Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- The Ten Commandments -- 08 Sixth Commandment: Do Not Murder
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- Farsi? -- Finnish? -- French -- German -- Gujarati -- Hebrew -- Hindi -- Hungarian? -- Indonesian -- Kiswahili -- Malayalam? -- Norwegian -- Polish -- Russian -- Serbian -- Spanish -- Tamil -- Turkish -- Ukrainian? -- Urdu? -- Uzbek -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

DIE TIEN GEBOOIE - God se Beskerming Teen Verval
'n Uiteensetting van die Tien Gebooie in Eksodus 20 in die Lig van die Evangelie

08 - SESDE GEBOD: MOENIE DOODMAAK NIE



EKSODUS 20:13
"Jy mag nie doodslaan nie."


08.1 - Ongeloofliklik Maar Waar

Die eerste man van ‘n vrou gebore en geliefde deur sy vader was die moordenaar van sy broer. Die Bybel lê hierdie verraderlike misdaad bloot asook die diep gesete korrupsie van die menslike hart. Alle mense dra in hulle die oorerflike eienskappe van ‘n moordenaar. Sedert Adam het die mens in skeiding van God geleef, as ‘n totale egotis wat deur sy eie begeertes en hoop gelei word. Hy dink onbewustelik dat hy die fokuspunt en standaard vir ander is. As iemand sterker, wyser, vromer of mooier lyk, dan is daar afguns of haat. Elke individu wil ‘n halfgod wees wat deur ander bewonder en aanbid word. Trots en selfgeregtigheid is egter destruktiewe kwaliteite.

Jesus noem die duiwel "’n moordenaar van die begin af" omdat hy die mens weggelok het van sy oorspronklike gemeenskap met God. Sedertdien het die dood die mensdom beheer, "want die loon van die sonde is die dood." God het dit egter moontlik gemaak om na Hom terug te keer deur Sy liefde en geregtigheid. Almal wat van hierdie geleentheid gebruik maak om gered te word, in denke vernuwe te word en God as fokus van sy lewe te ontvang, sal vandag reeds die ewige lewe ontvang. Dit sal betekenis en doel aan sy lewe gee.

Die mens het baie motiewe en redes vir moord. Jesus openbaar dat moord die eerste van alle bose gedagtes is wat uit die mens se hart gekom het (Matteus 15:19). God het egter die mens se bose bedoelings in Sy heiligheid teengestaan en hom verbied om sy planne uit te voer toe hy beveel het, "Jy mag nie doodslaan nie. " Daarom is alle vorme van moord, selfs selfmoord, teen die wil van God en word beskou as niks minder as rebellie teen God self nie. As iemand ander mishandel, nie omgee of hulle honger ly nie en hulle nie waarsku teen komende gevaar nie, dan val dit ook onder die kategorie van moord. As iemand ander mense wond, vergiftig of ander aanmoedig om moord te pleeg, dan is hy ook skuldig aan moord en veroordeling. Selfs as iemand ander skade doen en sodoende hul lewe verkort, dan is hy ook ‘n moordenaar volgens die Bybel (Romeine 13:1-18). God hou ons verantwoordelik vir ons medemens sodat ons nie soos Kain kan sê, "Is ek my broer se hoeder?" nie.


08.2 - Straf en Vergelding

Die doodsvonnis in die Ou Testament was gegee as afskrikmiddel en ‘n vervulling van geregtigheid teenoor elke moordenaar (Eksodus 21:12,14,18). Die meeste mense het toe in stamme geleef wat ‘n tipe lewensversekering gebied het. Die vrees om betrokke te raak in bloedige stamgevegte, het beskerming aan die individu gebied. Die wet “’n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand” het die straf bepaal in proporsie tot die hoeveelheid skade wat aangerig is. Die straf was egter vermenigvuldig wanneer die hoof van ‘n stam vermoor is. Lameg het geëis dat 77 mense doodgemaak moet word vir sy moord (Genesis 4:23-24). By sommige stamme is dit steeds praktyk wanneer enige van hul leiers vermoor word.

In Semitiese kulture is moord ‘n onvergeeflike misdaad en dit kan nie goedgemaak word sonder dat iemand daarvoor boet nie. Om bloot te vergewe sou onregverdig wees. Mense misbruik die skuldgevoelens van ander. Die wrok teen ‘n vyand sal in stand gehou word vir generasies self al is ganse nasies betrokke. Sulke denke het vreemd geword vir Christene; ons het ‘n ander kultuur sedert Christus Sy bloed gestort het om die skuld van elke moordenaar te vergewe.

