Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 066 (We must Learn Brotherly Love)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek? -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish? -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 3 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VERSKYN IN DIE LEWENS VAN DIE VOLGELINGE VAN CHRISTUS (Romeine 12:1 - 15:13)

3. Ons moet broederlike liefde aanleer en onsself daarin oefen (Romeine 12:9-16)


ROMEINE 12:9-16
9 Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; 10 wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; 11 wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here; 12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed. 13 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid; 14 seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie; 15 wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween; 16 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;

Daar is verskillende terme vir liefde in die Grieks. Die woord “fileoo” beteken die natuurlike menslike affeksie met sterk gevoelens of sentiment. Die woord “eros” druk die seksuele liefde uit wat van die instink en seksuele begeerte van die mens kom, terwyl die woord “agape” na die hoogste vorm en mees perfekte soort liefde verwys. Hierdie is die Goddelike liefde wat bereid is om die self vir die armes en selfs vir vyande, op te offer. Dit impliseer ‘n doelbewuste aksie van die wil en dit behoort spesifiek tot die sfeer van Goddelike openbaring.

Christus het in sy Goddelike liefde sy lewe gegee as verlossing van sondaars. Paulus praat egter van hierdie liefde in die praktiese lewens van die volgelinge van Christus, soos hy alreeds geskryf het: “omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is” (Romeine 5:5).

Die Goddelike liefde lieg nie, want dit is opreg. Dit vertel die waarheid in wysheid en genade. Skynheiligheid is nie goed nie, so beaam die Bybel. Ons het nodig om ons sondes in sekere gevalle voor mense te bely, sodat geen trots of grootpraat in ons sal wees nie. Ons moet ons liefde vir Jesus bely, want hy alleen het ons regverdig gemaak deur sy versoening.

Die Goddelike liefde haat die bose waarvan ons gewete ons aankla en wat die woord van God as onrein, bedrieglik en onregverdig beskou. Liefde is nie in akkoord met sulke gedrag nie, maar stem ooreen met reinheid, waarheid, eerlikheid en geregtigheid.

Die Goddelike liefde onderrig ons in die liefde van ons broers en susters in die Here, om hulle sonder klagtes te verdra en om na hulle om te sien. Al ons diens en woorde moet opreg en hartlik wees, sodat ander mag voel dat ons hulle werklik liefhet. Die wedersydse respek tussen die man en sy vrou word by hierdie lys ingesluit.

As iemand die evangelie dien, deur gesproke of geskrewe woord, dan moet sy diens in ‘n geestelike ywer gedoen word, selfs te midde van opposisie, en hy moet ferm in die leiding van die Here gevestig wees.

Hy wat mislukking beleef moenie hoop verloor dat Christus die Oorwinnaar is nie en hy wat lyding en ontbering beleef moet met vertroue en geduld volhard deur gelowige gebed, sonder om te twyfel. Die Here antwoord ons hulpkrete vir ander en vir onsself.

As jy jou medegelowiges sien ly, dan moet jy met hulle simpatiseer en in hul moeilikheid deel. So moet jy ook jou deur met blydskap na ander oopmaak as hulle na jou kom om die Vader te verheerlik. Die Here sal jou brood vermenigvuldig as jy diegene voed wat honger is vir sy naam. Hy is by almal teenwoordig wat hom liefhet.

As iemand jou geweldadig vervolg, dan moet jy hom seën in die krag van seëning. Moenie diegene vervloek wat jou vervloek nie, maar vra die Verlosser om hulle te bevry soos die gelowiges in Damaskus gedoen het toe Saulus na hulle gekom het om hulle te martel en as slawe na Jerusalem te neem. Die Here het toe in Saulus se pad gestaan en sy trots heeltemal gebreek.

Wanneer die seën van die Gekruisigde Een wat uit die dood opgewek is, gerealiseer word, dan juig en word die ander gelowiges in hul geloof versterk, want hulle sien die oorwinning van Christus en die resultate daarvan. Maar wanneer iemand oor sy dwalende bure treur, dan moet ons deelneem aan sy hartseer. Moenie skaam wees vir trane nie.

Probeer hard om een te wees in die kerk as die familie van God. Moenie eerste aan geld, eer, gesag en die voordele van hierdie wêreld dink nie, maar leef saam met die armes en die hopeloses, soos Jesus met baie van die siekes en duiwelbesetenes geleef het.

Moenie aan jouself as hoër of beter opgevoed as ander dink nie, maar vra die Here van die oes om tussen die lede van die gemeente te werk om te genees, te vertroos, te red en perfekte oplossing te bring.

Wees versigtig om nie te stry nie. Verdra mekaar in geduld, want die Here is een, sy versoening is een en daar is geen plaasvervanging vir sy Gees nie. Moenie optree asof jy ‘n beter redding bied nie; ons leef almal van die genade van die Vader en die Seun en die Gees van sy liefde.

GEBED: O hemelse Vader, ons dank u vir die wonderwerk van gemeenskap in u kerk. U gee ons u liefde, geduld en vreugde deur die inwoning van u Heilige Gees in ons wanneer ons berou het en volhard in ons geloof in die lewende Christus. Help ons om die verpligtinge van liefde in praktyk uit te leef en nie net in woorde nie. Bly by ons, o Here, en hou ons in u heerlike hoop.

VRAAG:

  1. Wat se soort implementering van die liefde van God beskou jy as die belangrikste en nodigste in jou gemeenskap met ander gelowiges?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on March 19, 2014, at 12:55 PM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)