Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 074 (Christ Overcame all the Differences)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

11. Christus het al die verskille tussen die gelowiges van die Jode en diegene van die Heidene oorkom (Romeine 15:6-13)


ROMEINE 15:6-13
6 sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik. 7 Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God. 8 En ek sê dat Jesus Christus 'n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig; 9 en dat die heidene ter wille van sy barmhartigheid God kan verheerlik, soos geskrywe is: Daarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing. 10 En ook sê Hy: Verbly julle, o nasies, saam met sy volk; 11 en ook: Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke. 12 En Jesaja sê ook: Die wortel van Isai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop. 13 En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

In hoofstukke 9 tot 15 van die brief aan die Romeine is dit duidelik dat die gemeenskaplike lewe wat die Christene van Joodse en Heidense oorsprong gedeel het, ‘n onregverdigbare verskil veroorsaak het. Die kern van hierdie verskil was die besnydenis en kosse volgens die Wet van Moses, en die Joodse en Christelike verse. Die doel van Paulus se goeie woorde aan die Romeine was om die gelowiges uit die Jode met diegene uit die Heidene te verenig en om ‘n brug te bou oor die gaping tussen hulle, want Christus het hulle tog self verenig. Daarom het Paulus aan die einde van sy brief geskryf: “Aanvaar mekaar, ten spyte van julle verskillende oorsprong en tradisies, soos Jesus Christus julle aanvaar en gered het. En wie die geheim van hierdie redding besef, verheerlik die Vader, die Seun en die Heilige Gees saam met ander, sonder enige verskil, partydigheid of haat.”

Liefde vereis die eenheid van verskillende gelowiges en die liefde van Christus is sterker as die verbeelde verskille. Paulus het hierdie beginsel aan die gelowiges van Joodse oorsprong verduidelik en aan hulle verklaar dat die verwagte Messias ‘n dienskneg vir die Jode geword het om die geregtigheid en waarheid van God te openbaar en om sy beloftes in woord en daad te vervul. Daarom het Christus die baie beloftes wat oor hom geopenbaar is vervul aan die vaders van geloof sodat hulle die waarheid mag herken wat nie verdraai kan word nie.

Die apostel het aan die gelowiges uit die onrein Heidene verduidelik dat hulle verdien het om God te verheerlik, want hy was hulle genadig en het hulle met homself versoen, hulle aangeneem en vernuwe. Die lof aan die Vader en die Seun deur diegene wat nie uit die Jode is nie, is bewys van hul keuse in Christus. Dit is ook ‘n vervulling van die beloftes van die Ou Testament, want Christus is ook die lig van die Heidene en die Christene uit die Heidene is ook geregtig om in die blydskap van God te deel. Christus het duidelik gemaak dat hy sy blydskap in hulle wou vervul (Johannes 15:11; 17:13). Die gelowiges van die Heidene moes egter nie die gelowiges van die Jode vergeet nie, maar hulle moes die Vader en die Seun met een stem en hul hele hart, te verheerlik (Deuteronomium 32:43).

Hierdie beloftes in die Ou Testament is nie beperk tot ‘n klein keuse van kontinente nie, maar behoort tot al die beloofte nasies sodat hulle die Vader in die Here Jesus mag verheerlik (Psalm 117:1). In hierdie waardevolle beloftes vind ons die geestelike gesag en groot verlossing vir mense. Hy wat in Christus glo neem deel aan die rykdom van sy genade.

Jesaja het vooruit vertel: “Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra… En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees.” (Jesaja 11:1,10). Hierdie profesie is in Jesus vervul, want hy sit aan die regterhand van die Vader en alle gesag is aan hom gegee, in die hemel en op die aarde. Jesus het ook sy apostels beveel om te gaan en dissipels te maak van al die nasies sodat hulle gelei mag word en gevul word met sy Gees en dat die koninkryk van God in hulle mag groei.

Die gebed van die apostel van die Heidene het ten doel om die hoop te versprei waaruit die eenheid van die gelowiges kom. Die apostel het die volheid van beide groepe gesoek met die blydskap van die hemel en die vrede van die Prins van Vrede om ‘n ware geloof te vestig in die eenheid van die Drie-eenheid sodat hulle almal ryk mag word in die hoop en krag van die Heilige Gees.

GEBED: O hemelse Vader, ons vra u deur u Seun Jesus om die gelowiges van Joodse oorsprong te lei om nie die gelowiges van Heidense oorsprong te minag nie, maar dat alle gelowiges sal besef dat hulle ‘n onverdeelbare eenheid geword het deur die versoening van Jesus Christus. Gee hulle almal bevestiging in Christus en ‘n gesamentlike benadering in geloof dat hulle verenig mag bly in die krag van die Heilige Gees. Amen.

VRAAG:

  1. Hoe het Paulus verwag om die belangrike verskille in die kerk van Rome te oorkom?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 01:05 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)