Die moordernaar bly ellendig omdat hy deur skuldgevoelens belas word. Die geeste van diegene wat hy doodgemaak het bly by hom spook in sy gedagtes en drome. Een nag het ‘n skerpskutter in die Tweede Wêreldoorlog die kopbene na hom gesien aanrol van diegene wat hy geskiet het, die leë oogkaste starend na hom. As ‘n moordenaar teruggaan na sy Moslemdorpie, selfs ná ‘n generasie, dan moet hy verwag om doodgemaak te word deur die volwasse seun van die een wat hy doodgemaak het. Daar is geen voordeel in moord nie. Dit is egter genoeg om mense af te skrik en te dreig sodat hulle sal ophou moor. Alle bose gedagtes moet verwyder word van die menslike hart en met nuwe gedagtes vervang word. Jesus het die bedoelinge van die mens se hart geken en sodoende het Hy almal indirek tot die dood veroordeel toe Hy gesê het, "Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God." (Matteus 19:17; Markus 10:18; Lukas 18:19). Terselfdertyd het Hy ons skuld as moordenaars gedra en Sy Gees in ons harte geplaas wat ons denke kan vernuwe en gedagtes aan moord kan verwyder. Jesus het ons ‘n nuwe hart en eerlike gees gegee en van ons gelowiges gemaak wat Sy gebooie onderhou en ons vyande liefhet.


08.3 - ‘n Christelike Perspektief op Moord en Versoening

In Sy bergrede het Jesus geleer dat om die liggaam dood te maak nie die enigste misdaad is nie, maar om kwaad te praat teen iemand kan as geestelike moord beskou word. Dit het ‘n langtermyn effek soos gif. Enige vorm van kwaadpraat, leuens, dreigemente, twis, doelbewuste vervloeking, skending van vertroue en bespotting, is dodelik vir die gees. Eers word die hart vergiftig van die een wat daardie woorde spreek en dan word die gedagtes van die beskuldigde vergiftig. Jesus het gesê, "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur." (Matteus 5:22). Met hierdie stelling het Jesus ons almal skuldig verklaar en veroordeel as boos van hart met ‘n moorddadige gees wat vir die hel bestem is.

Ons moet ons bekeer en erken dat ons almal moorddadige gedagtes koester. Woede, afguns, volgehoue twis, wraaksugtigheid, en wreedheid is emosies en dade wat selfs kinders openbaar. Geen wonder Johannes verklaar dat "Elkeen wat sy broeder haat, is 'n moordenaar" (1 Johannes 3:15). Ons moet onsself eerlik ondersoek om te sien of ons enige haatdraende gevoelens teen iemand het en God vra om ons haat te oorkom. Anders kan hierdie slegte gedagte in ons harte wortel skiet en ons ontmoedig. Jesus verwag dat elkeen wat die Onse Vader bid ander sal vergewe net soos God ons sonde vergewe het. Ons bereidheid om te vergewe sal ons help om te oorwin en ons besluit om te vergewe sal die begeerte oorkom om ons vyande te vernietig. Jy mag instem om jou vyand te vergewe, maar kan steeds nie die onreg vergeet nie. Pasop! Dis soos om God te vra om ons sonde te vergewe, maar nie te vergeet nie. Of ons sê, “Ek is bereid om my vriend se sonde teen my te vergewe en te vergeet, maar ek wil hom nooit weer sien nie!” Wil jy na God toe kom, maar Hom nooit weer sien nie? Wil jy Hom behandel soos jy jou vyand behandel?

Jesus het slegs een manier kom wys om innerlike vrede te verkry toe Hy gesê het, "Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is" (Matteus 5:44-45). Ons kan nie ons haat oorkom sonder die krag van God se liefde in ons as gebroke gelowiges nie. Daarom dat Jesus waarsku: "Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie." (Matteus 6:15).

Waarom kan Christene hul vyande se optrede vergewe as elke sondaar strafwaardig is. Is dit nie ‘n skreiende ongeregtigheid nie? Ja, God kan nie enige sonde ongestraf laat bly nie, soos daar geskryf staan, "sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie." Vir hierdie rede het Jesus ons sonde en straf in ons plek gedra. Die Woord van God sê, "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom" (Jesaja 53:5). Jesus, die Seun van God, het ons sonde gedra en die sonde van alle spotters en moordenaars. Dit is waarom ons die voorreg het om ander se sonde te vergewe. Ons het nie meer die reg of die verpligting om geregtigheid deur weerwraak te soek nie. Deur sy lyding en plaasvervangende dood het Jesus al die vereistes vir Goddelike geregtigheid volvoer. Hy is ons vrede. Enigiemand wat steeds vir sy regte stry en geregtigheid vir homself soek, veroordeel homself. Slegs liefde is die vervulling van die wet. Om van die liefde weg te bly is om veroordeling te betree. Slegs Jesus skep nuwe denke en ‘n nuwe wil in sy volgelinge en help hulle om te vergewe soos God vergewe.


