Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 065 (Do not be Proud)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

2. Moenie trots wees nie, maar dien jou Here onder medegelowiges met die gawe wat aan jou gegee is (Romeine 12:3-8)


ROMEINE 12:3-8
3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. 4 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, 5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. 6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: 7 is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; 8 of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie 'n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

Paulus het nie as ‘n herder gepraat wat aan sy skape algemene voorstelle gemaak het nie, maar hy het ‘n finale, duidelike opdrag gegee aan al die vyande van die kerk oor die ganse wêreld.

Moenie van jouself meer dink as wat in werklikheid is nie, maar wees bewus dat jy in jouself niks is nie en dat jy aan ander skade kan doen. Ken jou geestelike gawe en hoor Christus se oproep tot spesiale diens. Moenie jou eie wil doen nie, maar gehoorsaam die leiding van Christus, nie emosioneel nie, maar doelbewus, met in ag neming van die leiding van diegene wat geestelik volwasse is.

Die mate van jou diens is nie jou gawe nie, maar is die omvang van jou geloof in Christus, want hy kan sy doel in jou diens bewerkstellig. Sy mag is die geheim van jou werke. Daarom moet jy dink, praat en alles doen saam met Jesus en in hom, en jy sal die vrug van sy liefde in jou lewe sien.

Die geheim van suksesvolle Christene is hul geestelike eenheid. Hierdie eenheid is nie aards nie, maar is die geestelike in Christus. Hulle is soos die geestelike liggaam van hul Verlosser, dit is, Christus doen sy werk deur hulle. Niemand werk alleen om gesing te word nie, maar almal is een in die eenheid van die geheiligdes. Christus is jou krag en jy word volkome in hom. Niemand het al die gawes nie. In die liggaam van Christus het die been die hart nodig, die hand die kop, die oog die wil, en die vinger die brein. Daarom kan die liggaam van Christus slegs effektief wees as elk van haar lede na die ander luister en saam die Here dien.

Hoe dwaas is dit nie om jou hand teen die wil van jou gedagtes te laat werk, of op ‘n put af te loop terwyl jy dit met jou oë sien nie. Hy wat nie leer hoe om saam met al die lede van die liggaam saam te werk nie, bly selfsugtig, arm, klein en dom.

Paulus noem die geestelike gawes van ‘n sekere kerk. Hy wat die slapendes wakker maak, moenie net in menslike liefde praat en die Bybel eenkant los nie, maar hy moet in die grense bly van die woord van God en doelbewus individuele na Christus wen.

As iemand die vermoë, tyd en geld het, dan moet hy die behoeftiges in die kerk dien. Hy moenie baie praat nie, maar in stilte werk en dien, in die geheim sonder om te verwag dat ander hom dien en bedank, maar dienend in die wysheid van Christus. Die geestelike onderwyser moet die gedagtes organiseer wat deur die Gees van God en die evangelie aan hom gegee is, dit stelselmatig aan ander leer en hulle help om nie net te verstaan nie, maar ook die woord van God te onderhou. Dit is nie belangrik om in baie temas te onderrig nie, maar om dit geleidelik te doen; om nie te veel en te vinnig te praat sodat die hoorders nie verstaan wat gesê word nie. Aan die einde van elke onderwerp moet ‘n opsomming gegee word van wat gesê is, in ‘n eenvoudige en verstaanbare styl.

As iemand die gawe van geestelike sorg en leiding het, dan moet hy leer om stil te bly en na die probleme van ander luister sodat hy hulle geestelike posisie mag herken. Dan moet hy nie praat vanuit sy eie gedagtes nie, maar hy moet bid dat die Here hom die regte woorde op die regte tyd sal gee. Dit is nodig dat hy diegene sal besoek wat besorg is oor verlossing in Christus, vir hulle bid en hulle vertrou totdat hulle vriende in Christus word.

Paulus het gesê dat hy wat bydra, verstandig en swygend moet bydra, sonder om die behoeftige van homself en sy hulp te vertel. Jesus het gesê: “Moenie dat jou linkerhand weet wat jou regterhand doen nie”. Moet daarom nie jou eie eer soek nie, maar slegs die eer van Jesus.

As iemand verantwoordelik is vir leierskap in ‘n kerk, of in ‘n komitee, dan moet hy nie geaffekteer word deur die besware, kritiek of traagheid van ander nie, maar hulle wys dat die diens van Jesus met krag, energie en volharding uitgevoer moet word. Enigiets wat nie uit liefde gedoen word nie, is vals.

As ‘n opsomming van hierdie gawes en dienste het Jesus gesê: “Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.” (Lukas 6:36).

Paulus wil ons aan hierdie Goddelike gedagte voorstel deur te sê: “En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie”. Die liefde is die embleem en motto van die Christelike geloof.

GEBED: O geliefde Here Jesus, ons is beginners in liefde en ons verwag genade van ander. Verander asseblief ons harte sodat ons mag dien met die gawes wat aan ons gegee is; met liefde, geduld, volharding, geloof, ywer en sekerheid, nie volgens ons gedagtes nie, maar om u wil prakties te doen. Bewaar ons van trots sodat ons nie in die versoeking van die duiwel val nie.

VRAAG:

  1. Watter een van die bogenoemde vorme van diens beskou jy as die belangrikste vandag?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:54 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)