Waters of LifeBiblical Studies in Multiple Languages |
|
Home Bible Treasures Afrikaans |
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba
Previous Lesson -- Next Lesson ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
E - ONS GELOOF IS VIR ALTYD (Romeine 8:28-39)
2. Die waarheid van Christus verseker ons gemeenskap met God ten spyte van alle probleme (Romeine 8:31-39)ROMEINE 8:38-39 Paulus was seker dat geen aardse ding of ander-wêreldse gees ons van die liefde van God wat in Christus Jesus gemanifesteer het, kon skei nie. Met hierdie wonderlike stelling het hy die leerstellige deel van sy brief aan die Romeine afgesluit. Hy was nie maar net besig om dinge te bedink en te analiseer nie, maar hy het geskryf oor diep ervarings van groot lyding en stryd gebaseer op die getuienis van die Heilige Gees in sy hart. Paulus sê nie, “As dit God behaag, dan sal hy by my wees” nie; hy bely dat die kennis van die liefde van God in Christus in hom bevestig het dat dit nooit sal misluk nie. Die getrouheid van God kan nie betwyfel word nie. Paulus het nie oor menslike liefde gepraat nie, ook het hy nie oor die genadige en liefdevol God oor die algemeen gepraat nie, maar hy het die Vader deur die Seun gesien. Hy het van geen ander manier na God geweet as deur Christus nie. Sedert die inkarnasie van die Seun van God weet ons wie die Allerhoogste, ons Vader, is. Sy vaderlike liefde is nie soos menslike liefde nie, want die Heilige Een het sy Seun geoffer vir onreinheid, sodat ons nie genade sal betwyfel nie, maar seker sal wees dat hy ons innooi na sy verbond en na aanneming weens die bloedvergieting van sy Seun. Weens die kruis was Paulus seker dat die liefde van God nooit sal faal nie. Satan is egter ‘n realiteit en wie sy bestaan ontken is nie bewus van die toestand van die heelal nie. Paulus het verskeie geestelike magte gesien wat gereed is om hierdie wêreld en ander te vernietig. Hy het nie net verskeie kere voor die gees van die dood te staan gekom nie, maar hy het ook met die engele van die duisternis geworstel. Hy het met sy gebede geworstel teen die waansin van die hel sodat hy gesê het, “As die hel en hemel my sou aanval, dan sal die liefde van God in Christus my nie verlaat nie. Die weerstandige magte sal my nie oorkom nie, want die ewige bloed van Christus het my geheilig.” Paulus het die gawe van profesie gehad. Hy het gesien hoe die vernietiger, leuenaar en moordenaar, die kerk aangeval het, maar dit nie kon oorkom nie, want dit is in Christus en die duiwel kan dit nie uit sy hand ruk nie. Selfs die heilige wet kon nie die geloof van die apostels, deur aanklag, beweeg nie, want hulle het saam met Christus aan die kruis gesterf en hy het in hulle geleef en hulle bewaar. Die gelowige sal bewaar word op die oordeelsdag, want Christus is steeds die getroue Oorwinnaar. Wy daarom jou gees, liggaam en siel heeltemal aan die liefde van God en neem God in besit sodat jou naam in die boek van die lewe geskryf mag staan en jy vir altyd kan voortgaan in die aanneming van God. Merk op dat Paulus nie die gesang van lof oor die getroue liefde van God in die eerste-persoons enkelvoud “ek” geskryf het nie, maar hy het sy woorde afgesluit met die eerste-persoons meervoud “ons”, en dus met vol versekering al die gelowiges in Rome en die kerke in die streke van die Mediterreense See gedek. Die getuienis van sy geloof sal ons ook dek, as ons die getuienis van die vorige hoofstuk aanvaar. Dan sal ons nie ons oë rig op dit wat kragtig en wonderlik lyk in hierdie wêreld nie, maar dan hou ons vas aan die liefde van God soos dit in Christus Jesus gemanifesteer het. Die laaste woorde “onse Here” verskyn as die einde van hierdie gesang. Dit bevestig aan ons dat hy wat op Golgota getriomfeer het, die Here van die here is, in wie se krag ons die waarborg van ons beskerming vind. Hy reik sy hand oor ons en verlaat ons nie, want hy is lief vir ons. GEBED: O Jesus, my woorde kan nie my dankbaarheid uitdruk nie. U het my gered en ek het u s’n geword. Vul my met u liefde sodat my lewe ‘n boodskap van lof vir u krag mag word en dat ek u in geloofsekerheid mag loof, dat ek mag glo dat niks my van u sal skei nie, want u is getrou. Soos u aan die regterhand van die Vader sit, hy in u en u in hom, vestig my so in sy geregtigheid dat niks my van die Vader, die Seun en die Heilige Gees mag skei nie. Amen. VRAAG:
VRAE - 2Geagte leser,
As jy al die studies in hierdie reeks oor Romeine voltooi en vir ons jou antwoorde op die vrae aan die einde van elke studie stuur, dan sal ons vir jou 'n Sertifikaat van Gevorderde Studies stuur as aanmoediging vir jou verdere diens vir Christus. Ons moedig jou aan om die ondersoek na die Brief van Paulus aan die Romeine voort te sit sodat jy ewige skatte mag ontvang. Ons wag op jou antwoorde en bid vir jou. Ons adres is: Waters of Life Internet: www.waters-of-life.net |