Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 054 (The Jews Neglect the Righteousness of God)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)
4. Die geregtigheid van God word slegs deur geloof verkry en nie deur die Wet te probeer onderhou nie (Romeine 9:30 - 10:21)

a) Die Jode verwaarloos die geregtigheid van God wat deur geloof bekom is en hou hulle by die werke van die wet (Romeine 9:30 - 10:3)


ROMEINE 9:30 - 10:3
30 Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; 31 terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. 32 Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot. 33 Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen van aanstoot en 'n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. 10:1 Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. 2 Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis. 3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.

Die apostel Paulus het indirek gepoog om die kerklidmate in Rome weg te draai van hulle finale besluit, dat hulle mag besef dat die geregtigheid van God slegs verkry word deur geloof in Christus, terwyl geregtigheid wat op werke gegrond is, die godsdienstige mense na vernietiging lei. Sy vraag was beslissend. Paulus se belydenis voor ‘n vergadering van die eerste kerk, en veral voor diegene wat aanspraak maak op die geregtigheid van die wet, was dat niemand gered kan word deur sy werke nie, maar deur die genade van God wat slegs in Christus teenwoordig is (Handelinge 15:6-11). Hy wat die genade van God verafsku is soos ‘n man wat in die donker loop en skielik oor ‘n groot klip struikel, neerval en vergaan (Jesaja 8:14; 28:16).

Hoewel Christus die Jode tot God versoen het, het hy vir baie van hulle ‘n rede vir hul oordeel geword, want hulle het sy unieke genade verwerp. Diegene wat egter hul Redder herken het en in hom geglo het, is gered.

Paulus het bely dat baie Jode getrou was in die nakom van die wet en het altyd probeer om die gebooie te gehoorsaam. Hy het hulle liefgehad weens hul getrouheid en gehoop dat hulle die geleenthede van die lewe so aangryp en die groot gawe sou aanvaar wat aan hulle gegee is. Paulus het daarom gebid en by God gepleit dat baie van hulle na verlossing gelei sou word.

Paulus se ervaring was egter dat in baie van die ekonomiese sentrums van die Romeinse Ryk het die Jode hul wette nagekom. Hulle het hulself as die gekose volk beskou en neergekyk op ander mense. Hulle het nie die nuwe geregtigheid van God in Christus herken nie, maar het deur vas, gebed, offers, bydraes en pelgrimstogte probeer om die 613 gebooie na te kom om hul onskuld te bewys en sodoende die ware geregtigheid van God verwerp. Wat se misleidende gedagtes is dit! Wat se staat van lyding het hulle nie oor hulleself gebring nie!

GEBED: O hemelse Vader, ons aanbid u want ons as gelowiges is vanuit die onrein Heidene, maar uit die volheid van u genade het ons u seën ontvang; u het ons u eie geregtigheid as ‘n groot gawe gegee. Daarom bid ons dat u dieselfde seën aan die volgelinge van ander godsdienste sal aanbied wat dink dat hulle goeie werke hulle regverdig maak. Breek asseblief hulle trots en help hulle om in u te glo en u te vertrou as geliefde kinders.

VRAE:

  1. Hoekom het miljoene gelowiges vanuit verskillende mensegroepe die geregtigheid van God verkry en daarin gevestig geraak?
  2. Hoekom probeer godsdienstige mense van ander gelowe om hul wette te gehoorsaam om sodoende die geregtigheid van God te bekom?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:47 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)