Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 049 (Paul’s Anxiety for his Lost People)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)

1. Paulus se besorgdheid vir sy verlore mense (Romeine 9:1-3)


ROMEINE 9:1-3
1 Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2 dat dit vir my 'n groot droefheid is en 'n onophoudelike smart vir my hart. 3 Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, 'n vervloeking te wees, wég van Christus af.

Die apostel Paulus begin sy verduideliking van die verharding van die Jode, sy volk, met vreemde woorde: “Ek spreek die waarheid in Christus”. Hy bied nie ‘n filosofie of sy persoonlike siening aan nie, maar praat vanuit ‘n ervaringskennis en sekerheid nadat hy baie gely het vir Christus. Hy deel nie sy eie oortuigings met ons nie, maar Jesus praat eerder deur hom, want die Here is die geestelike hoof en sy volgelinge is sy geestelike liggaam en sy bewegende dele.

Paulus bevestig aan die lesers van hierdie brief dat sy opregte belydenis waar is en sê, “my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees”. Christus is my Redder in wie die Gees van die waarheid werk. Hierdie Gees laat nie leuens, verdraaiing, vermyding of verbeelding toe nie, maar moedig die volgelinge van Christus aan en lei hulle om getuies van die waarheid te wees sodat hul woorde wettig en ryp mag wees.

Die apostel se gewete het sy geestelike kompas geword. Hy is nie net deur sy emosie aangevoer nie, sy hart was vernuwe en hy het aan die leiding van die Heilige Gees oorgegee. Hierdie Goddelike Gees het die vrede van sy gewete bevestig asook sy woorde duidelik gemaak. Sy getuienis was waar in elke sin van die woord.

Wat het Paulus dus getuig na sy lang oorweging?

Hy het getuig dat hy bedroef was vir sy ongehoorsame volk. Die apostel was so bedroef vir sy geliefde familie en kennisse dat sy gevoelens van hartseer hom nie verlaat het nie.

Hierdie groot droefheid weens die groeiende geestelike verharding in sy volk, het in sy hart gewoon en hom gevolg. Sy hart was vermoei dat so baie van sy mense geestelik blind was en nie in staat was om geestelike waarhede te herken wat aan hulle geopenbaar was nie. Die apostel wou hulle dus red, maar hulle wou nie gered wees nie, want hulle het aangeneem dat hulle reeds geregtig was en daarom nie die redding waarvan Paulus gepraat het, nodig gehad het nie.

Paulus se droefheid het so ver gegaan dat hy bereid was om afgesny te word en om die straf van sy mense te dra as dit hul redding sou kon beteken. Sy liefde vir sy mense was so sterk dat hy bereid was om deur Jesus, sy Redder, geweier te word as dit vir hulle van hulp sou wees.

Paulus het sy verlore mense as sy familie en stam gesien. Hy het hulle as sy landsgenote en familie beskou, want hulle het van dieselfde voorouers afgestam. Hy was bereid om alles te doen om hulle van die toorn van God te red.

GEBED: O Here Jesus Christus, u het gehuil oor Jerusalem (Lukas 19:41), en gely weens die ongehoorsaamheid en hardheid van u mense, maar u het hulle sondes vergewe aan die kruis toe u gebid het, “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie” (Lukas 23:34). Help ons, o Here, om ons mense lief te hê, om te ly onder hulle toenemende ongeloof en om vir hulle te bid, asook vir die kinders van Jakob, dat hulle tot egte berou mag kom, u sal herken en aanvaar. Amen.

VRAE:

  1. Wat was die rede vir Paulus se groot droefheid?
  2. Wat was Paulus bereid om op te offer vir die verlossing van sy mense?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:48 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)