Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- The Ten Commandments -- 11 Ninth Commandment: Do Not Bear False Witness Against Your Neighbor
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Baoule? -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- Farsi? -- Finnish? -- French -- German -- Gujarati -- Hebrew -- Hindi -- Hungarian? -- Indonesian -- Kiswahili -- Malayalam? -- Norwegian -- Polish -- Russian -- Serbian -- Spanish -- Tamil -- Turkish -- Twi -- Ukrainian? -- Urdu? -- Uzbek -- Yiddish -- Yoruba?

Previous Lesson -- Next Lesson

DIE TIEN GEBOOIE - God se Beskerming Teen Verval
'n Uiteensetting van die Tien Gebooie in Eksodus 20 in die Lig van die Evangelie

11 - NEGENDE GEBOD: MOENIE VALSE GETUIENIS TEEN JOU MEDEMENS BRING NIE



EKSODUS 20:16
"Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie."


11.1 - Die Mag van die Tong

Die tong is ‘n klein orgaan en tog het dit groot mag. Soms is dit meer magtig as geld of waardevolle medisyne. Dit wat ons sê kan soos ‘n vuurhoutjie wees wat ‘n droë veld aan die brand steek. Gepaste woorde is soos ‘n klein stuur wat ‘n skip veilig in die hawe kan inlei. Met ons tonge kan ons lieg en God belaster, of ons kan die waarheid vertel en God loof. Hoekom? In die derde hoofstuk van sy brief, gee Jakobus ons drie hulpvolle voorbeelde wat ons tot inkeer bring. Ons moet ons woorde toets in die lig van God se Woord, want elke kwade woord dui op ‘n korrupte hart wat nog nie weergebore is nie. Elke sagmoedige woord openbaar die Gees van Jesus in die hart.


11.2 - Die Noodsaaklikheid van Ons Heiligmaking

Ons het die Verlosser Jesus nodig om ons tonge te reinig en ons denke te vernuwe sodat ons die waarheid kan verstaan en praat. Die profeet en priester Jesaja het bewend voor die heilige God gestaan toe hy versoening bewerkstellig het tussen sy volk en die Drie-Enige Here van die Leerskare. Hy was in verwondering en uitgeroep: "Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien! Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool in sy hand, wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het, en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen" (Jesaja 6:5-7).

Die mens besef die boosheid en misleiding in sy hart wanneer hy die heilige God ontmoet. Op daardie oomblik weet ons dat die Almagtige ons standaard is. In Sy lig sien ons die onreinheid, misleiding en korrupsie waarmee ons gevul is. Die mens leef oppervlakkig sonder ‘n ontmoeting met die lewende en heilige God. Hierdie kondisie verander nie, behalwe as die sondaar nader kom aan die Here, en dan verander alles. Die apostel Petrus het neergeval toe hy die magtige krag van sy Here ervaar het en uitgeroep: "Gaan weg van my, Here, want ek is 'n sondige man!" (Lukas 5:8). Hy het geweet dat Jesus in sy hart ingekyk het en sy sonde geopenbaar het. Hoewel ons Here vooraf geweet dat Petrus Hom sou verloën het hy ‘n simbool geword van elke visser van mense.

Jesus is die geïnkarneerde waarheid en Sy Gees is die Gees van waarheid (Johannes 14:17). Die Gees van waarheid word bedroef elke keer as ons jok of skinder. God praat nie kwaad nie en verraai ook nie; Hy is rein en Sy woord is die waarheid wat vervul word. Hy wil ons vernuwe en ons toerus om eerlik te wees. Hy moedig ons aan om die waarheid in liefde te praat. Om die waarheid met hardheid aan ander te bring is ongenaakbaar. Om die waarheid te versag of te verberg is egter om te lieg, maak nie saak hoeveel ons werklik omgee nie. Valse lof en kwaadpratery gaan soms hand aan hand. Liefde sonder waarheid is dus om te lieg, en waarheid sonder liefde is dodelik.


11.3 - Leuens en die Oorsprong Daarvan

Die Drie-Enige God is self die waarheid. Satan is egter ‘n leuenaar en die vader van alle leuens. Hy is ‘n moordenaar van die begin af. Jesus noem hom die bose een en die prins van hierdie wêreld. Alles wat van hom af kom is ‘n leuen, maak nie saak hoe betroubaar dit lyk nie.

Die Bose Een het vir Eva mislei. Sy slinkse vraag het die waarheid verdraai en God sodoende in twyfel gebring. Hy het Eva se vertroue in God geskud. Eva se trots en rebellie teen God is aangewakker en het toe in volle weerstand ontaard.

