Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 027 (Man is not Justified by Circumcision)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
B - DIE NUWE GEREGTIGHEID DEUR GELOOF WORD AAN ALLE MENSE GEBIED (Romeine 3:21 - 4:22)
3. Abraham en Dawid as voorbeelde van regverdigmaking deur geloof (Romeine 4:1-24)

b) Die mens word nie regverdig gemaak deur besnydenis nie (Romeine 4:9-12)


ROMEINE 4:9-12
9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken. 10 Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene. 11 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; 12 en ook 'n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.

Paulus het die oortuigings van die Jode aangeval en een van hul heilige beginsels gebreek naamlik die besnydenis. Die mense van die wildernis het hierdie teken as een van die grootste simbole van die ou verbond beskou. Hy wat besny is, is as God se eie beskou en hy wat onbesnede was, is as ‘n lasteraar beskou. Daarom het die Jode van elke nuwe gelowige gevra om besny te word as teken van sy oorspronklike reiniging wat hom sou kwalifiseer om in die verbond met God te tree.

Paulus het aan die streng Jode gewys, deur die optrede van Abraham, dat die mens nie deur besnydenis geregverdig word nie, maar deur geloof alleen, aangesien Abraham sélf die roepstem van sy Here gehoor het en dit geglo het voor hy besny was. Sy geloof was daarom die rede en fondasie van sy geregtigheid. Besnydenis was vir hom ‘n seël en nie ‘n reg om na God terug te keer nie; dit was nie besnydenis wat hom gehelp het nie, want hy het reeds in ‘n verbond met God getree deur geloof.

Paulus het gewaag om te sê dat Abraham eers ‘n vader vir alle gelowiges van Heidense oorsprong geword het, voordat hy ‘n vader geword het vir die besnedenes, want hy was geregverdig terwyl hy nog ‘n onbesnede Heiden was. Met hierdie argument het die Apostel van die Heidene gewys dat die gelowige Heidene nader aan God was as die besnedenes wat nie in Christus geglo het nie. God word verheerlik deur opregte geloof en verandering van gedagtes en nie deur fisiese simbole en rituele gewoontes nie.

Die Jode was woedend toe Paulus hulle selfmisleiding aan hulle uitgewys het en hul valse versekering weerlê het. Hy het egter teenoor die fanatiese Jode getuig dat hulle ook Abraham as ‘n vader kan ontvang as hulle in die evangelie van genade sou glo. Die weg wat na God lei is nie oorsprong of besnydenis nie, maar deur die Gekruisigde Een. Vir ons beteken dit dat nie elke gedoopte Christen geregtig is weens sy doop nie, maar slegs as hy werklik glo, want ons word nie voor God deur rituele en simbole geregverdig nie, maar deur geloof alleen.

GEBED: O Heilige Vader, ons is nie waardig om na u te kom nie, weens ons verdorwenheid en foute. Maar u geliefde Seun het sy liefde vir ons geopenbaar en ons regverdig gemaak aan die kruis. Ons glo in sy woord, verlang na hom, bou ons op in sy verlossing en volg sy voorbeeld, want u het ons regverdig en heilig gemaak saam met almal wat u liefhet regoor die wêreld.

VRAAG:

  1. Hoekom is die mens regverdig gemaak, nie deur besnydenis nie, maar deur geloof alleen?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:16 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)