Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 040 (In Christ, Man is Delivered)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

6. In Christus is die mens bevry van sonde, dood en veroordeling (Romeine 8:1-11)


ROMEINE 8:1
1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

In hoofstukke 5-7 bevestig die apostel Paulus ons onvermoë om onsself te red van ons bose natuur deur ons eie krag. Hy verduidelik dat die Wet ons nie help nie, maar ons aanhits tot begeerte na sonde en ons dan daarvoor verdoem. Die gees van die dood heers in ons liggame en sonde oorheers ons goeie wil. So stroop die apostel die mens van enige vermoë om homself te red deur sy eie krag en word sy vals hoop vernietig om ‘n rein en opregte lewe te lei deur menslike krag en morele strewe.

Na hierdie onweerspreekbare bewys wys die apostel ons die enigste weg na ‘n lewe met God. Hy verwys in hoofstuk 8 na die beginsels van die nuwe lewe as om “in Christus” te wees.

Die mens wat verenig is met Jesus loop nie alleen of met skuld nie, is nie verworpe of in swakheid nie, want die Here is by hom, beskerm hom en sorg vir hom. Die Here doen so, nie omdat die gelowige in homself goed is nie, maar omdat hy toegewy is aan die genadige Redder wat hom regverdig en heilig, hom in liefde versier en vir ewig by hom bly. Christus self woon in die gelowige en verander en ontwikkel hom in die volheid van die gees. Dit is wat die apostel noem om “in Christus” te wees. Hy praat nie van ‘n volharding in die kerk nie, maar vra van ons om met Christus verenig te word en onsself in sy liefde te verloor.

Ons geloof is nie gebaseer op teoretiese oortuigings nie, maar dit manifesteer in heilige optrede, want Christus het gemaak dat ons trots aan die kruis gesterf het en ons opgewek is deur sy opstanding tot ‘n nuwe lewe. Hy wat in sy Here glo, kleef aan hom en ontvang van hom ‘n hemelse krag. Hierdie woorde is nie leë filosofie nie, maar die ervaring van miljoene gelowiges in wie die Heilige Gees woon. God self kom woon in die een wat Christus en sy verlossing aanvaar.

Die Heilige Gees, as Goddelike en unieke pleitbesorger, vertroos jou verwarde gewete teen die aanklagtes van die duiwel. Hy bevestig aan jou, in die naam van die heilige God, dat jy geregverdig is in Christus en dat jy die hemelse krag gekry het sodat jy rein mag lewe te midde van hierdie korrupte wêreld. Die inwoning van die Heilige Gees verander die toestand van die mens soos Paulus in hoofstuk 7 beskryf. Hy bly nie langer as ‘n natuurlike, vleeslike en swak mens nie, maar kry die vermoë om in die krag van die Gees, God se wil te doen. Noudat hy die wonderlike verlossing in die krag van die Gees ervaar het, verander Paulus se vorige belydenis dat wat hy wou doen hy nie gedoen het nie, maar wat hy gehaat het om te doen, dit het hy gedoen. Hy doen nou wat God wil en sy hart word versterk met God se krag.

Die Gees bevestig dat die opgestane en triomfantlike Christus jou ook sal vergesel gedurende die ure van oordeel. Hy sal jou in sy arms dra, deur die vlamme van God se toorn en sal jou beskerm van die strale van die Heilige Een, want daar is geen veroordeling vir hulle wat in Christus Jesus is nie.

Hy help jou ook vandag om die Christelike lewe te lei in die geduld van liefde, die vreugde van nederigheid en die waarheid van reinheid, nie omdat jy hierdie deugde in jouself kan skep nie, maar omdat jy in Christus bly soos die lote aan ‘n wynstok. Dit is waarom jou Here vir jou sê: “Bly in my en ek in jou dat jy baie vrug mag voortbring”. Hoe wonderlik is ons hoop!

GEBED: O heilige God, ons aanbid u en juig, want u het ons verlos van ons hoogmoed, ons gered van onrein optrede, ons geregverdig van al ons sonde en ons gereinig van ons oortredinge. Ons loof u want u het ons lewe in u gedra en ons verlos met u liefde dat ons heilig mag wandel en in u ewige gemeenskap mag lewe saam met almal wat geroep is.

VRAAG:

  1. Wat is die betekenis van die eerste sin in hoofstuk 8?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:52 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)