Net na Sy doop het die Heilige Gees Jesus die wildernis ingelei om deur die duiwel versoek te word. Nadat Jesus vir 40 dae en nagte gevas en gebid het, het Hy die versoeker weerstaan wat na hom gekom het om die waarheid te verdraai met sy vrae. Satan het aan Hom gesê, "As jy die Seun van God is...." As hy gesê het, “Jy is die Seun van God,” dan sou hy die waarheid bevestig het. Hy het egter die realiteit in twyfel getrek deur te probeer om twyfel in Jesus se hart te bring oor Sy verhouding met Sy hemelse Vader. Die Bose Een wou Hom van Sy Vader skei en Hom mislei deur Sy eie planne te dien. Jesus het nie met Sy eie woorde gereageer nie. Hy het ook nie met die Bose Een in gesprek getree of uit Sy eie ryk ervarings gepraat nie. In stede daarvan het Hy geantwoord, "Daar is geskrywe". Jesus het die geopenbaarde Woord van God bevestig, in kontras met die lis van die duiwel. Daar is geen ander manier om die vader van leuens te oorkom as om op die Woord van God, die Bybel, staat te maak nie.

Dit is ironies dat Satan die Bybel ken en dit slu kan gebruik. Hy het op Jesus se verwerping gereageer en dadelik ‘n teks uit die Bybel aangehaal. Tog haal hy dit uit konteks aan en probeer tot Jesus se trots spreek. Hy wou dat Jesus die getrouheid van Sy Vader toets. Weer het Jesus geantwoord, "Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie" en dit was tóé dat die misleidende intensies van die duiwel duidelik blootgestel is in die lig van Goddelike waarheid. Uit hierdie stryd tussen die Seun van God en die duiwel is dit duidelik dat Satan niks anders as leuens vertel nie, selfs al is dit deels die waarheid. Sy woorde lei egter tot misleiding en rebellie teen God en Sy Seun. Ondersoek die filosofieë en godsdienste wat ná Christus gekom het en jy sal sien hoe misleidend hulle is, hoewel daar ook waarheid daarin te vinde is. Vandag doen die duiwel dieselfde ding: Hy mislei gelowiges en soekers na die waarheid om te glo dat die Bybel gekorrupteer is, opgehef is en deur menslike hande geskryf is, of enige van ‘n duisende ander besware. Moenie dat die duiwel sulke leuens in jou oor fluister nie. Veg daarteen soos Jesus gedoen het toe Hy gesê het, "Daar is geskrywe..."


11.4 - Die Grootste Leuen

Die verskillende wêreldbeskouings en ideologieë bevat nie net leuens nie, maar skyn aanloklik met stukkies waarheid en wette wat lyk na die kern van sosiale strukture. Die algemene rigting van hierdie sienings is egter verkeerd. Ironies genoeg ondersteun die gedeeltelike waarhede die groot misleidings. Islam mag vir vreemdelinge lyk soos ‘n natuurlike “godsdiens van Allah” omdat daar verse aangehaal word uit beide die Ou en Nuwe Testament (wat mondelings oorgedra en ongelukkig verdraai is). Alle Moslems ontken kategories dat Jesus gekruisig is. Hulle besef nie dat hulle verlore is en nie gered kan word van die oordeel van God behalwe deur Jesus Christus as gekruisigde nie. Kommunisme en ander ideologieë meng ook gesofistikeerde leuens met verdraaide waarheid wat uiteindelik tot ateïsme en rampspoedige gevolge lei.

Sommige liberale teoloë en sektes neem Bybelverse uit konteks sodat mense hul idees en boeke sal glo, maar erken nie dat Jesus die bron van denke en lewe is nie. Niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. Tog moes Jesus gekruisig word en uit die dood opstaan om die beloftes te vervul as ewige waarheid. Ons sal voor die Glorieryke Een verskyn as leuenaars, maar diegene wat in Hom glo sal verander word en geregtig leef, in die waarheid, en sal die leuens ontvlug.

Ons kan nie die massamedia se leuens keer wat op die radio, televisie, koerante, tydskrifte en feesvierings verkondig word nie. Hierdie misleiding is bedoel om die massas te manipuleer en hul reaksie is vooruit beplan. In die politiek smeer die sprekers die opponerende party swart en bevorder hul eie belange as die waarheid en die enigste oplossing. Klein resultate word opgeblaas en groot foute word weggesteek. Met verdraaide waarheid word probeer om opponente te verras en gemanipuleerde inligting skep haat.


