Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 063 (The Sanctification of your Life)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

1. Die heiligmaking van jou lewe word verkry deur jou volle toewyding aan God (Romeine 12:1-2)


ROMEINE 12:1
1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

Die mense van die ou verbond het hul dankbaarheid vir die goedheid van God bevestig deur verskeie bydraes in die tempel. Hulle het diereoffers gebring as ‘n verteenwoordiging van hulself vir elke bekende sonde en sodoende is hul sonde voor God weggeneem. Na die vernietiging van die tempel in Jerusalem het Paulus aan die gelowiges in Christus wat mense van die ou verbond was en in Rome geleef het, voorgestel dat hulle nie geld en offers voor God moet bring nie. Hulle moes eerder hulleself en hul liggame as offers bring en hulself heeltemal aan die Vader van ons Here Jesus Christus toewy. So ‘n toewyding sou wys dat hulle nie langer aan hulself behoort nie, maar dat hulle slegs aan God behoort.

Hierdie onderwerp lei tot die vraag wat relevant is vir elke Christen: “Behoort jy steeds aan jouself, of het jy jouself aan God geoffer in erkenning van die verlossing van Christus?”

Hierdie offer beteken nie dat Christene hulself moet doodmaak nie, maar dat hulle nie meer lui moet wees nie en moet begin om God te dien deur hul gees, liggaam, geld en alles wat hulle besit te gebruik. Hierdie offer sluit ook die geestelike stryd teen al die versoekings van ons liggame in, want die vlees begeer teen die wat Gees wil, en die Gees teen die vlees (Galasiërs 5:17). Paulus verwys na homself as ‘n verduideliking van hierdie vers: “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my.” (Galasiërs 2:19-20).

Die apostel Paulus het homself heeltemal en vir ewig aan Christus gebind tot die mate waartoe hy homself dood beskou het en slegs lewend deur die lewe van Christus wat aan hom deur die Heilige Gees gegee is. In dieselfde sin vra die apostel jou om jou lewe vir God en sy Seun te offer sodat jy ‘n geregtige mens kan word. Christus sal jou reinig deur sy bloed en deur die inwoning van sy Gees in jou liggaam sodat jy ‘n heilige offer kan word wat vir God aanvaarbaar is. Beide hierdie gawes, die bloed van Christus en die inwoning van sy Gees in jou, is die ewige lewe wat aan jou gegee is. So draai terug na jou hemelse Vader en na sy onbeperkte genade, sodat hy jou opnuut elke dag met sy heilige krag kan vul.

Die apostel Paulus verwys na die volle toewyding van die Christen as “julle redelike godsdiens” (Romeine 12:1). Jou vreugdevolle sang is belangrik in jou diens aan God en jou gebede en voorbidding het groot krag, maar die Here verwag ook jou finale besluit om jouself heeltemal en vir ewig aan hom toe te wy. Dit is die evangeliese toewyding wat slegs een keer gebeur. Die nuwe verbond kom dan in jou lewe, die ewige lewe in jou.

GEBED: O hemelse Vader, ons aanbid u en juig, want deur die versoening van Christus het u ons genadige Vader geword. Help ons om nie selfsugtig en suinig te bly nie, maar om ons tyd, vermoëns en onsself aan u Seun te gee, en om sonde en onreinheid te verwerp. Plaas u liefde in ons sodat ons in u oorvloedige voorsiening van goedheid mag leef.

VRAAG:

  1. Het jy jouself heeltemal aan Jesus jou Redder toegewy, of is jy steeds selfsugtig en leef jy vir jouself?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:50 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)