Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 055 (The Aggravation of the Offense of the Israelite People)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
4. Die geregtigheid van God word slegs deur geloof verkry en nie deur die Wet te probeer onderhou nie (Romeine 9:30 - 10:21)

b) Die verergering van die oortreding van die Israelitiese mense omdat God hulle meer genadig was as enige ander mense (Romeine 10:4-8)


ROMEINE 10:4-8
4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. 5 Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. 6 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; 7 of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? 8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:

Paulus getuig dat die uiteindelike doel van die wet, Jesus Christus is, want hy is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur hom nie (Johannes 14:6).

Christus het al die vereistes van die wet vervul, al die details daarvan, en ‘n voorbeeld geword om na te volg. As ons onsself daarom met hom vergelyk, dan sien ons hoe korrup ons is. Dit geld vir beide Jode en Christene, want almal het gesondig en kom kort aan die heerlikheid van God, aangesien almal liefde en waarheid kortkom. (Levitikus 18:5; Romeine 3:23).

Terselfdertyd het Jesus die hele wêreld tot die heilige God versoen deur sy dood (2 Korintiërs 5:18-21). Christus het die ou wet heeltemal vervul en is daarom ons nuwe wet in wie ons die wet van genade sien. Sedert sy versoenende dood is ons nuwe reg vervul, dat ons regverdigmaking deur genade verkry het om die ewige lewe te beërwe. Christus is dus ons geregtigheid (Jesaja 45:24; Jeremia 23:6; 33:16) en wie na hom draai, sal nie veroordeel word.

Die Here sê in die wet van Moses: hy wat my gebooie onderhou sal lewe. Maar niemand onderhou al die gebooie van God, behalwe Jesus alleen nie. Niemand leef daarom vir altyd uit hulself nie. Dit is waarom die Jode deur hul gebede, diens, vas en verwagtings probeer het om die beloofte Messias af te bring om hulle van die toorn van God te red. Aan die anderkant wil hulle nie hoor van die ware Messias wat gewilliglik afgekom het nie. Die geregtigheid van geloof het nie ‘n nuwe Christus nodig om neer te kom vanuit die hemel nie, dit het ook nie ‘n nuwe Christus nodig om op te staan van die dood nie, want Christus het reeds na ons neergekom (Lukas 2:11) en uit die dood opgestaan (Matteus 28:5,6) sodat die woord van lewe baie bereik het. Die evangelie wat gepreek word is vol van die gesag van Christus. Wie dit hoor en glo ontvang die seën van die evangelie in hul harte. Ons is ryker as wat ons weet en moet daarom met ander hierdie geestelike voedsel deel. Hulle dink aan hulself as groot en sterk, terwyl hulle eintlik verganklik en dood is in hul sonde.

GEBED: O hemelse Vader, ons aanbid u want u het u enigste Seun gestuur om u wet te vervul, om die wêreld se sonde weg te neem en om ons te versoen. Weens sy versoenende dood kan die wet ons nie meer aankla nie. Jesus het die tyd van die wet geëindig en ons in die tyd van genade ingebring. Amen.

VRAE:

  1. Wat is die betekenis van Paulus se leuse: Christus is die einde van die wet?
  2. Waarom sien Jode uit na die koms van hul Messias?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:47 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)