11.5 - Daaglikse Leuens

Leuens domineer nie net die woorde van baie politici nie, maar ook ons daaglikse lewens. Die waarheid word vinnig ondergrawe en mense praat kwaad van ander oor ‘n koppie koffie. Wanneer die beskuldigde persoon egter nader kom, dan verander mense gou die onderwerp op ‘n skynheilige manier soos ons almal as kinders gedoen het. Ons het miskien nie groot leuens gepraat wat seergemaak het nie, maar ons het ander swartgesmeer of verneder, alles deur die inspirasie van die “vader van leuens”. Ons moet waarlik bekeer en altyd van mense in hul afwesigheid praat asof hulle teenwoordig is. Geen wit leuens nie! Geen halwe waarheid nie! Dit is dodelik. Ons kan ‘n einde maak aan skinderpraatjies deur reguit te gaan na die betrokke persoon en die hele storie as opklaring van hulle self te kry. Ons het nodig om op te staan vir so ‘n persoon eerder as om die groep na te volg. Die negende gebod leer ons om soos ‘n vis teen die stroom van leuens te swem. Soms bevind ons onsself in ‘n kritiese situasie waar ons skielik oor ‘n ongewilde onderwerp moet kommentaar lewer. Dikwels kies ons dan om halwe waarhede te praat of die waarheid met leë woorde en slinkse verduidelikings weg te praat. Sommige mense vind verskonings vinniger as wat ‘n muis sy nes vind.

Leuens het ons samelewing vergiftig; niemand vertrou mekaar nie. Baie dink dat ander met wat hulle sê die teenoorgestelde bedoel. Wanbegrip verdeel mense, leuens hou hulle geïsoleerd en hartseer is die gevolg. Ons het nodig om op die krag van Jesus staat te maak en ons leuens en kwaadpraat te bely. Ons het nodig om ander om vergifnis te vra. Sodoende word die gewete versterk en trots vernietig.


11.6 - Wie Kan Werklik Sy Broer Verstaan?

Dit is gepas om onself te toets om te sien of ons regtig ons broers of susters verstaan net soos God hulle waardeer. Jesus het ons oppervlakkige oordele deurgedring en ons gewaarsku: "Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal" (Matteus 7:1-5).

Wie iets verstaan van hierdie gebod van die bergrede sal stilbly en homself krities ondersoek voordat hy ander veroordeel. Miskien het ons broer ‘n fout gemaak, so klein soos ‘n splinter in sy oog, maar ons erken nie die planke in ons eie oë wat genoeg is om ‘n saagmeule te bedryf nie! Mag Jesus elkeen van ons wys van die haat, onreine gedagtes en dade, afguns, gierigheid, misleiding, skynheiligheid en oneerbiedig teenoor ons ouers en die dag van die Here! Wie homself onder die oortuiging van die Heilige Gees ontken, sal ander nie langer verwerp of verag uit meerwaardigheid nie, maar begin dink oor hoe hy hulle kan help soos wat God ons help.

Ons kan nie ander regverdig oordeel nie omdat ons nie ten volle ander se probleme verstaan nie. Wat sou ons in daardie situasies gedoen het? Wat sou iemand gedoen het as hulle ons seëninge en Goddelike leiding gehad het? Om te sê dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself, is God se manier om ons te wys hoe belangrik dit is om spesiale aandag te gee wanneer dit kom by die veroordeling van ons broer; ons moet hom eerder liefhê.

Dit bring ons by die probleem van ‘n getuie se eed, want wie weet of hy werklik gesien het wat regtig gebeur het en dit korrek onthou? Natuurlik sien ons nie dinge volledig soos God dit sien nie. As ons ons broer veroordeel is ons oordeel gebrekkig. As ons dit besef dan sal ons nie oorhaastig tot gevolgtrekkings oor ander kom nie, maar deeglik en biddend nadink en hulle probeer verstaan. Mag God ons ‘n moeder se oog gee, nie ‘n polisieman s’n nie!


11.7 - Hoe Moet Ons die Waarheid Vertel?

Wat kan ons doen om die waarheid met ons beperkte vermoëns te ken? Sien ons leuens as noodsaaklik en die waarheid as boos? Nooit! As ooggetuies moet ons die waarheid praat soos dit in ons vermoë is. Ons moet God vir wysheid vra sodat ons nie onregverdig is teenoor ons broers en susters nie. Gelowiges het spesiale genade nodig gedurende tye van vervolging sodat hulle die waarheid kan vertel en nie die feite verdraai nie. Ons het die leiding van die Heilige Gees nodig sodat ons nie die lewens van ander gelowiges in die gevaar stel nie. Ons moet altyd die waarheid vertel, maar dis nie altyd nodig om die hele waarheid te vertel nie, ter wille van ander. Diegene wat Jesus nie volg nie mag dink dat ons vir hulle lieg omdat hulle nie die gees van waarheid ken nie. Hulle verstaan nie dat die Heilige Gees ons altyd lei om die waarheid te vertel nie.

Die Bybel help ons om voortdurend bedag te wees in ons daaglikse lewens, by die skool, in die samelewing, in ons gesinne, om die goeie dinge in ons broers en susters se lewens te beklemtoon en nie die voor die hand liggende foute te kritiseer nie. Ons moet op positiewe maniere oor ons vriende sowel as ons vyande dink sonder om te lieg. Paulus verduidelik: "Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nimmermeer" (1 Korintiërs 13:4-8).

