Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 064 (The Sanctification of your Life)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

1. Die heiligmaking van jou lewe word verkry deur jou volle toewyding aan God (Romeine 12:1-2)


ROMEINE 12:2
2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Paulus het nie verwag dat die lede van die kerk in Rome aan die gees en waarheid oor die eenheid van die Drie-eenheid oorgee nie; daarom het hy hulle na geestelike oorlogvoering teen alle vorme van versoeking om te sondig geroep.

Hierdie geestelike stryd lei nie tot die verkryging van verlossing nie, want Christus het jou gered, maar jou Here wil sy geregtigheid laat verskyn deur die heiligmaking van jou lewe.

Paulus bied konstruktiewe maniere aan vir die heiligmaking van jou lewe:

a) Dat jy van nou af nie ongeërg sal lewe soos diegene sonder Christus nie, of eer, rykdom, seks of vermaaklikheid sal nastreef nie, maar die heilige gedrag van Jesus en die lewenstyl van sy apostels in jou gedagtes en in jou werk sal aanneem.
b) Om hierdie beginsels uit te voer gee die Here jou ‘n hernuwing van jou gedagtes. Jou doel moenie wees om ‘n lewe van luuksheid te geniet nie, maar jy moet die gedagtes van God bedink sodat die gees van genade jou hart en wil sal heilig.
c) Jy moet die wil van God herken en verstaan wat God van jou wil hê, sodat jy volgens sy wil sal optree en sal verwerp wat hy verwerp. Om hierdie geestelike volwassenheid te bereik moet jy die Bybel herhaaldelik lees en die leiding en verligting van jou hemelse Vader soek sodat jy hom tevrede kan stel.
d) Paulus het eenvoudig gesê: Doen goed. Moenie net van goed praat nie, maar doen dit deur beide jou tyd en geld te gee. Leer van God wat goed en boos is, om dit te onderskei in jou lewe. Verkry wysheid van die Bybel en die Heilige Gees sal jou oplei in alles wat God tevrede stel.
e) Streef na geestelike perfeksie in jou lewe. Hierdie beginsel beteken nie dat jy vanuit jouself perfek kan word nie. Vra daarom vir Jesus om jou te help waar jy kortskiet, sodat alles wat jy vir hom doen perfek en waar sal wees. Dit kan in jou bewerkstellig word as ‘n gawe van die eenheid van die Heilige Gees as jy daarvoor vra.
f) As jy op hierdie manier leef, dan sal jy met God leef en dan sal die Gees van God in jou swakheid werk en sal jy ‘n gelukkige mens word wat God dank vir die offer van homself op Golgotha.

GEBED: O hemelse Vader, vergewe ons as ons selfsugtig was en onsself meer as God liefgehad het. Verander ons motiewe sodat ons in ware geestelike diens mag lewe, waar ons besef dat Jesus al ons sonde aan die kruis vergewe het en dat u Heilige Gees die krag in ons lewens geword het. Help ons, Here, om ons toewyding aan u vir altyd te ontwikkel.

VRAAG:

  1. Wat is die stappe om ‘n heilige lewe te leef as volgelinge van Jesus?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:52 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)