Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 075 (Paul’s Worthiness to write this Epistle)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
BYLAAG TOT DEEL 3 - SPESIALE VERSLAE OOR PAULUS SE KARAKTER AAN DIE LEIERS VAN DIE KERK IN ROME (Romeine 15:14 – 16:27)

1. Paulus se waardigheid om hierdie brief te skryf (Romeine 15:14-16)


ROMEINE 15:14-16
14 Maar ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan. 15 Tog het ek ten dele taamlik gewaag om aan julle te skrywe, broeders, as een wat julle herinner, kragtens die genade wat my deur God gegee is 16 om 'n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, 'n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.

Paulus het sy plan en waardigheid vir die skryf van sy brief opgesom nadat hy sy navorsing oor die teologiese beginsels voltooi het en sy praktiese voorstelle bygevoeg het. Hy het so gedoen sodat sy lesers nie onder kritiek en twyfel sou deurloop nie.

Paulus het aan die Christene in Rome bevestig dat hulle nie ‘n teoretiese of teologiese filosofie nagevolg het nie, maar dat die vrug van die evangelie in hulle gerealiseer is. Hy het hulle sy eie broers in die gees in die familie van God genoem wat kinders van God geword het volgens die waarheid en gees. Hulle het hierdie voorreg gehad omdat hulle gevul was met goedheid, nie uit hulleself nie, maar wat deur God aan hulle gegee is. Hulle het nie net oor die Here en hulle verhouding met hom gepraat nie, maar het ook hierdie toewyding aan hom met liefde, nederigheid en respek uitgeleef, sodat diegene wat buite die kerk was, verbaas was met hul goedheid.

Die apostel Paulus het bevestig dat sulke geestelike voorregte, goddelike karakter en die kennis van God die Vader, deur geloof in sy Seun kom. Hy het gesê, met effense oordrywing, dat hulle gevul was met alle kennis. Hulle het geweet dat die heilige God, die Vader is, dat Jesus Christus sy geliefde Seun was, en dat hulle die krag van die Heilige Gees ervaar het. Daarom het hulle op ‘n ander vlak geleef as die ander Jode en die Heidene in die algemeen.

Dit het hulle die verantwoordelikheid gegee om mekaar te help verander, nie met trots en hoogmoed nie, maar deur die nederigheid van Christus en die leiding van die Gees van waarheid. Die regte liefde word gerealiseer wanneer dit die waarheid in sagmoedigheid en liefde aan diegene kommunikeer wat afdwaal. Die regte spraak benodig egter oefening, kennis en uitvoering met gepastheid en respek. Die apostel Paulus het sy brief geskryf ten spyte van sy geestelike volwassenheid in die beginsels van die Christelike geloof en leefstyl, en hy het sy omvattende brief slegs as ‘n “deel” beskou.

In Deel 1 van sy brief het hy die geregtigheid van God verduidelik: God bly geregtig selfs al het hy sondaars geregverdig gemaak deur die bloed van Jesus Christus en hulle gevul met sy Heilige Gees en ewige liefde.

In Deel 2 het hy die voortgaan van die geregtigheid van God ten spyte van die hardvogtigheid van sy verkose volk beklemtoon, sodat die hele wêreld kon deel hê in die volheid van sy genade wat aan die vaders van geloof belowe is.

In Deel 3 het die apostel die praktiese realisering van die geregtigheid van God in die lewe van die volgelinge van Christus verduidelik. Hulle verdra mekaar sonder klagtes, selfs al het sommige op ‘n ander manier geleef as die ander.

Paulus het oor die volgende beginsels geskryf in sy kort brief: “Die basis van geloof”, “die leer van die uitverkiesing”, en “die beginsels van Christelike gedrag”. Hy het geskryf om die kerk te herinner dat sy begaafd was deur die Gees van God met die universele volheid van God wat aan alle gelowiges gegee is. Hy het die moed gehad om hierdie fundamentele beginsels in die Christelike geloof te beklemtoon omdat hy die vergifnis van God in sy lewe ervaar het ten spyte van die vervolging van die kerk. Verder het die Heilige Een hom geroep om ‘n slaaf van Christus te wees en om die evangelie onder die onrein Heidene te verkondig. Hierdie diens was nie met geweld of die swaard of met die vloei van bloed uitgevoer nie, ook nie met welsprekendheid nie, maar deur gebed, geloof en dankbetuiging voor die troon van God. Paulus het ‘n priester geword wat die nie-Joodse menigte met God versoen het.

Sy harde woorde was daarop gemik om diegene wat onkundig en verlore was, voor te berei om hulleself aan Christus toe te wy deur dankbaarheid in die gehoorsaamheid van geloof, sodat hulle as lede in die geestelike liggaam van Christus ingeënt kon word. Sy diens was deur die krag van die Heilige Gees uitgevoer wat hom gelei het om sy bediening volgens die wil van Christus te voltooi. God se welbehae was met hom, want hy was gehoorsaam aan die motiewe van sy gees.

GEBED: O hemelse Vader, ons verheerlik u omdat u Saulus, die ongehoorsame godsdienstige rabbi, nederig en sagmoedig gemaak het deur die verskyning van Christus aan hom naby Damaskus. U het hom gered, hom geroep en hom met die Heilige Gees versterk om die verlossing van Christus aan die mense van die Mediterreense area te verkondig. Ons dank u vir hierdie bekende brief aan die kerk in Rome, want dit herinner al die kerke van die wêreld aan die beginsels van hulle geloof.

VRAAG:

  1. Wat het Paulus in sy brief geskryf wat hy slegs as ‘n deel beskou het?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 01:15 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)