Waters of LifeBiblical Studies in Multiple Languages |
|
Home Bible Treasures Afrikaans |
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba
Previous Lesson -- Next Lesson ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)
3. Bevryding van die Wet bevry ons vir die diens van Christus (Romeine 7:1-6)ROMEINE 7:1-6 Paulus wou graag hê dat sy medegelowiges in Rome van Joodse oorsprong, sy lering sou aanvaar ten opsigte van hul morele toestand van dood en hul opstanding in Christus as gelowiges. Paulus het egter geweet dat hy ook ‘n duidelike antwoord moet gee oor die posisie teenoor die wet, want hulle het daarin die inspirasie van God gesien, die hoogtepunt van alle openbaring en die volheid van die Goddelike wil wat aan Moses gegee is. Paulus het aan hulle gesê: Julle wat die Wet ken en liefhet is daardeur gebind soos twee mense deur die huweliksbond. Soos die huweliksbond ontbind by die afsterwe van ‘n huweliksmaat, so is julle bevry van die wet omdat julle gesterf het in die dood van Christus. Sy liggaam wat begrawe is, is julle s’n deurdat die dood geen mag oor julle het nie. Christus het egter uit die dood opgestaan en nou kies julle wat vry is, die Prins van lewe en staan in ‘n nuwe verbond met die Seun van God. Die ou verbond was ‘n verbond van die dood vir die finale oordeel van die wet. Noudat julle in gemeenskap met die Prins van lewe getree het, verskyn die vrug van sy Gees ryklik in julle: liefde, vreugde, geduld, goedheid, getrouheid, vriendelikheid, selfbeheersing asook al die eienskappe van Jesus, dankbaarheid, waarheid, reinheid en vergenoegdheid. God verwag die vrug van sy Seun in jou lewe, want Christus het gesterf, opgestaan en het sy Gees in mense uitgestort sodat baie die volheid van sy vrug in hul lewens sal voortbring. Soos ‘n wingerdsnoeier hard werk en vrug verwag, so het God ‘n reg in jou. Voor Christus, was die mens as ’n slaaf van die wet beskou, totdat alle begeertes in sy liggaam floreer het, want wat die wet verbied, hits ons aan om boosheid te doen. Die wet het ons gelei om meer vrug van die dood voort te bring. Dit bring ons nie net tot oortreding nie, maar veroordeel ons ongenadiglik. In Christus het ons egter aan al die vereistes van die wet gesterf, want Christus het die wet volkome vervul deur sy dood. Aangesien ons aan onsself gesterf het deur ons geloof in die Gekruisigde Een, beskou ons onsself dood en onverbonde aan die ou letter van openbaring. Terselfdertyd het die Seun van God ons na ‘n nuwe verbonde geroep wat in ‘n beter verbond gegrond is sodat ons nie by die letter van die wet mag struikel nie, maar God in die krag van sy Gees sal dien. Ons lewens word nie omring met dreigende verbiedinge nie, maar ons is genooi deur liefde na ‘n lewe van vreugde en die krag van Goddelike vrede. Die Gees van die nuwe verbond word nie oud of moeg nie, want hy is God en sy volheid is eindeloos. Hy het onbeperkte vermoëns van wysheid, goedheid en hoop. Gee daarom heeltemal oor aan die leiding van die Gees van God in sy evangelie sodat jy geestelike rykdom en Goddelike krag kan bekom, sodat jy in die nederigheid van Christus kan groei omdat jy gesterf het en hy in jou lewe. GEBED: O heilige God, dankie dat u ons vanuit gebondenheid aan die Wet geroep het, deur die dood van Christus wat liefde en waarheid in sy lewe en sy kruis vervul het. Ons verheerlik u want u bring ons na die nuwe verbond en u woon met u vertroostende Gees in ons harte sodat ons sy vrug mag dra deur die krag van u genade. VRAAG:
Maar ons glo dat |