08.4 - Die Godsdiens van die Swaard

Elkeen wat die genade van vergifnis sien wat Jesus gee, sal geskok wees om te sien dat Islam aan mense voorskryf om weerwraak na te streef. Heilige oorloë waar mense doelbewus doodgemaak word, is ‘n goddelike voorskrif in Islam. Islam laat moord toe ter wille van godsdiens en maak dit ‘n verpligting vir ‘n Moslem. Mohammed het in die Koran geskryf: "Neem hulle en maak hulle dood waar hulle ook al gevind word," en "kies geen vriend of helper tussen hulle nie" (Soeras al-Nisa 4:89,91 of al-Baqara 2:191). Die Gees van Christus spreek nie hierdie woorde nie, maar die gees van die "moordenaar van die begin af".

Mohammed het sy eie vyande doodgemaak en persoonlik aan 27 aanvalle deelgeneem. Hy het ‘n massagraf vir die Jode in Medina laat grawe wat hy van verraad beskuldig het gedurende die Slag van Khandaq.

Sedert die Slag van Badr is alle Moslems wat hul vyande in heilige oorloë doodmaak, geregverdig deur die woorde van Mohammed, "Julle het hulle nie doodgemaak nie, maar Allah het. Julle het nie geskiet toe julle geskiet het nie, maar Allah het geskiet" (Soera al-Anfal 8:17). Gematigde Moslems keur nie so ‘n interpretasie van hierdie verse goed nie, maar godsdienstige terroriste gebruik dit om hulself in howe te regverdig. Mohammed se openbaring het ‘n regverdiging gegee vir elke moord gedurende heilige oorloë. Wie ook al in ‘n Islamitiese oorlog teen ‘n ongelowige sterf, gaan ook reguit paradys toe waar onbeskryfbare sensuele plesier op hom wag. Aan die ander kant word ‘n Moslem nie toegelaat om ‘n ander Moslem dood te maak nie, omdat dit ‘n onvergeeflike sonde is volgens Islamitiese wet. Afgodsaanbidders en alle nie-Moslems het geen waarborg van sulke beskerming nie. Om animiste dood te maak word beskou as ‘n goeie daad omdat dit vir die moordenaar hemelse belonings bring.

In Islamitiese wet vind ons ‘n konsep van geregtigheid wat vir ons vreemd is. Die hoë prys vir die vergieting van bloed, al-dyia, kan weerwraak vervang. In lande wat Islamitiese wette toepas, is die wet van ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir tand, van toepassing selfs in motorongelukke. Daar is selde enige kompromie te tref omdat Islamitiese geregtigheid sy eie boetedoening vereis, dit eis dat waarheid en geregtigheid sonder genade toegepas word. Moslems het nie ‘n plaasvervanger of ‘n Lam van God wat as verlossing bevestig is nie. Hulle ken nie die genade van God wat die vereistes van die waarheid oorkom het nie. Daarom voltrek hulle die wet sonder genade.


08.5 - Die Bergrede Weerspreek Djihad

Lewe in die Ou Testament was op geregtigheid gebaseer. Die Mosaïese wet het elke aspek van die lewe gedek, nie net burgerlike wette nie, maar ook godsdienstige sisteme. Die godsdienstige gesag van die staat was dus nodig om toe te sien dat wetsoortreding gestraf word. Godsdienstige oorlog is ‘n onvermydelike gevolg van die Ou Testament en Islamitiese verstaan van die wet en regering. Sedert Jesus Christus verkondig het dat almal hul vyande moet liefhê en dit toegepas het, het alle godsdienstige oorloë hul goddelike legitimiteit verloor. Die kruistogte was verkeerd en ‘n stap terug vir die verhouding tussen godsdiens en politieke outoriteit. Jesus het nie Sy apostels uitgestuur om die Evangelie met swaarde te verkondig nie. Inteendeel, Hy het vir Petrus gesê, "Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan" (Matteus 26:52). Jesus het bereidwillig aan die kruis gesterf, geregtig soos Hy was, en geweier om Sy vyande met ‘n menigte engele te vernietig. Die gees van Jesus is in totale strydigheid met die gees van Mohammed. Jesus het in die bergrede gesê, "Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe'' (Matteus 5:38,39). Jesus het daarom die ou manier van doen oorkom wat op die reg of selfverdediging aanspraak gemaak het. Die liggaamlike swakheid van Christus in Sy kruisiging en Sy geestelike krag van liefde, geloof en hoop was die enigste manier om die duiwel te verslaan en die vereistes van die Goddelike wet te vervul.

