Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 068 (Be Obedient to your Authorities)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

5. Wees gehoorsaam aan die owerheid (Romeine 13:1-6)


ROMEINE 13:1-6
1 Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, 2 sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. 3 Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; 4 want hy is 'n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is 'n dienaar van God, 'n wreker om die een wat kwaad doen, te straf. 5 Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete. 6 Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.

Baie ly onder die twis tussen verskillende partye, van die misleiding van leraars, van onregverdige regerings en van blinde wanorde. Daar is geen perfekte regering in hierdie wêreld nie, want daar is geen sondelose mens in hierdie wêreld nie. Daarom moet ons geduld hê met ons regerings, soos God geduld het met ons en ons gesinne.

Die apostel het gesien dat geen regering oor sy mense regeer sonder dat dit deur God self so bemagtig en bepaal is nie. Daarom is dit verantwoordbaar aan die ewige Regter. Korrupte mense verdien waarskynlik ‘n korrupte regering.

As jy diep nadink oor die woorde van die apostel van die Heidene, dan sal jy vreemde uitdrukkings vind:

a) Alle regerings word deur God bepaal, want niks gebeur sonder sy kennis en wil nie.
b) Hy wat sy regering ongehoorsaam is ongehoorsaam aan God.
c) Hy wat teen die owerheid rebelleer ontvang ‘n regverdige straf.
d) Die Here het dienaars en presidente geroep om ‘n rede vir vrees te wees vir die kriminele en bedrieërs, en om die swaard van geregtigheid met wysheid en gelykheid te gebruik.
e) Die wat goed doen hoef nie te vrees nie. Hulle het ‘n regverdige regering nodig wat as God se dienaars geroep is om die geregtiges te bemoedig om te volhard in konstruktiewe diens.

Die apostel Paulus het twee keer na die regering as “dienaars van God” verwys. As dit daarom die beginsels van waarheid en geregtigheid bevestig, dan sal God dit seën en beloon saam met die mense. As dit egter die waarheid verdraai of omkoopgeld ontvang, dan sal God dit straf. Regeringsamptenare is God se dienaars volgens hulle roeping en hulle ervaar God se beskerming of sy oordeel.

Jesus het die saak besleg met verwysing na die verpligting teenoor die betaling van belasting en ander verpligtinge toe hy gesê het: “Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.” (Matteus 22:21). Met hierdie stelling het Christus die mens verantwoordelik gehou om sy verpligtinge teenoor die regering getrou uit te voer sonder uitstel. Hy het terselfdertyd die gesag van die regering beperk. As enige regering daarom die ware God en sy gebooie teenstaan, of beveel dat ander gode gedien word, dan moet die mens so ‘n regering teenstaan, want “ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense (Handelinge 5:29), selfs as sulke teenstand weens ons geloof beteken dat ons verban, gemartel of doodgemaak kan word. Die Mediterreense areas het gevloei met die bloed van martelaars wat gebedsvegters was vir hul regerings, maar hulle het oordele teengestaan waar dit teen die Gees van Christus was.

Die Bybel sê dat die Antichris in die laaste dae as ‘n gesag oor die mense van die wêreld sal opstaan en hulle beveel om hom te aanbid eerder as die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit sê ook dat wie tot God bid as ‘n teenstander van die Antichris se bevele beskou sal word en ‘n pynlike dood sal sterf. Tog is dit beter vir ‘n mens om vir ‘n kort tydjie te ly as om vir ewig te vergaan.

Dit is ook ons geestelike verpligting om te bid vir die verkiesing van ons regerings en die grondwet en vir die realisering van regte, want die regeringsamptenare kan nie doen wat goed is behalwe deur die genade van God nie.

GEBED: O Here Jesus, u het u Vader gehoorsaam eerder as mense en daarom is u gekruisig. Help ons om te bid vir die welsyn van ons regerings en gee ons die moed om hulle teen te staan as hulle ons tot ongeloof forseer of tot die doen van die kwaad.

VRAAG:

  1. Wat is die grense van gesag van elke regering en hoekom moet ons God gehoorsaam eerder as mense?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:57 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)