As ons in die gees van liefde leef dan sal ons sondaars nie veroordeel nie. Ons sal eerder ons beste doen om hulle te verstaan, te help, en ander in ‘n gees van nederigheid en liefde uit sonde help begelei. Paulus skryf aan die gelowiges in Efese wat ‘n noemenswaardige vlak van volwassenheid in Christelike diens bereik het: "Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede" (Efesiërs 4:25). Ons strewe altyd daarna om te leer en die waarheid te praat. Maak nie saak hoe volwasse ons egter deur die Heilige Gees word nie, Satan probeer altyd om gelowiges te versoek om te lieg, ander te veroordeel en mense met verskillende opinies kwalik te neem. Net soos Jesus sal ons ook versoek word. Dis waarom Paulus skryf: "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" (Efesiërs 6:10-12).

Johannes, die apostel van liefde, wys die wortel van leuens in die mens se lewe: "Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën" (1 Johannes 2:22-23). "Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie" (1 Johannes 5:10). Om die waarheid te glo oor die Drie-Enige God as die middelpunt van ons lewens beteken dat ons getrou sal wees in ons praktiese lewens.


11.8 - God se Geslepenheid in die Koran

Islam wys die waarheid as ‘n vreemde gees. In Soera Al Imran lees ons: "Hulle was geslepe en Allah was geslepe en Allah is die beste van almal wat geslepe is." Hier geslepenheid verwys na die Jode wat saamgesweer het om Jesus dood te maak. Maar Allah, volgens die Islamitiese verstaan, het hulle uitoorlê en Jesus van die kruis gered. Dit beteken dat Allah nie toegelaat het dat Jesus gekruisig is nie, maar Hom op ‘n geslepe manier gered het. Dit is niks anders as ‘n verdraaiing van ‘n historiese gebeurtenis wat in tyd en ruimte plaasgevind het nie. Allah het sy ware natuur met die kruisiging geopenbaar en gewys dat hy nie die waarheid in persoon is nie, dat hy nie die ware God is nie – Hy is die vyand van die waarheid, die beste van almal wat geslepe is. Die kruis, as klimaks van die waarheid, openbaar Allah in Islam soos hy werklik is. Slegs die duiwel sou die realiteit van die kruis ontken sodat mense nie gered sou word en die ewige lewe sou ontvang nie.

Islam stel Allah in die Koran voor as "die mees geslepe van almal", khairul makirin. Geen wonder nie dat sy volgelinge sluheid sien as ‘n deug en ‘n wettige manier om te kry wat hulle wil hê en ‘n hulpvolle manier om die Islamitiese godsdiens te bevorder nie. Mohammed het leuens en misleiding in vier gevalle geregverdig: in heilige oorlog om Islam te versprei, om twee vyande te versoen, ‘n man teenoor sy vrou en ‘n vrou teenoor haar man. In Islam kan jy nie jou vriend of vyand vertrou nie. Almal wantrou mekaar weens ‘n gebrek aan vertroue onder Moslems.


11.9 - Die Lewe se Leuen of God se Waarheid

As jy nie die Gekruisigde Een wat ook uit die dood opgestaan het, aanvaar nie, dan sal die gees van waarheid nie in jou wees nie. Jou hele lewe word ‘n leuen deur Jesus se kruisiging te verwerp. Jesus het sy bloed aan die kruis gestort om boete te doen as ons hoë priester, vir die sonde van sondaars en leuenaars. Ná Sy opstanding uit die dood het Hy Sy Gees van waarheid uitgestort op hulle wat in gebed op die belofte van die Vader gewag het. Die Heilige Gees het in tonge van vuur aan hulle verskyn. Dit verklaar wat Jesus met Sy dissipels wou doen: Hulle tonge van leuens moes weggebrand word om nuwe, geestelike tonge te ontvang wat ewige waarheid kon spreek. Wat is ewige waarheid? God is ons Vader, Christus is ons Here en Verlosser en die Heilige Gees leef in ons. Die Drie-Enige God is die ewige realiteit wat die gees van waarheid bely deur die volgelinge van Christus. Dit is ons voorreg om die Sy waarheid in liefde te praat, om Sy versoenende werk aan die kruis aan almal te verkondig.

Hoe wonderlik is dit om ‘n biddende vriend te hê wat jou die waarheid in liefde sal vertel. Hy is beter as ‘n duisend wat jou altyd net prys. Daarom moet ons Jesus vra om ons te help om die waarheid in liefde te praat en vir ons vriende bid. Dit is wat Jesus beveel: "Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose" (Matteus 5:37).

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on August 01, 2017, at 05:28 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)