‘n Christen staan voor ‘n kritiese vraag: Wat moet ek doen as ek vir militêre diensplig geroep word en moderne wapens moet gebruik en miskien later in ‘n oorlog moet veg? Wat beteken dit vir ‘n gelowige landsburger in ‘n groot nasie of ‘n lid van ‘n Christelike minderheid in ‘n nie-Christen land? In verskillende stadiums van die geskiedenis het gelowiges verskillende antwoorde op hierdie moeilike vraag gegee. Sommige was gereed om tronk toe te gaan vir hul vredevolle intensies en om as martelare vir Christus se onthalwe te sterf. Ander wou gehoorsaam wees aan die gesag wat deur God oor hulle geplaas is. Hulle het die wet teen moord as ‘n individuele saak beskou wat slegs op hul persoonlike lewens van toepassing was. Hulle het aangevoer dat hulle niemand haat nie, maar bereid was om hul land te verdedig. Hulle het hard probeer om hul vyande lief te hê en terselfdertyd aan hul regerings gehoorsaam te wees. Hulle het die komende Koninkryk van God as ‘n ewige geestelike koninkryk beskou, maar erken dat die huidige koninkryke van die wêreld tog baie belangrik was. Enigiemand wat hierdie vraag moeilik vind sal ernstig na die leiding van God soek vir die regte antwoord. So ‘n gelowige moet op sy hoede wees om nie neer te kyk op ander wat anders besluit het nie. Verantwoordelikheid vir ‘n mens se land en huis is net soveel ‘n gebod van God as liefde vir jou vyand.


08.6 - Moderne Moordenaars

Die bergrede wat ‘n beskrywing gee van die koninkryk van die nuwe verbond, kan slegs toegepas word op ‘n persoonlike vlak. Skynbaar is dit nog nie tyd om dit op politieke vlak toe te pas nie. Wanneer iemand aan geweldadige demonstrasies deelneem om vrede te bewerkstellig, dan wys dit dat die bergrede nie verstaan word nie, soos diegene wat uit valse humanitêre motiewe, wêreldwye aborsie ondersteun. Hierdie is die mees afskuwelike misdaad wat al ooit gepleeg is. Miljoene lewende embrio’s word in die baarmoeder doodgemaak. Baie moeders en vaders dra die pyn van moord in hul gewetens. Ons leef in ‘n generasie van moordenaars en ons is onwetend deel van daardie generasie.

Duisende mense is betrokke in verkeersongelukke, nie toevallig of weens moderne tegnologie nie, maar weens dronkenskap en onverskilligheid. As ons die sesde gebod wil nakom, dan moet ons motorongelukke as manslag beskou en volhardend streef om ons bestuurswyses te verander. Ons moet nederige selfbeheer aan die dag lê en die beskerming van God asook geduld vra.

Ons leef in ‘n tyd van omgewingsbesoedeling waar die lug, water en voedselbronne vergiftig word. Miskien kan die plae van God verminder word as ons ons omgewing meer koester en Hom vra hoe om reg te leef. Sodoende word ons wêreld bewaar en streef ons om nie onsself te vernietig nie.

Om jouself te ooreet is ‘n verborge vorm van selfmoord waaraan duisende mense in luukse samelewings deelneem, besig om hulself geleidelik dood te maak. Ander gee hulself oor aan seksuele misbruik en vernietig hul liggaam, siel en gees. Wie ook al jaloers en selfsugtig is, sal aan depressie en eensaamheid ly wat hul lewens verkort. Om te oorwerk en jouself te misbruik is ook selfvernietigend. Ongereelde slaap en ‘n slordige lewenstyl is sonde teenoor jou eie liggaam want dit behoort aan God en nie aan jouself nie.

Jesus het ons selfverloëning geleer en nie selfrealisering nie toe Hy gesê het, "Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind" (Matteus 16:25). Paulus het beklemtoon: "Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees" (Romeine 14:17). Gereelde geestelike lewenspraktyke lei tot gereelde fisiese praktyke en word vergesel deur vrede van die gemoed.

Die sesde gebod verbied alle vorme van moord en moedig ons aan om dade van liefde na te streef. Dit wek in ons simpatie vir hulle wat in ellende leef. Ons moenie ‘n behoeftige persoon verbygaan asof ons hom nie sien nie, maar tyd maak om hom soveel as moontlik te help. Jesus, die geïnkarneerde liefde van God, het gewys hoe om hierdie gebod prakties toe te pas. Sy Gees sal ons lei as ons Hom vir wysheid vra. Dit is Jesus wat moordenaars in kinders van Sy liefde kan verander en hulle help om ook ander verlorenes te red vir geestelike genesing. Dit sal gebeur as ons hulle wys op die Dokter van alle dokters, Jesus, Hy wat hulle vernuwe en van binne af heilig. Hy verander hul moorddadige siele tot diensbaarheid en liefde.

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 11, 2014, at 09:56 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.2.109)