Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 041 (In Christ, Man is Delivered)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
D - DIE KRAG VAN GOD BEVRY ONS VAN DIE MAG VAN SONDE (Romeine 6:1 - 8:27)

6. In Christus is die mens bevry van sonde, dood en veroordeling (Romeine 8:1-11)


ROMEINE 8:2
2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Ons geloof is vol lewe, want die Heilie Gees word in die hart van gelowiges uitgestort as hulle hul harte vir Christus oopmaak. Hierdie lewegewende Gees is die skeppende krag van God wat in diegene werk wat op die Gekruisigde Een staat maak.

Aan die begin van die skepping het die Gees oor die vormlose aarde gesweef. Vandag skep hierdie Gees lewe van hoop in miljoene mense. Ons as gelowiges leef nie uit onsself nie, maar vanuit sy sorg, aansporing en geduld. Wie sy hart oopmaak vir die werk van die Gees van Christus, word gevul met die krag van God. Jy word nie gered of geheilig deur jou eie wil, gedagtes of krag nie, maar slegs deur die Heilige Gees van God. Hy is die skepper van jou geloof, die outeur van jou liefde, die oorsprong van jou vreugde en welwillendheid. Hy is God wat in ons werk, ons aanspoor tot dade van genade en volharding, en wat ons tot volmaaktheid in liefde lei.

Hierdie lewe van die Gees is nie veranderlik soos ‘n wind wat elke oomblik van rigting verander nie. Dit is ordelik en wetmatig, daarom dat die apostel dit “die wet van die Gees van die lewe” noem. In ander woorde, die wet van die Gees is die lewe van Christus in hulle wat in hom glo. Die Heilige Een het homself verbind aan hulle wat in sy nuwe verbond glo en wat deur sy dood ‘n waarheid bevestig het wat voortgaan ten spyte van die eindtye, want sy getrouheid is ewig. Die Gees wat uitgestort word kom van die hart van die Vader; die Seun kom nie na jou toe weens jou gebede, vas of geregtigheid nie, maar op grond van die geregtigheid van Christus wat vir jou verkry is aan die kruis. God het die ewige lewe in jou bevestig op grond van die waarheid. Sy krag vloei nie op ‘n geweldadige of geforseerde manier nie, maar in heilige goedheid en orde. Dit roep nie uit of bulder nie, maar gee liefde en tree in nederigheid op soos Christus sondaars liefhet, want hy lewe in jou en jy in hom. Moet daarom nie dat enige vreemde gees in jou woon nie.

Hierdie geestelike lewe wat aan jou gegee is, is nie in jou as jou eiendom sonder Christus nie. Dit is eerder deur voortdurende kontak en nabye eenheid met jou Redder, sodat jy ‘n lid word van sy geestelike liggaam.

Dit is nie reg om te sê dat Christene genoodsaak was om in sonde te val nie. So ‘n stelling dui op ‘n belediging van Christus en laster teen sy kruis. Ons mag dalk meer as te vore teen versoeking gekant wees soos Christus self ervaar het. Ons mag dalk ook aan verskeie sondes toegee en onbedoeld sondig. In beginsel het Christus ons egter bevry van die krag van sonde en gevolglik is die dood nie die loon van ons lewe nie. Verder dui die wet nie vir ons op die hel nie, dit hits ons ook nie aan na meer sonde nie, maar die wet woon in ons harte sodat ons ons daarin kan verbly. Ons is daarom nie slawe van die sonde nie, maar kinders van die liefde van God. Ons sterf nie as mense sonder hoop nie, maar lewe vir ewig volgens die wet van die Gees van lewe, soos Christus vir altyd gelewe het. Dink diep na oor die apostel se woorde vol betekenis, sodat jy gevestig kan wees in jou regte, bevry van die wet van sonde, boosheid kan oorkom en in die krag van God kan lewe deur sy leidende Gees.

GEBED: O Here Jesus Christus, dankie dat u ons van dood na lewe gebring het sodat ons die liefde van ons Vader mag verheerlik en in die wet van die Gees mag wandel. Vestig u in ons sodat u liefde in ons beliggaam mag word en dat ons u in ons optrede mag verheerlik, dat die mense rondom ons die lewe mag ruik en nie die dood nie.

VRAAG:

  1. Wat was die twee wette wat die apostel vergelyk het en wat is die betekenis daarvan?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:53 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)