Home
Links
Bible Versions
Contact
About us
Impressum
Site Map


WoL AUDIO
WoL CHILDREN


Bible Treasures
Doctrines of Bible
Key Bible Verses


Afrikaans
አማርኛ
عربي
Azərbaycanca
Bahasa Indones.
Basa Jawa
Basa Sunda
Baoulé
বাংলা
Български
Cebuano
Dagbani
Dan
Dioula
Deutsch
Ελληνικά
English
Ewe
Español
فارسی
Français
Gjuha shqipe
հայերեն
한국어
Hausa/هَوُسَا
עברית
हिन्दी
Igbo
ქართული
Kirundi
Kiswahili
Кыргызча
Lingála
മലയാളം
Mëranaw
မြန်မာဘာသာ
नेपाली
日本語
O‘zbek
Peul
Polski
Português
Русский
Srpski/Српски
Soomaaliga
தமிழ்
తెలుగు
ไทย
Tiếng Việt
Türkçe
Twi
Українська
اردو
Uyghur/ئۇيغۇرچه
Wolof
ייִדיש
Yorùbá
中文


ગુજરાતી
Latina
Magyar
Norsk

Home -- Afrikaans -- Romans - 026 (Abraham’s Faith was Accounted to him)
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic -- Armenian -- Azeri -- Bengali -- Bulgarian -- Cebuano -- Chinese -- English -- French -- Georgian -- Greek -- Hausa -- Hebrew -- Hindi -- Igbo -- Indonesian -- Javanese -- Kiswahili -- Malayalam -- Polish -- Portuguese -- Russian -- Serbian -- Somali -- Spanish -- Tamil -- Telugu -- Turkish -- Urdu? -- Yiddish -- Yoruba

Previous Lesson -- Next Lesson

ROMEINE - Die Here is ons Geregtigheid
Studies in die Brief van Paulus aan die Romeine
DEEL 1 - DIE GEREGTIGHEID VAN GOD VEROORDEEL ALLE SONDAARS EN REGVERDIG EN HEILIG ALLE GELOWIGES IN CHRISTUS (Romeine 1:18 - 8:39)
B - DIE NUWE GEREGTIGHEID DEUR GELOOF WORD AAN ALLE MENSE GEBIED (Romeine 3:21 - 4:22)
3. Abraham en Dawid as voorbeelde van regverdigmaking deur geloof (Romeine 4:1-24)

a) Abraham se geloof was aan hom toegereken as geregtigheid (Romeine 4:1-8)


ROMEINE 4:1-8
1 Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? 2 Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. 3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; 5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken. 6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: 7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. 8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.

Paulus wou die gelowiges van Joodse oorsprong in Rome na ware geloof lei, op die vlak van die Nuwe testament. As voorbeeld het hy verwys na Abraham, hul vader, en Dawid, die profeet. Sodoende het hy gewys dat hulle hul vergifnis en geregtigheid deur geloof verkry het en nie deur hulle werke nie.

Abraham het soos enige ander mens geleef; hy was nie beter of slegter as ander nie. Die Here het sy baie sondes en verdorwe hart geken, maar hy het in Abraham se verlange na hom ‘n voorbereiding vir geestelike gehoorsaamheid gevind. God het direk tot Abraham gespreek en hom geroep en hierdie ou Bedoeïen het gehoor gegee. Hy het nie al die diepte en betekenis van die beloftes van God verstaan nie, maar hy het God self vertrou, dat sy woord waar is en dat hy getrou is om sy beloftes te volbring. Deur sy geloof het Abraham God geëer en die naam van die Here verheerlik. Abraham het nie aan sy eie krag gedink nie, of selfs aan sy duidelike swakheid nie, maar hy het sterk vertroue gehad in God en sy onbeperkte vermoëns. Sy vertroue en getroue verbintenis het die begeertes van sy hart geblus.

Hierdie ferm, duidelike en versekerde geloof, en nie sy leerstellige begrip nie, was die rede vir sy geregtigheid. Abraham was nie in homself geregtig nie, maar sy geloof was aan hom as geregtigheid gereken. Hy was sondig soos ons, maar hy het gereageer op God se keuse, noukeurig na sy woord geluister, sy beloftes aanvaar en dit verlangend bly koester.

In hoofstuk 4 lees ons verskeie kere van hierdie soort geloof: “en dit is hom tot geregtigheid gereken”. Hierdie stelling het ‘n embleem geword van die Reformasie. Hy wat God eer deur sy geloof, die evangelie van die kruis sonder enige voorbehoud aanvaar en sy lewe op Christus bou, is volkome geregverdig sonder die werke van die wet en sonder persoonlike strewe.

Het jy die woord van God gehoor rakende jou leuens, onreinheid en liefdeloosheid? Glo jy dat jy onder oordeel staan? Is jy vol berou en vra jy God se vergifnis? As jy in jou arrogansie gebroke word, dan sal die Heilige Gees die gekruisigde Seun van God na jou bring, hy wat sy hande na jou uitstrek en sê: “Ek het jou sonde vergewe. Jy is nie in jouself geregtig nie, maar ek maak jou geregtig. Jy is nie rein nie, maar ek maak jou volkome heilig.”

Het jy die woord van God gehoor? Het dit tot die dieptes van jou harde hart, gedagtes en jou oppervlakkige gees deurgedring? Aanvaar die woord van die Here, glo in die evangelie van verlossing en hou vas aan die kruis sodat God jou as geregtig mag beskou. Eer die Gekruisigde Een met jou geloof en jy sal geheilig word in jou gemeenskap met hom.

Die geïnspireerde psalmdigter, koning Dawid, wat ook sondig was, het self ook die misterie van Goddelike regverdigmaking ervaar. Hy het nie gespog oor sy wonderlik psalms nie en was ook nie geregverdig deur sy groot oorwinnings nie, ook was hy nie trots oor sy innige gebede of sy mildelike donasies nie. Hy het eerder verklaar dat die mens wat vergifnis vir sy sonde deur die genade van sy Here ontvang het, salig is. Die geregtigheid wat in Christus aan jou gegee is, is God se grootste gawe.

GEBED: O heilige God, ons dank u want u het aan ons u woord gegee in die persoon van Christus en van u regverdigmakende genade aan die kruis vir ons vertel. Maak ons ore oop dat ons u beloftes mag hoor, dit verstaan en in u mag glo. Dankie dat u ons regverdig gemaak het saam met almal wat in u vertrou. Help ons vriende om hierdie oproep te aanvaar sodat hulle die krag van die kruis van u Seun mag ervaar.

VRAAG:

  1. Hoe was Abraham en Dawid geregverdig?

www.Waters-of-Life.net

Page last modified on October 09, 2013, at 08:14 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)