Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 046 (God’s Plan of Salvation)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
E - ONS GELOOF IS VIR ALTYD (Romeine 8:28-39)

1. God se plan vir verlossing is ‘n toejuiging vir ons komende heerlikheid (Romeine 8:28-30)


ROMEINE 8:28-29
28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

Wie God ken besef dat hy almagtig is. Niks gebeur in die wêreld sonder sy wete of wil nie. Hy is die Almagtige. Ons glo egter nie in voorbestemming soos sommige godsdienste doen nie, want ons weet dat God ons genadige Vader is wat altyd vir ons sorg en ons nooit skade sal doen of verwaarloos of verlaat nie. Daarom vra ons dat hy ons vertroue in sy liefde sal versterk sodat ons geloof nie sal wankel by probleme en vervolging nie. Om ons geloof in die liefde van God vir ons te bevestig, skryf Paulus aan ons ‘n reeks bevestigings van ons persoonlike verlossing sodat ons nie sal twyfel of wankel nie.

God het jou gekies voor jou geboorte, jy was toe reeds ‘n gedagte in sy hart. Hy het jou geken voor die grondlegging van die wêreld. Hy ken die mees innerlike van jou wese, jou natuur en intensies. Jou verhouding met God is dieper as wat jy dink, hy ken jou en jy is naby hom. Hy wag vir jou soos ‘n vader wag op die terugkeer van sy verlore seun. God verlang na jou meer as wat jy na hom verlang.

Die ewige God het jou geken nog voor alle tye. Hy het ‘n heerlike doel vir jou toekoms, hy het jou voorbeskik deur die volheid van sy Goddelike wil om sy kind te wees deur Jesus Christus en het jou liggaam van sonde op die kruis oorkom. In Christus alleen is jou keuse bevestig. Wie vashou aan die versoening van die Seun sal nooit beweeg word nie, want die Heilige Een is getrou. Besef dus dat God aan jou lewe ‘n doel gegee het en jou voorbeskik het om al meer na die beeld van Christus gelyk te word. God wil nie verskillende range onder sy kinders hê nie, maar lei almal tot volmaaktheid in nederigheid en sagmoedigheid sodat jy soos Christus mag wandel toe hy op aarde was.

ROMEINE 8:30
30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

God het die gedagtes van sy liefde persoonlik gemaak en tot jou in persoon gespreek. Het jy sy stem diep in jou hart gehoor? Het sy roepstem tot jou mees innerlike wese deurgedring? Onthou dat God jou gekies het toe jy nog sondig was en jou voorbeskik het om sy kind te wees. Sy plan was om jou wat dood was in trots en begeertes, te hernuwe sodat jy in reinheid, onthouding en waarheid mag skyn. Daar is geen krag in jou vir ‘n heilige lewe behalwe as die woord van God in jou werk nie. Lees daarom die Bybel voortdurend, want God praat deur die woorde direk met jou.

Ons geregtige God het jou regverdig gemaak deur die versoenende dood van sy Seun en jou sonde so uitgewis. Jy is nou geregtig deur Christus se regverdiging en jy word rein beskou in sy verlossing. Wanneer gaan jy dus jou Here dank vir die liefde wat hy aan jou bewys het? Wanneer sal jy glo in sy leiding en sy getroue genade prys?

God, in sy almag, het meer as dit vir jou beplan. Hy het jou die Heilige Gees gegee as ‘n waarborg van sy heerlike lewe in jou. Die glorie van die essensie van God is dus in jou verskuil. Soos Christus slegs aan die oë van gelowiges verskyn het, so werk sy liefde, waarheid en geduld in jou. Die Gees van God sal vrug dra in jou as jy in jou Redder bly. Paulus het nie gesê dat God jou in die toekoms sal verheerlik nie, maar deur geloof het hy bely dat hy jou reeds in die verlede verheerlik het; Paulus was seker dat Jesus die outeur en voleinder van geloof is. Daarom is hy wat verlossing in jou siel begin het, getrou. Hy gee kennis, versterk en maak jou volmaak slegs op grond van wie hy is.

Het jy probleme in jou lewe? Is jy honger of siek? Soek jy na werk? Het jy op skool misluk? Al hierdie dinge is onbelangrik want God is met jou. Hy is lief vir jou, gee om vir jou en beskerm jou. Hy vergeet jou nie, maar voltooi sy plan. Die Heilige Een het jou gekies vir aanneming. Verloën jouself dus, neem op jou kruis en volg die Seun van God vanaf die kruis na die graf en dan na heerlikheid, want alles werk ten goede mee vir hulle wat God liefhet. Het jy hom lief wat jou eerste liefgehad het?

GEBED: O heilige God, Drie-eenheid, ons aanbid u want u het ons gekies, ons van altyd af geken en ons in Christus bestem om die heerlikheid van u liefde te dra. Wie is ons dat u ons sou kies? Vergewe ons sonde en maak ons ore oop dat ons mag luister na u roepstem in die Bybel, dat ons u regverdiging deur die bloed van u Seun mag aanvaar en u sal dank vir u getroue liefde. Ons glo in u leiding en vra dat u ons in versekering sal bevestig sodat ons nie tydens bose dae sal verander nie, maar u inwonende Heilige Gees sal ervaar as ‘n versekering van die heerlikheid wat gaan kom.

VRAAG:

  1. Hoekom werk alles ten goede mee vir hulle wat God liefhet?

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet,
alles ten goede meewerk

(Romeine 8:28)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:58 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)