Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 035 (The Believer Considers Himself Dead to Sin)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

1. Die gelowige beskou homself dood vir die sonde (Romeine 6:1-14)


ROMEINE 6:12-14
12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. 13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

Hy wat van die mag van sonde bevry is en in gemeenskap met Christus gevestig is, haat sonde en verag dit en wil nie langer daarin voortdoen nie. Begeertes is sterk, maar die liefde van Christus is sterker. Hy wat in die evangelie en in gebed volhard, verkry die krag om al die begeertes van sy liggaam en siel te weerstaan. Hy dien nie homself nie en volg nie bose lering nie, maar weerhou homself doelbewus van kwaadwillige optrede. Hy hoor nie meer die roepstem van versoeking nie, want hy volhard in gemeenskap met die triomfantlike Jesus wie se krag sterker is as al die motiewe van die dood in die liggaam. Die Heilige Gees bevestig kennis in jou wat wyser is as al die filosofieë van die wêreld.

Weerhou jou van alle bose dade, boeke, films en slegte geselskap. Moenie toelaat dat dit jou van jou gemeenskap met Christus skei nie. Moenie in die krag van sonde glo nie, maar vertrou in Christus en die krag van sy verlossing.

Jy het God se eie geword. Sy Gees woon in jou en jy het die ewige waarheid ervaar. Hoe kan jy dan oor jou lewe dink sonder God? Bring jouself na jou Here, soos ‘n soldaat na die heilige oorlog, en gee jou tyd, krag en geld aan hom. Jou offer is nie ‘n verpligting nie, maar ‘n voorreg, ‘n dankbetuiging en ‘n plesier. Vra jou Here waar hy wil hê dat jy moet dien, want die oes is oorvloedig, maar die werkers min. Bid daarom tot die Here van die oes om werkers uit te stuur. Moet egter nie jou Here haastig en eiesinnig dien nie, maar gee oor aan sy leiding. Hy wil deur jou, mense wat dood is in hul sonde, opwek sodat hulle in sy ewige lewe mag voortgaan. Gee daarom jou liggaam en al jou besittings as wapens van geregtigheid aan God.

Moenie vergeet om dank te betuig nie, want jy was dood in sonde, maar is nou lewend in Christus. Bring jou gawes terug na God sodat hy dit as instrumente mag gebruik vir die verlossing van baie. Die Heilige Een kwalifiseer jou vir Christus en stuur jou uit om die krag van sy geregtigheid in jou swakheid te verheerlik. Moenie huiwer nie! Die apostel Paulus het homself ‘n dienskneg van Christus genoem. Wanneer sal jy hom waarlik volg en ten alle tye jou lewe in diens van God gee?

Almal wat soos Paulus dien in die gemeenskap van die liefde van God, ervaar elke dag die krag van die Heilige Gees en besef dat verandering in hulle harte plaasgevind het. Die sonde sit nie meer op die troon van jou hart nie, maar Christus self is in beheer van jou hart en deur sy inwoning het ‘n nuwe era in ons lewens aangebreek. Ons gehoorsaamheid aan die gebooie van God is nie ‘n onmoontlike verpligting nie, maar ons begeer om dit met blymoedigheid te gehoorsaam, aangepor deur die krag van die Gees. Elke Christen is begaafd met die krag van genade. Die dood en verdorwenheid heers nie ons nie. Die enigste een wat in ons harte en verstand heers is Christus met sy groot genade.

GEBED: O Here Jesus Christus, ons loof u elke more en elke aand, want u het u aan ons nietige liggame verbind om ons vennote in die ewige lewe te maak. U heers in ons harte en gedagtes. Leer ons om wys op te tree sodat ons u en u hemelse Vader mag loof met ons hele verstand, al ons krag en geld en dat ons as diensknegte van u liefde beskou mag word saam alle gelowiges.

VRAAG:

  1. Hoe bring ons onsself en die lede van ons liggaam as werktuie van geregtigheid na God?

Daarom oefen ek my ook om altyd
voor God en die mense 'n rein gewete te hê.

(Handelinge 24:16)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:44 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)