Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 053 (The Parable of the Potter and his Vessel)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
3. God bly geregtig selfs al was die meerderheid van Israel teen hom (Romeine 9:6-29)

c) Die gelykenis van die pottebakker en sy klei behoort aan die Jode en Christene (Romeine 9:19-29)


ROMEINE 9:19-29
19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 27 En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word; 28 want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen. 29 En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie 'n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.

Die wil van die mens, sy trots en sy sin vir geregtigheid bied weerstand teen God se verkiesing, wil en handelinge. Die ongehoorsame mens is soos die mier wat vir die olifant sê: “Hoekom trap jy op my?” (Jesaja 45:9).

Die mens het geen reg om God te bevraagteken of vir hom kwaad te word nie, want die horison van die mens en sy menslike vermoë, is beperk in teenstelling met God se onbeperkte wysheid, heiligheid en liefde.

Hy wat sy volle vertroue in God plaas in ‘n tyd waar die harte van individue en nasies hard geword het, moet blinde gehoorsaamheid hê vir die Here van die wêreld en voor hom neerbuig in dankbaarheid. So kan ons aanvaar hoe ‘n mens soos Hitler toegelaat was om ses miljoen Jode dood te maak sonder dat enigeen hom kon stop of bevraagteken. So ook Stalin, wat toelaat is om 20 miljoen landelike werkers te vermoor tydens die inwerkingstelling van sy nasionale planne sonder dat enige persoon daarvan kennis geneem het.

Paulus gee ‘n vergelyking om die oordeel van God te verduidelik: die pottebakker maak uit dieselfde stuk klei ‘n voorwerp vir eerbare gebruik en ‘n ander om vullis in weg te dra (Jeremia 18:4-6).

Die apostel verdiep hierdie gelykenis en praat van voorwerpe van God se toorn wat Hy geduldig vir ‘n lang tyd verdra het en hulle uiteindelik laat val het ter verwoesting. Paulus het ook gesê dat God die voorwerpe van sy genade van lankal af beplan het en vir hulle die heerlikheid wat kom, voorberei het. Die voorwerpe van sy genade kom daarom van die rykdom van hul skepper en sal na hom terugkeer.

Paulus ontwikkel nie ‘n filosofie sonder genade uit sy lewenservaring en kennis nie, maar verduidelik dat die skeiding tussen diegene wat weggedryf word deur die toorn van God en diegene wat verheerlik is in sy genade, nie net die Heidene interesseer nie, maar ook die gekose Jode. Hy verduidelik hierdie punt deur God se openbaring aan Hosea (2:23) te noem, dat hy van diegene wat nie sy volk is nie, sy eie volk sal maak. Die apostel Petrus het ook in sy eerste brief aan die gelowiges van die Heidene bevestig: “Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.” (1 Petrus 2:9-10).

Volgens Paulus is hierdie ‘n Goddelike doel; God kies diegene wat nie gekies is nie en roep diegene wat nie geroep was om kinders van God te word nie (Romeine 9:26; 1 Johannes 3:1-3). Die apostel verduidelik terselfdertyd dat die profeet Jesaja besef het dat God die ongehoorsame gekose mense na groot ellende sou lei en as hulle in hul hardkoppigheid volhard, dan sou hy toelaat dat hulle vernietig word, selfs al het hy reeds gesê dat hulle so baie soos die sand van die see sou word.

Die Here gee om vir sy hardkoppige volk. Nie almal van hulle sal vergaan nie, maar ‘n klein, heilige oorblyfsel sal verskyn in wie die geestelike beloftes van God sal realiseer (Jesaja 11:1-6). Die meerderheid van die gekose volk sal egter soos Sodom en Gomorra word wat uitgewis is (Jesaja 1:9).

In sy liefde vir hulle wou Paulus die Jode in Rome leer dat God die reg het om die ongekose Heidene te red en om hulle heeltemal te heilig, terwyl hy die gelowige Jode verhard het totdat hulle vernietig is. Hierdie ervaring het nie gekom as teoretiese logika nie, maar was in die hart van Paulus gerealiseer met betrekking tot die Jode wat gespog het oor hulle selfgeregtigheid. Hy wou hulle tot bekering lei dat hulle mag bely dat Jesus die beloofte Messias was wat hulle verlossing bied. Die meerderheid van Jode verwerp Jesus steeds vandag.

GEBED: O hemelse Vader, vergewe ons ons oppervlakkigheid as ons nie u groot geduld teenoor ons herken het nie. U het ons vir baie lank liefgehad en ons nie gestraf of vernietig nie. Heilig ons volkome sodat ons u liefde met dankbaarheid mag erken en die leiding van die Heilige Gees met vreugde sal gehoorsaam.

VRAE:

  1. Wie is die voorwerpe van God se toorn en wat is die rede vir hul ongehoorsaamheid?
  2. Wat is die doel van die voorwerpe van God se genade en wat is hul beginpunt?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on November 29, 2023, at 02:52 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)