Waters of Life

Biblical Studies in Multiple Languages

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- Romans - 037 (Deliverance to the Service of Christ)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

3. Bevryding van die Wet bevry ons vir die diens van Christus (Romeine 7:1-6)


ROMEINE 7:1-6
1 Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? 2 Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. 3 Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie 'n egbreekster is as sy 'n ander man s'n word nie. 4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan 'n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. 5 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. 6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

Paulus wou graag hê dat sy medegelowiges in Rome van Joodse oorsprong, sy lering sou aanvaar ten opsigte van hul morele toestand van dood en hul opstanding in Christus as gelowiges. Paulus het egter geweet dat hy ook ‘n duidelike antwoord moet gee oor die posisie teenoor die wet, want hulle het daarin die inspirasie van God gesien, die hoogtepunt van alle openbaring en die volheid van die Goddelike wil wat aan Moses gegee is.

Paulus het aan hulle gesê: Julle wat die Wet ken en liefhet is daardeur gebind soos twee mense deur die huweliksbond. Soos die huweliksbond ontbind by die afsterwe van ‘n huweliksmaat, so is julle bevry van die wet omdat julle gesterf het in die dood van Christus. Sy liggaam wat begrawe is, is julle s’n deurdat die dood geen mag oor julle het nie.

Christus het egter uit die dood opgestaan en nou kies julle wat vry is, die Prins van lewe en staan in ‘n nuwe verbond met die Seun van God. Die ou verbond was ‘n verbond van die dood vir die finale oordeel van die wet. Noudat julle in gemeenskap met die Prins van lewe getree het, verskyn die vrug van sy Gees ryklik in julle: liefde, vreugde, geduld, goedheid, getrouheid, vriendelikheid, selfbeheersing asook al die eienskappe van Jesus, dankbaarheid, waarheid, reinheid en vergenoegdheid.

God verwag die vrug van sy Seun in jou lewe, want Christus het gesterf, opgestaan en het sy Gees in mense uitgestort sodat baie die volheid van sy vrug in hul lewens sal voortbring. Soos ‘n wingerdsnoeier hard werk en vrug verwag, so het God ‘n reg in jou.

Voor Christus, was die mens as ’n slaaf van die wet beskou, totdat alle begeertes in sy liggaam floreer het, want wat die wet verbied, hits ons aan om boosheid te doen. Die wet het ons gelei om meer vrug van die dood voort te bring. Dit bring ons nie net tot oortreding nie, maar veroordeel ons ongenadiglik.

In Christus het ons egter aan al die vereistes van die wet gesterf, want Christus het die wet volkome vervul deur sy dood. Aangesien ons aan onsself gesterf het deur ons geloof in die Gekruisigde Een, beskou ons onsself dood en onverbonde aan die ou letter van openbaring.

Terselfdertyd het die Seun van God ons na ‘n nuwe verbonde geroep wat in ‘n beter verbond gegrond is sodat ons nie by die letter van die wet mag struikel nie, maar God in die krag van sy Gees sal dien. Ons lewens word nie omring met dreigende verbiedinge nie, maar ons is genooi deur liefde na ‘n lewe van vreugde en die krag van Goddelike vrede. Die Gees van die nuwe verbond word nie oud of moeg nie, want hy is God en sy volheid is eindeloos. Hy het onbeperkte vermoëns van wysheid, goedheid en hoop. Gee daarom heeltemal oor aan die leiding van die Gees van God in sy evangelie sodat jy geestelike rykdom en Goddelike krag kan bekom, sodat jy in die nederigheid van Christus kan groei omdat jy gesterf het en hy in jou lewe.

GEBED: O heilige God, dankie dat u ons vanuit gebondenheid aan die Wet geroep het, deur die dood van Christus wat liefde en waarheid in sy lewe en sy kruis vervul het. Ons verheerlik u want u bring ons na die nuwe verbond en u woon met u vertroostende Gees in ons harte sodat ons sy vrug mag dra deur die krag van u genade.

VRAAG:

  1. Waarom is alle gelowiges bevry van die vereistes van die ou verbond?

Maar ons glo dat
ons deur die genade van die Here Jesus Christus
gered word
op dieselfde manier as hulle ook.

(Handelinge 15:11)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:47 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)