Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 067 (Love your Enemies and Opponents)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

4. Wees lief vir jou vyande en opponente (Romeine 12:17-21)


ROMEINE 12:17-21
17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; 18 as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. 20 As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop. 21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Jesus het die gebod oorkom wat sê: “’n oog vir ‘n oog”. Hy het ‘n einde daaraan gemaak (Eksodus 21:24; Levitikus 24:19-20; Matteus 5:38-42) en aan ons sy nuwe gebod van liefde en hulp gegee, om ons vyande te seën. Sodoende het hy al die konsepte van die wet van die Ou Testament verwerp en ons na die hemelse pad gelei te midde van ons korrupte wêreld.

Die apostel het gestrewe, onder die leiding van die Heilige Gees, om die wette van Jesus na te kom en om dit aan die kerke te leer. As iemand jou daarom mislei het of kwaad van jou gepraat het, moet dan nie geweldadig en met wrewel aanspraak maak op jou regte en waardigheid nie, maar gee die probleem vir die Here wat sy geregtigheid vir die onderdrukte sal uitvoer. Wees getuie vir die waarheid en moenie stroef wees nie. Probeer jou bes om vrede te maak. Offer jou tyd en regte op. Bid dat God sy vrede vir jou en jou vyande sal gee. Die Here van liefde kan die verharde hart sag maak en daardeur vir jou respek laat kom.

Wraak word heeltemal verbied in die Christelike geloof, want God alleen is die Regverdige Een wat weens sy heiligheid alle situasies verstaan en met wysheid en geregtigheid oordeel (Deuteronomium 32:35).

Jesus het ons verhinder om ander te oordeel weens ons beperkte kennis. Hy het duidelik gesê: “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.” (Matteus 7:1-5).

Hierdie stelling van ons Here bring ons af van die hoogtes van ons ego’s en selfmisleiding, en wys ons dat niemand ‘n perfekte reg het nie. Ons is almal onvolmaak, met foute en haastig om ander se sonde te oordeel, terwyl onsself sonder berou is. Paulus het die woorde van Jesus oor liefde vir ons vyande prakties verduidelik: As jou vyand nie kos kan bekostig nie, help hom en moenie dat hy honger ly nie. As hy nie water in sy huis het nie, gee vir hom water uit jou eie huis, gratis, sodat hy nie dors ly nie. Jy moet besorg wees oor die behoeftes van jou vyand, soos die wyse koning Salomo gesê het: “As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink. Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde” (Spreuke 25:21-22). Hierdie wysheid is nie ‘n nuwe filosofie nie. Dit is drieduisend jaar gelede al herken. Die probleem is nie wysheid of geen wysheid nie, maar trotse, verharde harte wat nie buig, vergewe of die Here se vergifnis vir sondes vra nie.

Paulus het sy toespraak met hierdie wonderlike stelling opgesom: “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” (Romeine 12:21). Met hierdie verse wil die apostel aan jou sê: Moenie dat die bose jou binnedring nie. Moenie boos wees nie, maar oorkom die bose teen jou deur die goedheid van Christus en sy liefde wat alle verstand te bowe gaan. Hierdie beginsel is die geheim van die evangelie. Jesus het die sonde van die wêreld weggeneem en dit in sy heilige liefde, en versoenende dood vir ons, oorkom. Christus is die triomfantlike Oorwinnaar. Hy wil dat jy jou boosheid sal oorkom en die hardheid van jou hart, sodat jy die geestelike krag kan ontvang om die boosheid van ander te verdra en dit kan oorkom deur jou gebede en geduldige liefde.

GEBED: O Here Jesus, ons aanbid u want u is die beliggaamde liefde van God. U het nie u liefde geforseer of u reg afgedwing met wrewel of wraak nie, maar u het u vyande vergewe en gesê: “Vader vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” So kon ons gevul word met u Gees, ons vyande vergewe, hulle help en seën, en hulle verdra soos u gedoen het.

VRAAG:

  1. Hoe vergewe ons ons vyande en hoe doen ons dit sonder haat of wrewel?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:56 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)