dat daardie rebellerende, selftevrede Jode jaloers sou wees op die ongelowiges wat weergebore is en besef dat die seëninge van Abraham, Isak en Jakob in hulle woon. Hy het gehoop dat sy volk hul gedagtes sou verander en besluit om deel te hê aan hulle eie erfenis wat in vreemdelinge vervul is. In hierdie sin het Christus aan sy dissipels gesê: “Julle is die lig van die wêreld... Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (Matteus 5:14,16).

Paulus eindig sy plan vir prediking vir die Jode en sê: Indien die gebrokenheid van die Jode ‘n fontein van seën is vir die verworpenes, en indien hulle vermindering na ‘n heilige oorblyfsel tot die verlossing van ‘n menigte van die Heidene gelei het, dan hoeveel te meer sal hul terugkeer die seën oor die hele wêreld vermenigvuldig! As al die Jode in Christus geglo het, dan sou die krag van hulle geloof en die diepte van hulle gevoelens, ‘n energie in prediking gegenereer het wat oor die hele wêreld sou vloei en lewe bring te midde van al die sonde.

Paulus stel Christene in die verleentheid met hierdie strategiese siening sodat hulle die kinders van Jakob mag liefhê en vergewe, en hul nydigheid, trotse harte met nederigheid en sagmoedigheid sal hanteer (Matteus 11:28-30).

Paulus rig homself dan na die gelowiges van die Heidene in die kerk van Rome om hulle te sif en uit te daag. Hy het die Jode met geestelike waarheid gekonfronteer en aan hulle gesê: Jesus het my nie gestuur as ‘n prediker tussen die Jode nie, maar my aangestel as ‘n apostel van die Heidene te midde van honderde gode wat gevul is met onrein geeste. Ek doen hierdie plig met vreugde, leer hulle tale, dink na oor hul tradisies en bring die kultuur van Jesus na die aanbidders van onrein gode en hul publieke prostitusie.

Paulus het in sy diens ‘n geleentheid gevind om vir die Jode op ‘n indirekte manier te preek. Hy wou die kinders van Abraham verbaas deur die heilige optrede van die Christene en hul tasbare bydraes in Asië en Europa. Hy het so gedoen om ‘n geestelike ywer in hulle op te wek, sodat sommige van hulle mag terugkeer van hulle verkeerde weë, ‘n les sal leer uit die geloof van die Heidene en Christus sou volg wat uit die dood opgestaan het. Paulus het gehoop dat die verworpe uitverkose mense van die ou verbond weer deur hulle terugkeer, die kleed van die verbond sou ontvang, want die beloftes van God vir hulle is steeds effektief en geldig.

As hulle verwerping van hulle Koning Jesus die versoening tussen God en die wêreld veroorsaak het, hoeveel te meer sal die terugkeer van diegene wat geestelike dood is, die volheid vir die lewe in God veroorsaak! Die apostel het die oorwinning van die krag van God oor die geestelike dooies, en die probleme in sy eie liggaam. ervaar. Die Here het hom gered selfs al was hy ‘n moordenaar in sy fanatisme. Hy het dieselfde gehoop vir sy volk en wou hulle graag vennote maak van die ewige lewe sodat hulle die lewe van die genade van Christus na die hele wêreld kon versprei.

GEBED: O hemelse Vader, ons dank u omdat u die verharding van die Jode tot seën van alle nasies gemaak het. Help ons om nie selfsugtig in gees te leef nie, maar om almal te dien met u Heilige Gees, deur woord en daad en deur gebed, en om baie van die ongelowiges en die kinders van Abraham tot geloof in Christus te lei.

VRAE:

  1. Wat beteken die verharding van die Jode vir die onrein Heidene?
  2. Hoe kan Christene ongelowiges tot die regte geloof aanmoedig?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:46 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)