Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 032 (The Grace of Christ)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
C - REGVERDIGMAKING BETEKEN ‘N NUWE VERHOUDING MET GOD EN MENS (Romeine 5:1-21)

3. Die genade van Christus oorkom die dood, sonde en die Wet (Romeine 5:12-21)


ROMEINE 5:12-14
12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het 13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. 14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom.

Paulus verduidelik aan ons die misterie van die dood en wys dat ons sonde die rede vir ons vernietiging is. Ons eerste ouers het hul rebellie teen God begin en het veroordeling tot die dood daarvoor gekry. Alle skepsels is daardeur in korrupsie gedompel, want ons is almal van dieselfde ras. Sedert daardie tyd het die dood oor alle kreature geheers, selfs oor die regsgeleerdes en die vrome mense van die ou verbond, want sonde het sigbaar verskyn en die straf van sonde het wettig geword sedert die verskyning van die wet.

Ons sterf almal, want ons is sondig. Ons menslike wêreld het geen ewige lewe nie. Ons vorder geleidelik tot die dood, want ons dra die saad van die dood in ons. God gee ons egter tyd om te bekeer sodat ons die Redder mag aanvaar en aan die nuwe lewe deur die Christelike geloof bekend gestel mag word.

ROMEINE 5:15-17
15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword. 16 En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak. 17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Paulus verduidelik aan ons die misterie van sonde en die dood deur die eerste Adam en van geregtigheid en lewe deur die tweede Adam wat hy ons eerste vader noem, “'n voorbeeld is van Hom wat sou kom”.

Paulus het nie gesê dat soos sonde en die dood na baie versprei deur Adam, so versprei die genade van God en die gawe van ewige lewe deur Jesus na baie nie, want Christus is groter as Adam en verskillend van hom. Ons Here gee ons nie ‘n bietjie nie, maar ‘n oorvloedigheid van hemelse genade en gawes. Sy genade is oorvloedig in baie. Dis nie dodelik en verlammend soos die dood nie, maar dit bring herlewing, vrugte, groei en ‘n sterk lewe mee.

Die vonnis van God teen sonde het met die eerste mens begin en het outomaties ‘n veroordeling van almal geword. Dis nie dieselfde met regverdigmaking nie, dit het nie by een sondaar gebeur nie, maar met alle sondaars, want Jesus het hulle almal op een slag regverdig gemaak. Hy wat in hom glo is geregverdig.

Toe die dood weens die sonde van ons eerste ouers ‘n dodelike koning oor die mensdom geword het, het Jesus met sy groot genade ‘n fontein van genade en goedheid geopen waaruit die ewige lewe na alle gelowiges vloei. Die lewe van God het egter nie met geweld oor die harte van gelowiges geheers nie (soos die dood het nie), maar diegene wat gereinig is, sal vir ewig saam met Christus hul Redder en Here heers. Die grootheid van Christus kan nie met Adam vergelyk word nie, want die genade en lewe van God is heeltemal verskillend van die dood en veroordeling.

ROMEINE 5:18-21
18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. 19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. 20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; 21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

Paulus keer terug na sy wetlike vergelyking tussen Adam en Christus. In hierdie gedeelte vergelyk hy egter nie die persone eerste nie, maar hul dade en die effekte daarvan. Deur een oortreding het veroordeling oor alle mense geheers, maar deur een geregtige daad is regverdiging en die waarheid in die ewige lewe aan alle mense gebied. Hoe wonderlik is hierdie hemelse aanbieding! Ja, deur die ongehoorsaamheid van die eerste mens is ons almal gevangenes gemaak van sonde; maar deur die eerste gehoorsaamheid is ons bevry en regverdig gemaak.

Laastens, in sy vergelyking tussen Adam met sy sonde en Christus met sy geregtigheid, kom Paulus by die probleem van die wet. Die wet is nie beskou as iets wat help vir verlossing van die wêreld nie, want dit het in die geskiedenis van verlossing verskyn om oortreding uit te wys en die mens aan te hits om sy ongehoorsaamheid te voltooi. Die wet het die hardvogtigheid en sonde van die mens vermeerder. Christus het ons egter nader gebring aan die bron van alle genade en hy het die volheid van sy krag en sy volgehoue geregtigheid aan ons gebied sodat strome van genade na al die woestyne van die wêreld mag vloei. Paul verbly hom en roep blymoedig uit, “As sonde in die verlede deur die dood oor alle mense geheers het, dan is die bose oorheersing nou verby, want genade is as koningin gekroon in ons tyd, en dis gebou op die geregtigheid van God wat bevestig is deur die kruis van Jesus.”

Elke mens het ‘n rede vir dankbaarheid, verligting en lof, want die dood en opstanding van Christus het ‘n nuwe historiese periode vir ons oopgemaak, waar die mag van sonde en die dood oorkom is. Ons sien die ontwikkeling van genade deur die vrug daarvan en deur die ewige lewe. Die volheid van die krag van God werk deur die evangelie in almal wat in Christus glo.

GEBED: Ons aanbid u Here Jesus, want u is die Oorwinnaar oor sonde, dood en Satan. U het ons in die era van genade ingedra en ons vennote gemaak in die wonderlike dinge van u lewe. Versterk ons geloof en verlig ons verstand dat ons nie na magte van die verlede mag draai wat oorkom is nie. Bevestig ons in u genade en bring die vrug van u Gees voort in ons almal as bewys dat u genade inderdaad heers en dat dit sterker is as die dood. Dankie dat u ons geseën het met u volheid en dat u ons beskerm het deur u magtige getrouheid.

VRAAG:

  1. Wat wil Paulus ons wys deur sy vergelyking tussen Adam en Jesus?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:38 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)