Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 056 (The Absolute Necessity of the Testimony of the Gospel)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
4. Die geregtigheid van God word slegs deur geloof verkry en nie deur die Wet te probeer onderhou nie (Romeine 9:30 - 10:21)

c) Die groot noodsaaklikheid van die getuienis van die evangelie tussen die kinders van Jakob (Romeine 10:9-15)


ROMEINE 10:9-15
9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. 11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. 12 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. 13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. 14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? 15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

Die apostel Paulus het voortgegaan na die geestelike oorlog met die Christelike kerk van Joodse oorsprong in Rome. Hy het aan hulle verduidelik dat prediking verskeie stappe en elemente het. Ware geloof begin in die hart, want die mens glo in sy hart. Hierdie geloof beteken dat die gelowige naby verbind is aan hom in wie hy glo.

Afgesien van geloof moet daar ook ‘n gesproke getuienis wees, want die waarheid moet die duisternis verdring. Geloof en getuienis is aan mekaar verbind. Die getuienis spreek van geloof sodat die hoorders mag verstaan en dat die getuie self meer sekerheid oor sy eie geloof sal verkry.

Die waarborg van geloof wat Paulus en ander getuies van Christus aangebied het, het sekere beginsels en leerstellings:

1. Jesus is die Here. Hy besit die heelal, en alle gesag is aan hom gegee. Dawid het duidelik getuig: “Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete." (Psalm 110:1). Die apostel Johannes het in detail beskryf hoe die Lam van God op die troon sit (Openbaring 5:1-14); en Paulus het getuig in sy verheerliking van die gekruisigde een wat uit die dood opgestaan het, dat in die naam van Jesus, elke knie sal buig, diegene in die hemel, diegene op aarde, en diegene onder die aarde, en dat elke tong sal bely dat Jesus Christus die Here is, tot die glorie van God die Vader (Filippense 2:5-11).

Die kort verklaring “Jesus is die Here” is die ruggraat van die Christelike geloof. Dit beteken dat Jesus Christus die ware God is in die eenheid van die Heilige Drie-eenheid. Hy lewe en heers in volkome harmonie met sy hemelse Vader.

2. Die verheerliking van Christus is gebaseer op die feit dat die heilige God hom opgewek het uit die dood tot lewe na sy kruisiging. Die opstanding van Christus is die tweede pilaar van die Christelike geloof. Want as die Seun van die Mens nie waarlik opgestaan het nie, dan het sy liggaam al heeltemal vergaan. Maar hy het uit die graf opgestaan en deur mure en klip geloop met ‘n verheerlikte liggaam. Jesus is lewend, terwyl al die stigters van ander godsdienste gesterf het en wie se liggame vergaan het. Die opstanding van Christus is ‘n bewys van sy heiligheid, sy oorwinning, sy mag en sy volkome verlossing.

3. Wie hierdie feite in sy hart glo en daarvan getuig, is gered. Hierdie versekering lei die gelowige om vrymoediglik en vol blydskap te getuig dat Jesus die Oorwinnaar is. In sy getuienis deel hy in die lewe, gees en vrede van Christus. Hy wat in Christus is en op hom staat maak, sal nooit misluk nie.

4. Op grond van hierdie groeiende versekering sê Paulus dat hy wat in die Here Jesus glo, geregtig is deur die heilige God, bevry van al sy sondes, vrygespreek op die oordeelsdag en ‘n lid van die geestelike familie van Christus. In kort, die gelowige verbind homself verewig aan Jesus. Volkome verlossing en geregtigheid word verkry deur die getuienis van sy geloof dat hy ‘n geregverdigde sondaar is wat deur God aanvaar is. Die getuienis is nie die rede vir verlossing nie, want regverdigmaking word slegs deur geloof verkry. Die getuienis realiseer en verdiep eerder hierdie regverdiging van die gelowige sodat sy verlossing prakties en tasbaar volwasse mag word. Regverdigmaking en verlossing kom van Christus en word verkry deur die getuienis van die gelowige oor sy reddende Here.

