Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 051 (God Remains Righteous; The promises of God)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 2 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD IS ONBEWEEGLIK SELFS NA DIE VERHARDING VAN DIE KINDERS VAN JAKOB, SY GEKOSE VOLK (Romeine 9:1 - 11:36)

3. God bly geregtig selfs al was die meerderheid van Israel teen hom (Romeine 9:6-29)


Paulus was a blymoedige apostel in diens van die Here Jesus, maar hy het ook ‘n diep droefheid en toenemende druk gehad. Hy het honderde ongelowige Heidene gesien wat weergebore geword het en die koninkryk van God betree het, terwyl duisende Jode Jesus en sy koninkryk verag het, van hom wegbeweeg het en onwillig was om na hom te luister of te volg.


a) Die beloftes van God spreek nie tot Abraham se natuurlike nageslag nie (Romeine 9:6-13)


ROMEINE 9:6-13
6 Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. 9 Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal 'n seun hê. 10 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

Paulus, ‘n wetsgeleerde, wou die waarheid verduidelik wat vreemd was vir beide die Jode en Christene van Joodse oorsprong in Rome. Hy het vir hulle geskryf dat die woord van God die enigste waarheid is wat hierdie vreemde ontwikkeling kon verklaar en wat die regte antwoord op hierdie geheim bied. Hierdie antwoord het twee aspekte:

Eerste: Nie al die kinders van Abraham is kinders van die belofte nie. God het nie vir Ismael gekies as die voorouer van Christus nie. Ismael en sy nageslag het buite die godsdienstige lyn gebly, buite die keuse van die kinders van Jakob. Ons leer van hierdie ontwikkeling dat die natuurlike nageslag van die mens nie sy geestelike toekoms bepaal nie. Nie elkeen wat in ‘n Christelike gesin gebore word, word outomaties ‘n ware Christen nie, elkeen moet persoonlik na God draai. God het kinders, nie kleinkinders nie.

Hierdie waarheid verduidelik dat nie alle gekose Jode kinders van God is nie, maar slegs diegene wat oop is vir die evangelie van Christus. Abraham se reg van aanneming is aan hulle bevestig, maar die vrug daarvan hang van die wil van individue af.

Tweede: Ons lees in die Bybel dat die Here vir Rebekka, Isak se vrou, voor sy aan haar tweeling geboorte geskenk het, gesê het dat die ouer een die jonger sal dien (Genesis 25:23). Beide was die seuns van een vader, maar God het vooraf geweet dat die selle en gene verskillend in elkeen sou ontwikkel.

God het egter vir Jakob gekies, die jonger een, en sy ouer broer Esau verwerp. Hoewel Jakob nie moreel beter was as Esau nie, het hy die vermoë gehad om meer effektief te glo as Esau en het opreg bekeer. Die Bybel noem nie die eienskappe van Esau nie. Dit verduidelik dat die keuse van die mens, volgens sy uitverkiesing, van die alwetendheid van God en sy eie wil afhang.

Niemand kan God blameer dat hy hulle nie aanvaar nie, want ons ken nie die misterie van onsself nie of die nalatenskap in ons liggame nie. God is heilig, regverdig en blaamloos in sy besluit.

Sommige teoloë sê dat die keuse van God niks te doen het met wie die mens is, of sy handelinge nie, maar is afhanklik van die Skepper se besluit en dat die mens nie God se motiverings en planne ken nie. Nie almal stem met hierdie siening saam nie, want ons God is die Vader wat nie net heilig is nie, maar ook liefdevol.

Gedurende sy bediening het Jesus hierdie beslissende woorde gespreek: “My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe” (Johannes 10:27-28). Nie almal hoor sy stem nie en nie almal wat hoor reageer op hom of tree volgens sy opdragte op nie. Ons vind oral mens wat die evangelie hoor en dit nie verstaan nie, terwyl ander met vreugde en vrede gevul word.

GEBED: O hemelse Vader, ons dank u omdat u Isak en Jakob gekies het en hulle voorouers gemaak het van u seun Jesus, hoewel hulle nie heiliges was nie. Versterk asseblief ons geloof dat ons in u naam die naderende probleme kan oorkom, asook die boosheid in onsself. Lei ons na nederigheid en selfverloëning sodat ons onsself nie beter sal ag as ander nie.

VRAE:

  1. Wat is die betekenis van verkiesing van Isak se nageslag en van Jakob se kinders?
  2. Wat is die geheim van God se verkiesing?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:47 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)