Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 007 (Paul’s Desire to Visit Rome)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
Die aanhef: Groet, dank aan God, en beklemtoning van “God se geregtigheid” as die leuse van sy brief (Romeine 1:1-17)

b) Paulus se langdurige begeerte om Rome te besoek (Romeine 1:8-15)


ROMEINE 1:13-15
13 Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie en ek is tot nog toe verhinder sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene. 14 Teenoor Grieke sowel as nie Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek 'n skuldenaar. 15 Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.

In hierdie brief maak Paulus sy hart oop vir die mense van die kerk van Rome. Hy sê aan hulle hoe gereeld hy van plan was om hulle te besoek, maar dat God sy planne onderbreek het. Hierdie groot apostel moes vroeg leer dat die gedagtes van God verskil van syne, dat die weë van God verhewe bo syne is, soos die hemele bo die aarde. Die Gees van Christus het hom verhinder om sy planne uit te voer, selfs al het dit vir hom nuttig, goed en heilig gelyk. Toe die geleentheid om te reis vir hom goed gelyk het, het God hom verhinder.

Paulus het dit egter in sy hart gehad dat hy vir die wêreld moes preek. Hou wou graag deur sy lewe die koninkryk van God in Rome en in ander nasies vestig, want hy was seker van die seën van Christus wat in hom gewerk het. Hy het sy glorieryke Here gesien en was seker dat die ganse wêreld deur die Koning van konings besit word en dat die oorwinning gewaarborg was.

Die Apostel van die Nasies het homself gesien as ‘n skuldenaar na alle mense, nie omdat hy geld van hulle gevat het nie, maar omdat God sy gesag en krag aan hom gegee het. Hy was daarom onder verpligting om sulke krag en gesag aan die gekose in Christus te gee. Inderwaarheid leef ons almal van God se gawes aan Paulus wat ons deur sy briewe, vennote in sy krag maak. Ons is dus skuldenaars aan ander, soos ander skuldenaars is aan al die mense rondom hulle is, want die Gees wat in ons werk is nie net ons s’n nie, maar wil in die harte van baie woon.

Paulus het onder opgevoede Grieke gewerk en die Here het sy diens deur Paulus se swakheid verrig. Hy het kerke in die Mediterreense gedeeltes van die Griekse eilande geplant. Tydens die skryf van hierdie brief het hy onder die Barbare in Frankryk, Spanje en Duitsland gewerk. Hy was ywerig om die goeie nuus aan almal te verkondig dat God ‘n Seun het wat ons aan die kruis gered het. In sy diep, brandende toewyding was Paulus soos ‘n vuurpyl gereed vir lansering. Hy het ontvang sodat hy kon kommunikeer. Uit sy liefde vir die Barbare wou hy graag die aandag van die Romeine verkry sodat hulle hom sou vergesel en deel hê in prediking na die nasies. Hy wou dus vir die gelowiges in Rome preek sodat hulle weer predikers sou word. Om gered te wees skep in hom wat gered is ‘n verpligting om die boodskap van redding na ander te neem. Paulus het die fokus gehad om Rome die beginpunt te maak van prediking na die hele wêreld.

God het egter die gebed van sy apostel op ‘n ander manier geantwoord. Hy het nie sy ambassadeur direk na Rome gestuur nie, maar hom eers na Jerusalem teruggestuur om gearresteer en gevange geneem te word. Na lang en pynvolle jare het Paulus in die hoofstad opgedaag, gebonde, gevange en ‘n dienskneg van Christus. Tog was die krag van God nie in hom geblus nie. Selfs in kettings het hy vir die hele wêreld gepreek deur sy brief aan die Romeine wat vandag nog tot mense en nasies gepreek word.

Ons wat kleinkinders van daardie Barbare is vir wie Paulus wou gaan preek het, verkondig die evangelie van God met blydskap soos dit alreeds aan Paulus in daardie tyd gegee was om te doen. Miskien het dit nie by Paulus opgekom dat sy brief aan Rome die vervulling is van sy begeerte om vir die nasies te preek nie. Geen ander boek naas die evangelie van Johannes, het die wêreld verander soos hierdie brief wat geskryf was met baie gebede en versugtinge van die Gees nie.

GEBED: O Here, u is die Koning en u lei u diensknegte volgens u wil. Vergewe ons as ons enigiets beplan het wat nie volgens u wil is nie. Maak ons heeltemal onderdanig aan u leiding sodat ons nie buite u plan van liefde sal wees nie, maar gehoorsaam sal wees aan die opdragte van u Gees en u begeertes met blydskap sal vervul, selfs al verstaan ons dit nie altyd nie. Here, u weg is heilig en ons gee oor aan u voorsienigheid. Dankie dat u nie toelaat dat ons van u genade wegval nie.

VRAAG:

  1. Hoe, en hoe gereeld, het God vir Paulus verhinder om sy planne uit te voer?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on September 05, 2013, at 08:26 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)