5. Na hierdie aanduiding van geloof in die Nuwe Testament, en regverdigmaking wat slegs deur genade verkry word, rig Paulus ‘n slag: daar is geen verskil tussen ‘n Jood en ‘n Christen as beide in Christus glo en vernuwe geword het deur sy genade nie. Daar is slegs een Here, een Redder en een Verlosser van beide. Die Jode word nie deur Abraham of Moses gered nie, maar deur Jesus alleen. Die verlossing van Christus, sy mag, lewe en liefde geld vir beide die Jode en Christene op dieselfde manier. Daar is geen ander gekruisigde wat homself as versoening vir almal gegee het nie. Daar is slegs die Lam van God wat die sonde van die wêreld weggeneem het.

6. Paulus verduidelik dat Jesus ryk is en hy maak almal wat hom vra vennote van sy geestelike rykdom (Romeine 10:12-13). Hy gee sy Heilige Gees, sy Goddelike krag en sy ewige liefde aan almal wat tot hom bid, hul harte voor die lewende Jesus uitstort, sonder om na ‘n heilige te gaan of na Maria. Sonder jou voorbidding vir verlossing, heiligmaking en redding gebeur niks met jou nie. Genade is beskikbaar vir almal, maar ons moet dit wil hê (Joël 2:32). Deur voorbidding hoor ons die stem van die Heilige Gees in ons uitroep: “Abba, Vader” (Romeine 8:15-16).

ROMEINE 10:15-16
15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! 16 Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?

Die Gees leer ons om ons sonde aan die Lam van God te bely en hom te dank vir sy dood, sy opstanding en sy bereidheid om ons te red van die komende toorn van God.

Die biddende gees in ons moenie selfsugtig wees nie. Hy wat in Christus glo, bid nie net vir homself nie, maar ook vir diegene wat die vertroostende Gees voor hom bring. Aan die begin van die Christendom het die kinders van Jakob op hierdie manier gebid vir diegene wat afgedwaal het onder die Heidene; op dieselfde manier moet ons ook vandag vir beide die Jode en die Moslems bid. Die motief van die Gees is ‘n preek-beweging wat van die Lam van God self kom (Handelinge 1:8; Openbaring 5:6).

Die apostel Paulus het aan die gelowiges in Christus in Rome verduidelik hoe om die evangelie in praktyk te verkondig, hoe om hulle gevoel dat hulle die gekose volk is, te oorkom en hoe die Heilige Gees hulle gelei het om te volhard in hul werk.

Hoe roep die Here ongelowiges as hulle nie in hom glo nie? Hoe glo hulle in hom as hulle nie in detail van hom gehoor het nie? Hoe hoor hulle van hom sonder ‘n getroue prediker? Hoe preek die prediker as hy nie deur Christus gestuur is nie? Dis nie net ongelowiges wat te blameer is nie, maar ook diegene wat hulle nie vertel het van die waarheid van die verlossing wat hulleself ervaar het nie. Paulus slaak ‘n sug as hy na die woord van die Here in Jesaja verwys: Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep (Jesaja 52:7).

Hierdie goeie nuus, volgens Paulus, is ‘n belydenis dat Jesus lewe en heers en dat sy verlossing versprei. Die koninkryk van God in Jesus Christus is die rede vir die gelowige se vreugde. Wie is vandag vol vreugde en wat glo dat Christus heers? Het ons almal lui en moeg geword in die geloof? Wie vandag glo die petisie, “U koninkryk kom,” en sê: “Ja, Here, laat u koninkryk kom in my land”?

GEBED: O hemelse Vader, ons aanbid u want u het Jesus na die hemel opgeneem en hom die Here van alle here gemaak, Koning van konings. Help ons om te bely, met wysheid en openhartigheid, dat hy uit die dood opgestaan het, dat hy by u is, sodat die ewige lewe in die harte van menige hoorders mag ontvlam.

VRAE:

  1. Wat is die verhouding tussen geloof en getuienis?
  2. Hoe maak geloof en getuienis geleidelike en praktiese vordering volgens die apostel Paulus?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on December 14, 2023, at 01:06 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)