Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 025 (We are Justified by Faith in Christ)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
B - DIE NUWE GEREGTIGHEID DEUR GELOOF WORD AAN ALLE MENSE GEBIED (Romeine 3:21 - 4:22)

2. Ons is regverdig gemaak deur geloof in Christus (Romeine 3:27-31)


ROMEINE 3:27-28
27 Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. 28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.

Die regverdiging van die wêreld en ons versoening met God was aan die kruis voltooi. Die mens word slegs deur geloof geregverdig. Ons lees die woord “geloof” ‘n klomp keer in verse 21 tot 31 waar die apostel getuig dat ons slegs geregverdig word deur ons lewende geloof.

Hierdie beginsel dui op ‘n volkome verandering in die oortuigings van alle godsdienste en filosofieë, want God het alle mense hul sonde vergewe sonder om hulle te straf. Die wêreld se beginsels van volharding, beloning, goeie dade en nakoming van die wet, verkrummel omdat God ons verlos het, ons gedra het tot die tyd van sy genade aangebreek het en ons bevry kon wees van die vloek van die Wet. Ons sal sondig bly ten spyte van ons vastye, ons vrygewigheid en vroomheid, tensy ons die bloed en geregtigheid van Christus vertrou en in dankbaarheid aanvaar. Ons het geen rol in hierdie heilige regverdiging nie. Dit kom na ons as ‘n gawe van God. Hy het ons volkome geregverdig, nie weens ons eie geregtigheid nie, maar omdat die bloed van Christus ons diepste wese gereinig het. Sulke wonderlike genade!

Ons aanvaarding van hierdie genade, ons dankbaarheid daarvoor en ons eenheid met die Gewer daarvan, is geloof. Die Gekruisigde Een is die gawe van God aan ons as kriminele. In hom kom die Skepper na ons en reinig ons, gee homself aan ons, geregverdige sondaars. Hou daarom vas aan Christus, in gebed en in getrouheid dat sy magtige geregtigheid in jou versterk mag word. Wy jouself aan hom in erkenning van sy liefde.

Geloof maak die sondaar regverdig. Dit verander die gedagte aan die mens se vermoëns en maak ‘n einde aan alle vorme van selfgeregtigheid, selfverlossing en roem, want in Christus weet ons dat ons dwaas, kwaadwillig, korrup en ellendig is. Daar is geen verlossing behalwe aan de hand van die genadige God nie. Jy word nie versterk deur jou herkoms nie, of ‘n oppervlakkige opvoeding of beperkte nasionaliteit nie, want jy word slegs deur jou geloof in Christus gered. Wy jouself daarom toe aan die Seun van God en tree in sy nuwe verbond, want jou lewe, sonder hom, bly dood in sonde, maar in hom het jy werklik heilig geword en duur jou geregtigheid vir altyd. Daar is sekerlik geen ander manier om God tevrede te stel nie, behalwe deur die bloed van Christus te aanvaar en daarin te volhard. God het sy geregtigheid op jou geplaas. Glo daarom in hom, want alleen geloof maak jou ‘n vennoot in al die regte en krag van Christus se seëninge.

ROMEINE 3:29-31
29 Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, 30 aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. 31 Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.

Paulus het hierdie brief aan die kerk in Rome geskryf. Toe hy regverdigmaking kragtig en kortliks beskryf het, het hy besware in sy gees gehoor:

Die Grieke het gesê: “As die dood van Christus sy geregtigheid in die vergewing van die sondes van die mense van die wet gedemonstreer het, dan behoort die kruis aan hulle alleen en is ons uitgesluit.”

Paulus het hulle geantwoord: “Maar God het alle mense hul sonde vergewe. Daar is nie een god vir die Jode en nog ‘n god vir die res nie, want God is een, en hy, deur die dood van Jesus aan die kruis, het beide die besnedenes en onbesnedenes deur hul geloof geregverdig.”

Toe het sommige Jode uitgeroep: “Dis onmoontlik! Want dan word die ander nasies geregverdig sonder besnydenis of die wet, wat laster teen God is. Paulus, jy keer die openbaring van God op sy kop.”

Paulus het weer geantwoord: “Ek wil nie die openbaring van die Wet verander nie. Ons, aan die anderkant, bevestig die wet deur ons goeie nuus van die kruis en ons verduidelik dat die wet die inleiding is na die offer van God. Die kruis blus al die vereistes van die wet op ons.

Ons verstaan van Paulus se stryd met die ekstremiste en gematigdes van beide partye dat nie alle gelowiges die geregtigheid van God en sy grootheid herken nie, want hulle vrees die goeie nuus dat alle mense deur geloof geregverdig word. Min is hulle wat na Christelike vryheid kom wat nie op die wet, ras of enige menslike verbintenis gegrond is nie, maar slegs op ons geloof. Ons geloof dui op ons toewyding aan Jesus en ons vertroue in hom wat ons liefhet van ewigheid af.

GEBED: O Vader, ons dank u want u het ons bevry van selfgeregtigheid en ons regverdig gemaak met die krag van Christus. Ons is sondig as ons na onsself kyk, maar wanneer ons na u gekruisigde Seun kyk, dan vind ons die geregtigheid wat aan ons gegee is. Bevry ons van ons valse aanbidding sodat ons nie mensedade sal soek om onsself te regverdig nie, maar met die werk van u Seun vir ons bevredig sal word. Dankie vir volkome regverdigmaking, ons wy onsself daarom vir altyd aan u.

VRAAG:

  1. Hoekom word ons regverdig gemaak deur geloof alleen en nie deur ons goeie werke nie?

Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die
geloof sonder die werke van die wet.

(Romeine 3:28)

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:12 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)