Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 036 (Freedom from the Law)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

2. Vryheid van die Wet bewerk ons bevryding van sonde (Romeine 6:15-23)


ROMEINE 6:15-22
15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! 16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? 17 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, 18 en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. 19 Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking. 20 Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid. 21 Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. 22 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

Die geslepe vrae van die Jode het weer eens in Paulus se gedagtes geëggo: Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade?

Paulus het hierdie demoniese vraag totaal verwerp, want dit was nie die produk van die Heilige Gees nie. Paulus het aan die gelowiges getuig dat hulle hulself doelbewus en heeltemal tot die beskikking van Christus gestel het vir sy liefde en daardeur het hulle vry geword van die krag van sonde en die klagtes van die wet. Hulle het die lewe en geregtigheid van God in hulleself gedra. Wie op die vryheid van die mens aanspraak maak sonder die vrees van God is ‘n leuenaar. Dr. Luther het die mens met ‘n donkie vergelyk in sy stelling dat die individu nie sonder ‘n meester kan wees nie, want iemand moet op hom ry. Jy word of deur die duiwel, of deur God gery. Wanneer God jou God word en jy hom blymoedig dra, hom volhardend en ywerig dien, dan eindig wanhoop, sonde en die krag van die dood in jou. Dan begin hoop, vrede en ware geestelike vryheid. Christus het jou bevry, nie vir ongeërgdheid en vermaak nie, maar vir die diens van God en om aan ander goed te doen onder die leiding van die Gees van geregtigheid. Deur gehoorsaamheid aan die leiding van die Heilige Gees word jou gewete gerusgestel. Sonder hierdie gemeenskap in die Gees van Christus bly ‘n mens in wanhoop en ellende.

Christus self het getuig dat hy ‘n las gedra het, hoewel hy vry en die ewige God was. Hy het hom egter blymoediglik aan die las wat sy Vader hom opgedra, onderwerp en was gehoorsaam tot die dood, die dood aan die kruis. Goddelike liefde het Jesus ‘n dienskneg gemaak om die wêreld se sonde weg te neem. Hoekom volg jy hom nie? Dra jy die sonde van jou vriende en ly jy onder hulle nalatigheid? Moenie ontsteld wees nie, maar rig jou hart op hulle verlossing en geestelike bevryding. Die liefde van God dryf jou na die verlossing van almal.

Die lewe met Christus lei jou om baie te dien, nie teoreties of emosioneel nie, maar met vasberadenheid, opoffering en met al jou krag. Net soos jy jou tyd, geld en gawes in die verlede of valse vermaak gespandeer het, so kan jy nou al jou vermoëns in diens van Christus plaas ter wille van die redding van ander. Vertroos diegene wat treur, besoek die siekes, help die honger mense, studeer met diegene wat swak is en verlig diegene met die evangelie wat geregtigheid soek.

Die liefde van Christus in gelowiges is geduldige hoop in ons onregverdige wêreld. Het jy ‘n dienskneg van Christus geword, ‘n dienskneg van sy liefde? Indien wel, dan het sonde geen mag oor jou nie, jy wat die dood oorwin het deur jou bekering, wat saam met Christus gekruisig is, met die Heilige Gees vervul is en die ewige lewe ontvang het. Jy het ‘n wonderlike hoop saam met hulle wat in Christus leef.

ROMEINE 6:23
23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Hierdie vers som die hele evangelie op, ‘n duidelike uiteensetting van die vrug van die natuurlike mens en die wonderlike gawe wat Jesus Christus ons gee.

1. Ons sterf want ons sondig. Die dood is onvermydelik want ons is sondig. Aangesien almal sondig is, sterf almal. Dit is die gevolg van lewe.

2. Hy wat egter in Christus glo, ontvang die gawe van God. Hierdie gawe is nie silwer, goud of enige waardevolle materiaal nie, dit kan ook nie tussen al die elemente van die hele wêreld gevind word nie. Dit kom direk van die hart van God en woon waarlik in ons harte. Hy gee sy eie lewe aan almal wat saam met sy Seun gekruisig is, sodat hulle vir ewig in sy heerskappy mag deel. Hy doen so omdat hy die Here van die here is en hy heers met sy Vader en die Heilige Gees, een God vir ewig en ewig.

GEBED: Ons aanbid u, o Vader, Seun en Heilige Gees, want u het ons weggeneem van ons betrokkenheid by sonde en oortredings, ons bevry van die bindinge van die dood, ons gedra na die ruimtes van Christus en ons gevul met die lewe van u Heilige Gees sodat ons nie mag sterf nie, maar vir ewig in en met u kan leef weens u groot genade.

VRAAG:

  1. Wat is die verskil tussen die gebondenheid aan sonde en die dood, en die liefde van Christus?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:46 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)